Auret & Leani se Intieme Troue in die Wynlande

In diรฉ inskrywing deel ons Auret en Leani se intieme troue in die wynlande met Mooi Troues se lesers.  Hierdie paartjie het ล‰ pragtige intieme troue gehad by ล‰ bekroonde wynlandgoed se restaurant op die Helshoogte Pas in Stellenbosch.  Formele ete saam met familie en vriende was die paartjie se droom troue.

Hulle het ล‰ klein seremonie gehad tussen die wingerde en die majestueuse berge in die agtergrond.  Daar is net iets baie spesiaal aan ล‰ klein seremonie.

Auret het ล‰ vlootblou troupak aangehad met ล‰ wit knopies hemp en ล‰ oulike strikdas.  Leani het beeldskoon gelyk in haar minimalistiese en eenvoudige styl trourok.   Haar trourok het sy laat maak by haar vriendin, die eienaar van Mibella Bridesmaids.  Alhoewel hulle nie trourokke maak nie, spesialiseer hulle in die mooiste bruidsmeisies rokke.  MiBella Bridesmaids streef daarna om stylvolle en bekostigbare rokke toeganklik te maak vir elke strooimeisie.  Mibella Bridesmaids bied ล‰ wye verskeidenheid opsies om die hele groep te akkommodeer.

Diรฉ paartjie se troue is die perfekte voorbeeld vir paartjies opsoek na ietsie meer intiem vir hulle troudag, sonder al die ekstra fieterjasies.  Hulle trou dekor was ook ล‰ simplistiese styl en die fokus was op die lekker kos en goeie geselskap.

Mooi Troues het fantastiese trou diensverskaffers in ons aanlyn trougids wat altyd gereed is om julle drome vir julle troue te bewaarheid.  Of julle nou ล‰ groot troue- of ล‰ intieme meer informele troue beplan, in ons trougids sal jy trou diensverskaffers kry vir enige grootte troue.

Die paartjie se fotosessie met die sagte sonsak lig is so romanties en mooi.  Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en hulle intieme troue in die wynlande.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar in Desember van 2017 ontmoet; ons was toe albei studente aan die Universiteit van Pretoria.

Ek het ล‰ reis na Hong Kong beplan om my familie te besoek en het iemand nodig gehad om na my kat (Kaai) om te sien terwyl ek weg was.  ล‰ Vriendin van my het vir my die nommer gegee van ล‰ baie lieflike troeteldier oppasser wat voorheen ล‰ goeie werk gedoen het om na haar kat te kyk.  Ek het haar aanbeveling vertrou en vir die troeteldier oppasser ล‰ Whatsapp-boodskap gestuur om ล‰ datum en tyd vas te stel vir ons om by my woonstel te ontmoet en deur die ins-and-outs te gaan van wat versorg moet word terwyl ek weg is.

Min het ek geweet, dat my toekomstige man op daardie dag aan my deur sou kom klop.  Toe Auret die eerste keer by my woonstel aankom, was daar ล‰ onmiddellike vonk.  Ek het net ล‰ gevoel gehad dat daar iets besonders aan hierdie kรชrel is.  Toe ek van Hong Kong terugkom, het ons kontak behou en die res is geskiedenis!

Auret het my gevra om te trou Maart 2022 op die bo-punt van die Faerie Glen Natuurreservaat met die sonsondergang in die agtergrond en ons twee honde saam ons.  Dit was die intieme verlowing waarvan ek nog altyd gedroom het.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het in Maart 2022 verloof geraak en in Desember 2022 getrou.

Die troue was nie heeltemal jou tradisionele troue nie, maar eerder ล‰ formele ete saam met ons naaste familie en vriende.  Ons wou ล‰ baie intieme aand hรช en het daarom ons gastelys tot 24 mense beperk (insluitend myself en Auret).  Weens die grootte en eenvoud van ons troue het ons dit nie nodig gevind om ล‰ troubeplanner te hรช nie en het dit reggekry om self die troue te reรซl.

Trou Begroting:


Ons wou nie ล‰ fortuin op ons troue spandeer nie, maar wou tog verseker dat die dag spesiaal en onvergeetlik sou wees.  Ons aanvanklike begroting was R50 000, maar ons het uiteindelik sowat R80 000 bestee (koste van trouringe uitgesluit).

Om geld te spaar op venue fooie, het ons besluit om ons troue eerder in ล‰ restaurant te hou.  Ons was spesifiek opsoek na ล‰ restaurant in Kaapstad, met pragtige uitsigte en heerlike kos, met ล‰ privaat eet area wat vir ล‰ groot groep mense voorsiening maak.  Tokara Restaurant was perfek.  Ons kon hul privaat kamer vir 24 gaste bespreek en het uiteindelik net per kop vir die drie-gang aandete betaal.

My raad vir ander paartjies sal wees om klein te gaan.  Dit is mal om ล‰ fortuin te spandeer op ล‰ groot troue met meer as 100 gaste wanneer jy nie eers tyd saam met al die gaste kan spandeer nie. Hou dit klein en intiem sodat jy onvergeetlike kwaliteit tyd saam met die mense naaste aan jou kan hรช teen ล‰ fraksie van die prys.

Paartjie se styl:


Ek was nog altyd ล‰ bietjie van ล‰ minimalis en wou ล‰ trourok hรช om my persoonlikheid en styl te weerspieรซl.  โ€˜n Trourok wat klassiek, elegant en tydloos is sonder ophef en fieterjasies.  Ek was gelukkig genoeg om ล‰ vriendin in die bedryf te hรช wat rokke vir strooimeisies maak wat bereid was om my trourok vir my te pasmaak.  Ons kon een van haar standaard strooimeisie rokke geneem, en aanpas deur lang moue, skouerkussings en materiaal bygevoeg om ล‰ strooimeisie rok in ล‰ formele trourok te verander.

Dieselfde styl en estetika was natuurlik van toepassing op Auret se pak โ€“ ons het gemik na ล‰ klassieke en tydlose voorkoms wat ons in ล‰ diep vlootblou Polo-pak gekry het.  Die bruin leer strikdas wat Auret dra, is getrou aan sy persoonlike styl en het tot die โ€œboer-seunโ€ in hom gepraat.

Ons trouringe is ook minimalisties, klassiek en tydloos met geelgoud as basis van ons ringe.  Ek en Auret het saam my trouring ontwerp en dit op maat laat maak.

Die Besluitnemingsproses:


Ek en Auret het saam gewerk om die troue te beplan.  Ek sou dikwels aan ล‰ idee dink en dan Auret se terugvoering hoor totdat dit verfyn was en ons albei tevrede was met die uitkoms.  Ons werk altyd goed saam as ล‰ span.

Familielede was nie betrokke by die beplanning van ons troue nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is ล‰ moeilike keuse โ€“ ek sal krediet moet gee aan drie van ons gunsteling diensverskaffers:

  1. Rozier van Tonder, ons fotograaf en goeie vriend wat ongelooflike werk gedoen het om die kern van ons troudag vas te lรช.
  2. Anita Strydom wat die trourok kon skep waarvan ek nog altyd gedroom het.
  3. Tokara Restaurant vir die pragtige venue, kos en onberispelike diens wat hulle op ons troudag gebied het.

Vermaak:


Met hul aankoms is gaste genooi om saam op die helikopter platform te kuier.  Daar kon hulle hulself help met drankies en kaas- en charcuterie bord happies terwyl hulle die asemrowende uitsigte oor Tokara wynlandgoed geniet het.

Meer oor MiBella Bridesmaids:


MiBella Bridesmaids is ล‰ aanlyn besigheid wat in bruidsmeisie-rokke spesialiseer.  MiBella Bridesmaids bied bruide en bruidsmeisies die geleentheid om hul innerlike kreatiwiteit te ontbloot deur die moderne seleksie van vooraf ontwerpte toppies, rompe en moue te kombineer en dan hul unieke stempel by te voeg.  Dit stel bruidsmeisies in staat om ล‰ rok te skep wat perfek aansluit by die troue, insluitende kleur, grootte en styl.

Een opvallende kenmerk van MiBella Bridesmaids se proses is hul onwankelbare toewyding aan pasgemaakte skeppings. Konstruksie begin slegs nadat ล‰ bestelling ontvang is, wat verseker dat elke rok noukeurig volgens die kliรซnt se presiese spesifikasies vervaardig word.  Hierdie aandag aan detail en vakmanskap beklemtoon die individualiteit van elke bruidsmeisie.

Eerste Dans:


Ons het nie ล‰ dansvloer by ons troue gehad nie, maar ons het ล‰ nie-amptelike eerste dans in die wingerd gehad toe ons ons troufotoโ€™s na die seremonie laat neem het.

Die โ€˜nie-so-perfekโ€™ oomblikke:


In alle eerlikheid, ons het die mees perfekte troudag gehad.  As daar egter een ding was wat ek sou verander, sou ek dalk gevra het dat dit 2-3 grade koeler moes wees aangesien ons wel ล‰ paar hittige oomblikke gehad het!

Merkwaardigste Oomblikke:


Ek en Auret stem albei saam dat die mees onvergeetlike deel van ons troudag die private huwelikseremonie bo-op die berge by Tokara was.  Nie alle gaste is na die seremonie genooi nie, ons het net ons ouers by ons gehad om die intieme oomblik te getuig waar ek en Auret met mekaar trou beloof.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid se raad:

Moenie oor die klein goed stres nie.  Niemand sal weet of jou dag nie perfek verloop soos jy dit beplan het nie.  Geniet net elke oomblik!

Bruidegom se raad:

Onthou om ล‰ tree terug te gee en dit alles in te neem, veral jou beeldskone bruid.  Diรฉ dag gaan regtig in ล‰ japtrap verby!

Venue & Dekor:


Aangesien ons troue in ล‰ restaurant in plaas van ล‰ trou-venue onthaal was, wou ons verseker dat die gekose restaurant iets uniek en onvergeetlik sou wees.  Ek en Auret is albei baie lief vir die pragtige wynlande in die Kaap en het altyd gedroom van ล‰ troue tussen die wingerde.  Tokara Restaurant het die volle pakket aangebied.  Ons kon ล‰ ongelooflike eet-ervaring hรช wat uitkyk oor die asemrowende uitsigte van die wingerd.  Ons het ook toegang gehad tot hul helikopter platform waar ons ล‰ area ingerig het vir drankies en hors โ€˜doeuvre teen sononder voor die formele aandete.

Die dekor was in pas met die minimalistiese styl van ons troue.  Ons het net ล‰ paar veldblomme ruikers op die etenstafel gehad vir ล‰ bietjie kleur.  Dit is ook iets waarop ons geld kon spaar aangesien ons nie buitensporige blomme en dekor wou hรช nie.

Wittebrood:


Oor die wittebrood โ€ฆ Ons plan was om in 2023 op ล‰ Eurotrip wittebrood te gaan, maar ons planne het vinnig verander nadat ons uitgevind het dat ons ล‰ kleinding verwag.  Dit blyk dat ล‰ babymoon nou in orde sou wees.

    Artikel Diensverskaffers:

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: