Andrew & Jodette se oulike Verlowing Fotosessie

In dié inskrywing deel ons Andrew en Jodette se oulike verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie se verlowing fotosessie gee vir ons ʼn regte plattelandse gevoel.  Met die droë gras en bome en bossies in die agtergrond is dit regtige so ʼn mooi agtergrond vir ʼn verlowing fotosessie.  Al die fokus is op die paartjie en die agtergrond is in kontras met die paartjie só mooi uitstaan.

Jodette het twee verskillende blomme patroon rokkies aangehad en Andrew het ook twee verskillende uitrustings aangehad.  Dit is ʼn oulike idee om uitrustings te verander, indien daar tyd is gedurende die fotosessie.  So hou dit die fotosessie interessant en julle het dan ook verskillende foto’s  wat julle vir verskillende dinge kan gebruik.

Daar is soveel redes hoekom paartjies verlowing fotosessie bespreek en hoekom ons ook dink dit is belangrik.  Een van die redes is om herinneringe te hê van hierdie spesiale tydperk in julle lewens.  Besoek gerus Mooi Troues se Trougids wat baie oulike fotograwe bevat om julle verlowing fotosessie te bespreek.

Rol af om meer te lees oor Andrew en Jodette se baie oulike liefdesreis en ook hulle verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar in Potchefstroom ontmoet toe hy vir sy niggie daar gaan kuier het (sy was my woonstelmaat). Hy het my op my slegste ooit gesien (deurmekaar hare en nog grimering van die vorige aand), maar hy het steeds gesê dit was “love at first sight“. So twee weke later het hy my nommer by sy niggie gekry om my geluk te wens met my verjaarsdag.  Ons het daagliks begin praat en eventually begin uitgaan.  Ons was toe vir amper twee jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons is verloof op ʼn trou venue net buite ons dorpie.  Dié venue het ons gekies omdat daar ʼn massiewe kruis is en ons wou God ʼn groot deel van die verlowing en toekomstige huwelik maak.  Ons het vooraf oor die verlowing gepraat en dit beplan, maar dit het dit nie enigsins minder spesiaal gemaak nie.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Andrew is dat hy altyd ander mense bo homself plaas.  Die liefde wat hy vir sy medemens het is onbeskryflik mooi.

My gunsteling eienskap van Jodette is dat sy gewoonlik stil en skaam is voor ander mense, maar as sy alleen saam met my is, kom haar ware lawwe self uit.

Die verloofring:


Die verloofring was Andrew se ma sʼn.  Sy ma is in 2018 oorlede wat beteken die ring is vir hom baie belangrik en sentimenteel.  Dit was vir my ʼn groot verassing toe ek sien dat hy besluit het om met die ring te “propose“, aangesien ek geweet het wat die ring werklik vir hom beteken.  Dit was vir my ʼn groot eer en het my die erns van sy liefde vir my bewys.


Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag ʼn fotosessie doen om herinneringe te bou wat ons eendag vir ons kinders kan wys.  Dit was ʼn spesiale dag, so ons wou die wonderlike memories vir ewig vasvang.  Ons wou dit ook graag doen om een van ons plaaslike fotograwe te ondersteun.

Visie vir droomtroue:


Graag wil ons ʼn baie klein en intieme troue hê.  Ons wil ons naaste vriende en familie nooi om die wonderlike dag saam ons te vier.  Ons wil graag ʼn tradisionele troue hê, in die sin dat ons baie graag in ʼn kerk wil trou.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: