Jacob & Salome se Stylvolle Troue in Pretoria

In dié inskrywing deel ons Jacob en Salome se stylvolle troue in Pretoria met Mooi Troues se lesers.  Hierdie pragtige paartjie het by Casablanca Manor in Pretoria getrou, ʼn pragtige trou venue, perfek vir ʼn stylvolle troue soos dié van Jacob en Salome.

Wanneer dit kom by die paartjie se trou dekor, sal jy verwelkom word deur elegansie.  Die onthaal lokaal is ʼn simplistiese lee doek wat dit maklik maak vir paartjies om dit te versier soos hulle wil.  Hulle versorgde tuine maak die perfekte agtergrond vir paartjies se trou foto’s.

Die paartjie se trou dekor het ʼn baie elegante gevoel tot dit.  Silwer tafels en stoele met wit sitplekke is iets heeltemal anders en het perfek by die paartjie se troue se styl gepas.  Die kleurvolle, maar sagte pastel kleur blom ontwerpe op die tafels is pragtig.  Dit bring die kleur in die meer neutrale kleurpalet trou lokaal.  Glas en spieël elemente op die tafels gee ʼn interessante gevoel, wat definitief jou aandag trek na die tafel dekor.  Dit is so mooi hoe die lig weerkaats deur die glas elemente op die tafels.

Salome het beeldskoon gelyk in haar trourok met daardie pragtige nek lyn en mooi detail op die bors. Haar strooimeisies het sagte pienk rokke aangehad met die mooiste detail aan die bokant en ook bypassende juweliersware.  ʼn Wen kombinasie.  Jacob het ʼn deftige formele wit troupak aangehad met ʼn donker koningsblou detail en ʼn groot strikdas.

Hulle het ʼn lieflike plaaslike wittebrood geniet in die mooi Mpumalanga provinsie.  Suid Afrika het soveel pragtige wittebrood bestemmings vir paartjies om van te kies.  Rol af om meer te lees oor Jacob en Salome se stylvolle troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Dit was ons eerste jaar op universiteit in 2004, ons was toe albei sestien, al het ons nooit uitgegaan nie, maar ons het in die geheim van mekaar gehou.  Jare (2010) later het ons paaie weer gekruis, ek sal daardie dag nóóit vergeet nie.  Ek het hom probeer ignoreer, en hy het dit gesien en het my pad versper.  Nadat ons so lank gepraat het, dat ons ons voornemende partytjies gemis het, het ons middagete gaan eet en nommers uitgeruil, soos hulle sê: “Die res is geskiedenis.”

Wel, my man het my verras, terwyl ek vir my eksamens voorberei het, het ek dit nie sien kom nie.  Hy het my net gevra vir ʼn vinnige romantiese aandete.  Ek kon dit nie weerstaan nie, want ek het ʼn geestelike breek nodig gehad.  Tot my verbasing het hy reeds met die Baobab-restaurant bestuurder by Wonderboom Junction gereël vir die verlowing.

Die nagereg het gekom met my droom verloofring, en hy het op een knieg gegaan en my om hand in die huwelik gevra, o-wel, jy kan my antwoord raai.

Die Verlowing Tydperk:


Drie jaar, ons het ons troue vir 13 Mei 2021 op sy verjaardag beplan, maar toe gebeur COVID-19.  Die troudatum is na 25 September 2022 aangepas.  Drie maande voor die troue het ons ʼn troubeplanner aangestel aangesien ons oorweldig geraak het met die voorbereidings.

Trou Begroting:


Ons begroting was R300,000.00 en ons het uiteindelik ten minste R350, 000.00 bestee en het 150 gaste onthaal.  Dit is noodsaaklik om die troubeplanner te kry om te help om by die begroting te hou en paartjies moet ook speling hê vir begrotings aanpassing vir onvoorsiene omstandighede.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die onthaal was merkwaardig; die trou beplanning het soos beplan verloop.  Ons het ʼn partytjie gehou en die vermaak is uitstekend.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het ons vriende en familie se idees waardeer, maar ons het die finale besluite as ʼn paartjie geneem.

Paartjie se styl:


Bruid se rok:

Dit is die Catalonia trourok gemaak vir die hoë mode bruid.  ʼn Pragtige moderne ontwerpers meesterstuk.  ʼn Trourok met ʼn beskeie nek lyn en oop rug wat hierdie trourok die perfekte rok vir my troue gemaak het.

Sjoe my ring! Diamant protea trilogie ringstel in platinum.

Bruidegom se pakke:

Die bruidegom se Tuxedo is geïnspireer deur die passie vir premium luukse kledingstukke, uniekheid in terme van die keuse van materiaal en detail sowel as die liefde vir klas en kwaliteit vakmanskap.

Die ring: Swart diamant troupand stel in 18kt witgoud.

Albei ons ringe is gegraveer met ons spesiale liefdes aanhalings.

Gunsteling Diensverskaffers:


Fotograaf – Haar werk is uitstekend, mens sal nooit spyt wees oor elke sent wat op haar dienste spandeer is nie. Ons is mal oor hoe ondersteunend en betrokke sy is by die leiding van die fotosessie.  Sy is baie dinamies en gaan bo die paartjie se verwagtinge, en weet hoe om die bruid se senuwees op die dag te kalmeer.

Spesiale Tradisies:


Ons het ʼn paar Venda-gedigte gelees.  Familie en vriende het toesprake gehad en ʼn paar familielede wat ons tradisionele drag gedra het wat beide ons familie kulture verteenwoordig het. Al was die dag gefokus op die moderne troue.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Om van die begin af ʼn troubeplanner te hê is die beste raad wat ek kan gee!  Behandel ook al die dames dieselfde tydens die voorbereiding tot die groot dag.  Sonder om enige bevoordeling te toon sal hulle jou dag waardeer en vervul.  Hou wel ʼn ruimte vir verandering as gevolg van onvoorsiene omstandighede.

As die bruidegom raai ek die toekomstige bruidegom aan om al die strooijonkers soos hul best man te behandel en sommige pligte onder hulle uit te deel om hulle betrokke te kry.  Al is jy die finale besluitnemer, is konsultasie en wedersydse respek aan die orde van die geleentheid.  Om jou liggaam te rus is baie belangrik, veral in die oploop van die troudag, en na die troudag aangesien moegheid jou lewe kan kos.

Venue & Dekor:


Ons was opsoek na die “Tuin van Eden” styl trou venue.  ʼn Plek met manjifieke bome en blomme en Casablanca Manor het aan ons visie voldoen.  Die dekor is deur ons styl geïnspireer: klassiek met ʼn tikkie glans.

Wittebrood:


Ons wittebrood was by Perry’s Bridge Hollow Boutique Hotel geleë in Hazyview in Mpumalanga Provinsie.  Ons is albei ʼn natuur liefhebbers en dit was ʼn goeie verrassing vir die bruid. Die gasvryheid van die personeel by die hotel was ongelooflik, hulle het ons kamer in ʼn wittebrood droom verander.  Al die versiering was kremetartboom geïnspireer.

Ons het 5 nagte daar spandeer en wens ons het dit verleng.  Tussen die dae het ons heerlike Spa-behandelings gehad, wildritte en al die groot vyf diere op een dag gaan sien. Ons het albei die Luislang vir die eerste keer vasgehou, en dié ervaring was baie opwindend.  Dan het ons ook verskillende reptiele gesien.

Eerste Dans:


You Are The Reason (duet weergawe) deur Calum Scott en Leona Lewis.  Ons het hierdie liedjie gekies omdat dit die verbintenisse van ons liefdesreis weerspieël.  Ons het die beste ballroom dans lesse gehad – die Wals, choreografeer deur ʼn kreatiewe opkomende privaat choreograaf.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

      [endsection]