Plattelandse Selfdoen Trou Inspirasie

Ons is so opgewonde om hierdie plattelandse selfdoen trou inspirasie by die pragtige Mount High Country Estate met Mooi Troues se lesers te deel. Hierdie fotosessie het ʼn baie natuurlike voorkoms wat só mooi werk by die ligging.

Mount High Country Estate is ʼn pragtige trou bestemming in Lydenburg, Mpumalanga.  Omring deur die mooiste natuurtonele en prentjie mooi uitsigte, is dit enige paartjie se droom trou venue.  Hulle bied nie net ʼn gesellige trou venue nie, maar ook luukse verblyf vir paartjies wat ook net ʼn breek kort van die gejaag van die daaglikse lewenstyl.

Ons hou baie van die hele gevoel van die fotosessie wat opgebreek is in verskillende voorkomste, maar nogsteeds in een vloei met mekaar.  Dit gee paartjies ʼn goeie idee van een trou venue, met verskillende voorkomste en hoe verskillend ʼn plek kan lyk met net ʼn paar veranderinge.

Die eerste tafel se voorkoms was ʼn meer elegante voorkoms met kandelare, silwerware en kleurvolle donker pers blom ontwerpe.  Ons is mal oor die tafel se tekstuur en die kontras daarvan teen die silwerware en blom ontwerpe op die tafels.

Met die tweede tafel se voorkoms het hulle gegaan vir ʼn baie meer plat op die aarde tema.  Droë gras en dun takke in bruin potte en wat vanuit die dak hang bo die tafel is gebruik as die tafel dekor.  Dit gee amper ʼn tipe van ʼn Boheemse gevoel aan die tafel.

Foto’s van die model wat aangetrek was in pragtige trourokke was oral Mount High Country Estate se pragtige landskappe geneem.  Mount High Country Estate is die perfekte speelpark vir fotograwe met soveel verskillende agtergronde en pragtige uitsigte. So paartjies sal gewaarborg wees om die mooiste agtergronde te hê vir hul trou foto’s.

Rol af om meer te lees oor die gestileerde fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


Santie Mostert van Mount High Country Estate.

Inspirasie agter die fotosessie:


Natuurlike dekor elemente is gebruik.  Grasse en blomme uit die veld en uit ons tuin en groentetuin is gebruik vir die fotosessie.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die span diensverskaffers is almal plaaslik.  Ons wil ons plaaslike diensverskaffers blootstelling gee.  Aangesien petrol nou peperduur is, wil ons die bruid aanmoedig om diensverskaffers in die omgewing te gebruik, om sodoende op reis kostes te spaar.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons het vier verskillende fotosessies op een dag gedoen.  Die wind het baie gewaai.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Dit is verbasend met hoe min geld jy eintlik nodig het vir ʼn gestileerde fotosessie.  Kreatiwiteit kan wonders verrig.

Dekor:


Al die dekor is alles baie natuurlik.  Tafels is natuurlik hout tafels van Amatuli.  Die tafels is só mooi dat jy dit nie wil wegsteek met ʼn tafeldoek nie.  Die kandelare bring die “drama” in.

Kleurskema:


Ons het ʼn natuurlike kleurskema gekies wat by die kleur van die growwe mure, sement vloere en hout tafels te pas.  Die bruid het ook ʼn natuurlike voorkoms.

Venue en Ligging:


Mount High Country Estate.  Ons het die fotosessie gedoen om te gebruik op sosiale media en ook vir platvorms soos Mooi Troues.

Trourok:


Die fotosessie is gedoen in samewerking met Relove Bridal.  Dit is tweedehandse trourokke wat hulle weer verkoop.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Vir ʼn natuurlike dekor styl moet jy kreatief dink.  Jy kan wel kyk na ʼn kleur wat uitstaan om ʼn klein bietjie lewe in te blaas.  Soms sien die bruid so baie goed op Pinterest en Instagram, dan wil hulle sommer ALLES gebruik.

Op die ou end raak dit ʼn mengelmoes van style.  Hou dit eenvoudig – moet nie elke lewe tendens probeer inkorporeer nie.  En boonop spaar jy geld!

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: