Fred & Amy se Romantiese Troue in Kareedouw
deurOns is baie opgewonde om Fred en Amy se romantiese troue in…
Dié trou venue is te midde van ʼn inheemse woud geleë. Luister na die strelende geluid van die pragtige klanke van die natuur, die kristalhelder ravyn wat verbyloop en sangvoëls wat jou serenade terwyl julle julle heiligste geloftes vir mekaar sê. Niks kan meer skouspelagtig wees nie!
Terwyl jy jou troufoto’s laat neem, word jou gaste genooi om ʼn drankie of twee te drink in die pragtige voordrankies area. Die kroeg is op die perseel, en die dek kyk uit oor die pragtige woud en kloof.
Onthaal Lokaal:
Geleë onder ʼn blaredak van inheemse bome, skep die rustieke onthaal lokaal ʼn sprokie-omgewing en is perfek vir jou huweliks vieringe! Die 350 s/m-saal is gerieflik en knus om ʼn maksimum van 160 gaste te huisves. Die houtvloer skep ʼn groot genoeg dansvloer. Feetjie-liggies binne die saal en kolligte buite, wat die woud snags verlig, is werklik ʼn uitsonderlike omgewing. Vier jou groot dag saam met jou vriende en familie in ʼn lokaal, gevul met ontsag en skoonheid
Ons bied ook 4- ster akkommodasie aan vir jou en jou gaste op die perseel.
Ons is baie opgewonde om Fred en Amy se romantiese troue in…
Geen resensies op die oomblik nie.