Ebhard & Galena se Klassieke Styl Troue

In dié inskrywing deel ons Ebhard en Galena se klassieke styl troue met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie het by ʼn pragtige trou venue in Mpumalanga getrou.  Dust & Dreams Photography, ʼn talentvolle trou fotograaf het seker gemaak die paartjie se troue word vasgevang in pragtige foto’s wat vir altyd herinneringe sal terug bring.

Galena het beeldskoon gelyk in haar klassieke styl trourok met pragtige detail aan die bokant vaar trourok.  Ons hou veral baie van die trourok se vloei.  Dit is nie net mooi nie, maar ook ʼn trourok styl wat vir altyd in die mode sal bly.  Ebhard het vir ʼn grys troupak gegaan, wat inpas by die meer klassieke styl waarvoor die paartjie wou gaan vir hul troue.  Die strooimeisies het ook sagte, amper pastel kleurige rokke aangehad wat so mooi by die strooijonkers se ligter grys uitrustings gepas het.

Wanneer dit kom by hulle trou dekor is dit heeltemal die teenoorgestelde.  Die mooiste kleurvolle blom ontwerpe kan gesien word op die tafels wat die trou venue ʼn vrolike voorkoms gee.  Rottang plek matjies en die tikseltjies goud van die eetgereie skep bietjie drama en die blomme staan so mooi uit teen die kleure.  Dit is interessant dat die tafel uitleg amper in ʼn driehoekige vorm geplaas is wat nogal iets anders is.  Die spasie word só goed benut en dit is iets anders op die oog.

Ebhard en Galena het ʼn plaaslike wittebrood geniet by ʼn luukse vyfster lodge in KwaZulu-Natal.  Suid Afrika is so ʼn mooi land om ʼn wittebrood te geniet.

Rol af om meer te lees oor Ebhard en Galena se liefdesreis as paartjie en ook hulle klassieke styl troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het oorspronklik vinnig by ʼn braai ontmoet, en toe het Ebhard my later in tyd ʼn boodskap gestuur op Facebook.  Ebhard het my gevra om te trou, hy het my gevat na ʼn Ontsnap Kamer Speletjie en die laaste kus wat ons moes oop maak het die verloof ring in gehad.

Die Verlowing Tydperk:


Verlowing tydperk was 10 maande.  Ons het self die troue beplan met die help van ons ouers.

Trou Begroting:


78 Gaste in totaal.  ʼn Excel sigblad het gehelp om verwagtinge te handhaaf.

Merkwaardigste Oomblikke:


Om foto’s te neem langs die oorsprong van die Vaal River.  Die kos was ook onbeskryflik lekker en het net komplimente van die gaste ontvang.

Paartjie se styl:


Ons is relatief klasiek en wou dit eenvoudig hou, maar ook uniek.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het meestal van die finale besluite gemaak, maar die bruidegom was baie behulpsaam gewees.

Vermaak:


Instrumentele orkes by die seremonie as ook by die Canapés.  Ons het ook ʼn platejoggie gehad by die onthaal.

Venue & Dekor:


Het op ons venue afgekom op ʼn fotograaf se profiel.  Ons het Smitsfield Wedding Venue gekies omdat dit ʼn mooi en unieke trou venue was en dit het by albei van ons se styl gepas.

Ons dekor se inspirasie was die tyd van die jaar gewees, lente seisoen, so alles was kleurvol en vrolik.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons troue het heel glad verloop.  Het net ʼn paar naam plasings vergeet, maar kon dit vinnig uitsorteer.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die bruide:

Moet nie sweet oor die klein dinge nie en die geniet eerder die dag.

Vir die kêrels:

Ondersteun jou bruid sodat sy die dag tot haar volle kan geniet.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf en ons troukoek was ook iets vir die boeke gewees.

Wittebrood:


Ons het paar aande by Leopard Mountain Lodge spandeer en was ʼn verrassing vir die bruid.  Hierdie tradisie is van die bruid se pa om die trou paartjie te bederf met, ʼn unieke en luukse wild ervaring.

Eerste Dans:


Vir Altyd van Joshua na die Reën was ons dans liedjie.  Ons het gegaan vir twee dans lesse vir ons roetine.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: