In dié inskrywing deel ons Dierk en Elize se verlowing fotosessie tussen die olifante met Mooi Troues se lesers. As julle inspirasie nodig het vir jul eie verlowing fotosessie, dan moet jy nie hierdie paartjie sin mis nie. Dit was ook Elize en Dierk se eerste formele fotosessie saam, wat dit sommer ekstra spesiaal maak.
Dit is nie elke dag waar jy die geleedheid kry om sulke pragtige foto’s te kry saam met hierdie reuse diere nie. Olifante is sulke pragtige, reuse diere wat mens eintlik baie klein laat voel.
Elize en Dierk wou graag ʼn verlowing fotosessie doen om hul trou fotograaf beter te leer ken. Hulle wou ook van hul verlowing fotosessie se foto’s gebruik vir hul trou webtuiste. As julle nog nie ʼn trou fotograaf het nie en opsoek is na een, besoek Mooi Troues se Trougids. Ons trougids het fantastiese trou fotograwe wat julle spesiale oomblik mooi sal vasvang in herinneringe vir ʼn leeftyd.
ʼn Verlowing fotosessie is belangrik as wat julle mag dink. Dit is ook ʼn oefenlopie vir jul troudag se fotosessie. Om jul trou fotograaf beter te leer ken voor jul troudag is altyd belangrik. Die trou fotograaf is seker die persoon, behalwe jou ander helfte, wat die meeste tyd na aan julle gaan spandeer op jul troudag.
Om te verstaan hoe die fotograaf werk is van uiterse belang. Julle fotograaf kan jul ook leiding gee en so ʼn stresvrye ervaring hê op jul troudag. Rol af om meer te sien van Dierk en Elize se verlowing fotosessie tussen die olifante en ook te lees oor hul liefdesreis as paartjie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Dit was in Augustus 2021, net na die Covid regulasies opgehef was dat ons, ons eerste ontmoeting gehad het. Ek was nuut in ons dorp en het saam met nuwe vriende gekuier. Dierk was ook daar en ons het net almal begin saam kuier en gesels.
Nadat ons al lankal moet huistoe, want onthou Covid spertye vir huis toe gaan tyd … het ons by een van die vriende se huis verder gekuier. Ons het dadelik van mekaar gehou … jy weet net …
Die volgende oggend het ek ʼn boodskap ontvang dat hy my en ander vriende weer vir ʼn braai nooi. Ek het ingestem en gaan braai by sy huis. Na die braai het almal vroeg huis toe gegaan en net ek en jy was oor, ons het heerlik gesels en die res is geskiedenis soos hulle sê.
Die groot vraag:
Een aand, heel onverwags. Sommer net by die huis, rose, kerse, soesji en vonkelwyn. Toe ek weer sien gaan hy op sy knieë en vra die groot vraag, dit was soos ʼn droom.
Ons het daaroor gepraat want ons wou begin troue reël. Net ek en hy was daar in die oomblik – perfek! Hy het ook als gereël en beplan.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Van hom – sy goeie sagte hart, blou oë, rustige mens wees, uitstekende kok, omgee beskermende wyse van doen en my hanteer.
Van haar – passievol, doen als in oorgawe, gee als 110%, lewenslustige geaardheid.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons was 39 dae verloof. Ons het al klaar ons troue begin beplan, en wou so gou moontlik trou! Kon net nie langer wag nie.
Die verloofring:
Ek het aanvanklik die steen en die ontwerp gekies. Toe ek hom daarvan vertel, wou hy ook gaan kyk en insette lewer.
Hy het toe die finale besluit geneem en my verwagtinge heeltemal oortref, mooier as mooi. Nogsteeds ʼn verrassing gewees.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou ons fotograaf leer ken en ook die foto’s gebruik vir ons trou webtuiste. Dit was ook ons eerste formele fotosessie saam. Wat ʼn aangename verrassing en ervaring.
Ons fotograaf het ons gou op ons gemak laat voel. Haar sprankelende persoonlikheid en passie vir haar werk het net so sterk na vore gekom. Dan het ons nog hope pret ook gehad! Baie spesiale oomblikke vasgevang!
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons hou al twéé van Suid-Afrika se bos en diere, en die natuur gee ons kalmte en ʼn kans ons net ons twee te wees. So, ons kies toe African Hills Safari Lodge in Magalies, berge, olifante en net kalmte.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Verwagtinge – ʼn “op die wolke” tipe oomblik, asof ons die heeltyd sweef! Green vrese nie, net ʼn tyd dat ons saam kan beplan aan ons droom dag.
Visie vir droomtroue:
ʼn Naweek bos troue, waar almal net mekaar kan leer ken, kuier en nog kuier!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Vintageblue Photography
- Fotosessie Venue: African Hills Safari Lodge & Spa
- Verloofring: V’dodili by Erika Cronje
- Hare: Monique van Salon Take your hat off
- Grimering: Cindy van Ka-lon Cosmetics