Ross & Mollie se Wildsplaas Verlowing

Met opgewondenheid deel ons Ross en Mollie se wildsplaas verlowing met Mooi Troues se lesers.  Wat ʼn normale wildrit sou wees saam met vriende, het toe uitgedraai in ʼn romantiese verrassings verlowing.  Dit is só ʼn mooi storie en die ligging is perfek vir so ʼn romantiese gebeurtenis.

Suid Afrika is een van die mooiste plekke in die wêreld met soveel natuurskoon.  Nie net is dit mooi nie, maar ook ʼn populêre bestemming vir paartjies om die groot vraag te vra.  Wat is dan nou beter as ʼn verlowing op ʼn wildsplaas met ʼn pragtige Afrika sonsak?

Die paartjie is gebaseer in Australië, so hulle verlowing fotosessie was baie spesiaal.  Hulle vriende sou die wilde diere afneem in aanhalings tekens, maar was eintlik daar om die verrassing af te neem.  So ʼn oulike idee.

As jy dink daaraan om ʼn verrassings verlowing te reël, onthou om ʼn fotograaf te bespreek.  Mooi Troues se aanlyn trougids het fantastiese fotograwe waarvan jy kan kies.

Ons dink dit is altyd belangrik om professionele foto’s te probeer kry van ʼn verrassings verlowing, veral omdat dit so ʼn belangrike tydperk is in enige paartjie se lewens.  Daar is niks meer spesiaal as om terug te kyk na julle verlowing foto’s en die herinneringe te herleef nie.

Rol af om meer te lees oor Ross en Mollie se wildsplaas verlowing fotosessie in Suid Afrika asook hul liefdesreis tot nou.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Toe ons mekaar die eerste keer ontmoet het, was dit beslis nie liefde met die eerste oogopslag nie.  Ross het van Suid-Afrika na Australië verhuis.  Ons het dadelik as vriende begin en elke naweek saam gekuier.  Dit was nie lank nadat ek (Ross) gevoelens begin kry het nie, maar die friendzone is waar ek vir ʼn goeie 3 maande gebly het, voor ek Mollie se hart gewen het.  Ons was 2 jaar saam voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het altyd oor trou gepraat en geweet dit sou gebeur, maar het net nie geweet wanneer nie.  Mollie was beslis verras.  Dit het by Inkwenkwezi Privaat Wildreservaat gebeur.  Ons het ons vriende, die “wildlife photographers” saam met ons gehad om die diere af te neem.  Teen sononder het ons afgetrek vir ʼn paar gerieflike paartjie foto’s en dit is toe dat ek vir Mollie gevra het om met my te trou.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Mollie:

Ek is mal oor Ross se vriendelike en wat net wil gee hart.

Ross:

Ek is mal oor Mollie se omgee en prettige geaardheid.

Die verloofring:


Omdat ons in die verlede so baie oor verlowing gepraat het, het Mollie ʼn paar idees met betrekking tot ring ontwerpe gedeel.  Elke keer as ons verby ʼn juwelierswinkel gestap het, sou ek kyk of ek die een kon uitsoek wat Mollie graag wil hê.  Ek het ʼn goeie idee gehad van wat sy wou hê en het ʼn ring laat maak om by haar voorkeure te pas.

Haar verloofring is gemaak van 18 karaat witgoud, met ʼn ses hoekige gesnyde Australian Opal as die middelstuk, omring met 18 diamante. Dit het ook ʼn infinity simbool wat onder die halo geplaas is as ʼn herinnering dat dit vir ewig is.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Eerlik, dit was vir ons ʼn goeie idee om ʼn fotosessie met Wade en Larizsa te hê.  Hulle is goeie vriende van Ross, voordat hy na Australië verhuis het.  Nie net het hulle gehelp deur wonderlike foto’s te neem nie, maar ook weke vooruitgehelp met bespreking en beplanning van die privaat rit, die verblyf ensovoorts.  Ons is geseënd om hulle as vriende te hê en hulle sal na Australië reis om ons troudag ook af te neem.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Mollie is Australiër en het nog altyd daarvan gedroom om op ʼn regte Suid-Afrikaanse safari te gaan.  Ek het net geweet dit is waar dit gedoen moet word, nie net om haar droom verlowing te bewaarheid nie, maar ook omdat Suid-Afrika net van nature so mooi is en die natuurlewe sorg vir ʼn ongelooflike atmosfeer in die foto’s.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: