Adrian & Tamryn se Stylvolle Troue in die Paarl

Hier by Mooi Troues is ons baie opgewonde om Adrian en Tamryn se stylvolle troue in die Paarl met ons lesers te deel.  Trunk Events, die paartjie se trou koördineerders het seker gemaak hulle trou beplanning verloop glad sonder enige onnodige stres.  As jy van ʼn tydlose trou tema hou, dan is die paartjie se een wat jy nie moet mis nie.

Tamryn en Adrian het beide pragtig gelyk in hulle trou uitrustings en het so mooi uitgestaan teen hulle trou gaste wat almal swart aangetrek het.  Tamryn se verloof- en trouring was besonders mooi gewees.  Isabel Jewellery Design Studio het Tamryn se pragtige verloof- en trouring ontwerp en gemaak, asook Adrian se trouring.

Die paartjie het by die statige Belair Pavillion, ʼn prentjie mooi boetiek-landgoed in die Paarl getrou.  Belair se versorgde tuine maak die perfekte agtergrond vir trou foto’s.  Adrian en Tamryn se seremonie was in Belair se dubbel volume buitelug kapel wat bedek is met ʼn dak en oop is langs die kante met tonne lig en pragtige uitsigte.

Ons is dol verlief op die paartjie se trou dekor.  Dit is ʼn meer eenvoudige styl met meestal van die dekor elemente wat wit is asook die blom ontwerpe.  Groenigheid tussen die wit blomme breek die wit kleurskema bietjie.  Elke trou gas het ook ʼn oulike illustrasie van julself gekry.  Dít is nou ʼn baie oulike idee.  Hulle trou dekor is ʼn klassieke styl wat vir altyd in die mode gaan wees.  Belair Pavillion se interessante argitektuur met die pilare en klomp glas bring ook ʼn interessante voorkoms aan die trou venue.  Met glasruite wat die onthaal lokaal omring en uitkyk oor die pragtige tuine is dit die perfekte kombinasie.

Rol af om meer te lees oor Adrian en Tamryn se stylvolle troue in die Paarl.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in 2016 by gemeenskaplike vriend se verjaardagpartytjie op die Franschhoek wyn trem ontmoet.

Adrian het die groot vraag op 20/02/2022 gevra deur my te mislei om te dink dat ons ʼn helikopterrit gewen het.  Hy het selfs deur ʼn proposal company en fotograaf georganiseer.  Die fotograaf het vir ons gesê dat sy daar was om promosie foto’s vir die helikopter maatskappy te neem, aangesien ons ʼn rit gewen het, maar sy was eintlik daar om foto’s van verlowing te neem.

Ons het op die helikopterrit gegaan en net voor ons geland het, het ons families groot letters op gehou wat uitgespel het: “Will you marry me Tam?”

Meer oor Isabel Jewellery Design Studio:


Isabel Jewellery Design Studio ontwerp en maak pragtige juweliersware.  Sy werk met alle edelmetale om individuele juweliersware te skep.  Isabel is ook ʼn verskaffer van diamante, moissaniet, laboratorium-gekweekte diamante en alle kosbare en halfedelstene.  As jy opsoek is na ʼn juwelier dan moet Isabel Jewellery Design Studio op jou kortlys wees.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir elf maande verloof.  Ons troubeplanner was Trunk Events.

Trou Begroting:


Ons troubegroting was R300 000, maar ons het met R80 000 oorskry en het ons 108 gaste gehad om te vermaak.

Ons raad is om te kies watter deel van die troue die belangrikste is vir jou en jou maat en bestee eers jul begroting op daardie elemente.  Kies ʼn lokaal wat tafels, stoele, breekware, eetgerei en glase insluit, want dit help om op bykomende items te bespaar.

Jy kan op kos bespaar deur voorgereg uit te sny en eerder canapés te bedien, want dit is nie ʼn koste per persoon nie.  Ons het gespaar deur koek as nagereg te gebruik en het interaktiewe kelners gehad wat lekkernye bedien het eerder as om ʼn sit-nagereg te hê wat per persoon gehef word.

Merkwaardigste Oomblikke:


Tamryn:

Met al jou mense op een plek, almal daar om jou te ondersteun en die liefde wat jy het saam met jou maat te vier.

Adrian:

Sin hoe my bruid in die trougang afstap.  Dit is ʼn gevoel wat jy nie kan verduidelik nie, dit is iets wat jy moet ervaar om te verstaan.

Spesiale Tradisies:


Ons het geen kulturele tradisies ingesluit nie, maar iets wat ons anders gedoen het, was dat ons albei ons naaste familie (moeders, vaders, broers en susters en skoonsusters) almal voor ons op die trougang geloop het, aangesien ons ʼn paartjie is wat baie familie georiënteerd is en wou ons familie ook by die troue insluit.

Meer oor Belair Pavillion:


Die boetiek-landgoed is geleë in die hart van die Kaapse Wynland, omring deur bekende wynplase, op die Suid Agter Paarl pad, 45 minute vanaf Kaapstad.  Die landgoed is nie oop vir die publiek nie, en dus bied dit privaatheid asook eksklusiwiteit.

Belair Pavillion is bekend vir hul ongelooflike tuine, waarmee min kan vergelyk.  Die onthaal area is uniek, en bestaan uit staal pilare, met glas deure wat reg rondom oop maak na die prentjie mooi tuine.  Dramatiese waterfonteine skep ʼn sprokiesmooi paadjie vir die bruid en haar gevolg, na die 120-sitplek kerkie wat toegerank is met klimop plante.

Die kerkie, asook die onthaal area en die tuine, is omring deur Wisteria bedekte boë, wat blom in September.  Belair bied ook ʼn buite seremonie area aan vir groter byeenkomste, wat tot en met 250 gaste kan akkommodeer. Die bekoorlike gastehuis op die perseel, spog met 14 kamers en kan soveel as 28 gaste akkommodeer.

Paartjie se styl:


Gaste is aangesê om alle deftige swart drag te dra, sodat die bruid en bruidegom uitstaan deur wit te dra.

Die styl van die trourok was tydloos en ʼn bietjie “drama” met ʼn 3m lange sluier.

Die styl van die bruidegom se pak was klassiek deur sy eie flare met ʼn wit pak baadjie bygevoeg.

Ons wou albei goue trouringe hê.  Die bruid wou ʼn dun band wat met diamante bedek was en die bruidegom wou ʼn soliede, dik goue band hê.

Die Besluitnemingsproses:


Al die besluite het ons werklik saam geneem.  Sekere aspekte van die troue het ons tussen mekaar gedelegeer.  Ons het altyd bevestig dat die ander maat ook van die besluit gehou het en die visie vir ons troue gepas het. Ons het baie pret gehad om dit saam te beplan.

Familie en vriende was glad nie by die besluitneming betrokke nie.  Dit het te ingewikkeld geraak.  Ons het besluit ons sal al die besluite neem en almal op die dag verras.

Meer oor Trunk Events:


Tracy Branford het Trunk Events gestig omdat sy lief is vir mense, en ʼn reputasie het vir die organisering van groot geleenthede.  Almal wat haar ken noem haar die beste gasvrou.  Tracy is trots op haar aandag aan detail; terwyl sy altyd sensitief is vir haar kliënte se totale begroting.  Tracy lê klem op ʼn goeie georganiseerde geleentheid en voeg haar toorkuns ook by die stilering en trou dekor. Voordat u dit weet, hou u een ongelooflike sjiek troue of geleentheid.

Vanaf die trou beplanning en konseptualisering van die ontwerp en styl van u geleentheid; bied Tracy ʼn uiters praktiese diens aan al haar kliënte, tot by die baie noodsaaklike verwerking van syfers om binne die trou begroting te bly. Tracy en haar span is waar u wil hê hul moet wees – of dit nou die trou lokaal opstel en stileer, die groot dag koördineer of die kelners en kroegmanne bestuur. Tracy en haar span het alles gedek.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is te moeilik om net een gunsteling verskaffer te kies, aangesien elkeen ʼn spesiale element by die troue gevoeg het.

Tamryn se gunsteling diensverskaffer was Jilda G Photography die fotograaf en Adrian se gunsteling diensverskaffer was Reel Productions die videograwe.  Die rede hiervoor was omdat dit vir ons belangrik was om ons spesiale oomblikke vas te vang.

Venue & Dekor:


Ons het die venue al jare tevore op Instagram gevolg en was nog altyd mal daaroor.  Ons het gaan kyk en verlief geraak op Belair Pavilion.  Albei ons moeders het saam gegaan vir die besoek en hulle het albei dieselfde bevestig wat ons van die venue gedink het.

Ons wou hê dit moet tydloos, eenvoudig en elegant lyk.  Ons het baie wit blomme en welige groen gehad om die wit te laat uitstaan.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Geniet die beplanningsproses en vind die prettige oomblikke soos jul dag so vinnig verloop.  Probeer net om teenwoordig te wees en geniet elke sekonde van jul groot dag.

Bruidegom:

Wees betrokke by al die besluite, maak nie saak hoe klein dit is nie, dit is ook jou spesiale dag is.  Sit tyd opsy waar die bruid en bruidegom kan terugstaan en die oomblikke saam van julle troue inneem.

Met betrekking tot die seremonie, speel ʼn inloop liedjie vir jou en jou strooijonkers, want dit is ook jou spesiale dag.

Eerste Dans:


Ons eerste dans liedjie was First Time -Teeks.  Die woorde was baie gepas vir ons as ʼn paartjie en het verduidelik hoe ons oor mekaar voel.

Ons het Dancing in the Clouds gehuur vir ons eerste dans, wat die illusie gegee het dat ons op die wolke dans.

Ons het geen lesse of dans roetines gehad nie en het besluit ons wil in die oomblik met mekaar wees en onsself net geniet eerder as om gestres te wees oor ʼn roetine.

Vermaak:


Ons platejoggie was Garth B en hy het almal die hele aand op die dansvloer gehou.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: