Wittebrood by die Turbine Hotel & Spa in Knysna

Die Turbine Boutique Hotel & Spa is ʼn unieke wittebrood bestemming in Knysna.  Knysna, en die Tuinroete as geheel, is ʼn populêre wittebrood  bestemming vir paartjies wat ʼn plaaslike wittebrood opsie wil geniet.  In dié inskrywing deel ons meer oor die eksentrieke 5-ster Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna met julle.  Nie net as ʼn wittebrood brood opsie nie, maar ook vir verliefde en verloofde paartjies opsoek na ʼn romantiese wegbreek bestemming.  Die Turbine Boutique Hotel & Spa is definitief ʼn ervaring wat jy nie moet mis nie, met perfekte ligging wat sentraal geleë is in die Tuinroete.

Net so oor die uur se skilderagtige rit weg vanaf George Lughawe, is dit ʼn vinnige en gemaklike rit.  Self as jy vanaf Kaapstad of die Oos-Kaap kom is dit ʼn pragtige rit omring deur soveel mooi natuurskoon.

Die Tuinroete bied wêreld klas aktiwiteite en fasiliteite, sal jy nie een oomblik verveeld wees nie.  By die hotel self is so daar baie om te doen.  Geniet ʼn drankie langs die swembad of gaan vir ʼn bootrit!  Wat ookal jy van hou en aan kan dink, sal jy definitief iewers in die Tuinroete vind.

Verloof en opsoek na ʼn trou venue?  Die Turbine Boutique Hotel & Spa het die perfekte trou opsie vir jou.   Geniet ʼn unieke ervaring in ʼn hotel wat oop een stadium die ou krag stasie was wat krag opgewek het deur vuur.  Die kragstasie het Knysna en Plettenbergbaai area met krag te voorsien.  Rol af om meer te lees oor die Turbine Boutique Hotel & Spa en wat hierdie pragtige hotel jou kan bied.

Trou by die Turbine Boutique Hotel & Spa:


Vir julle troue by die Turbine Boutique Hotel & Spa.  Dié hotel is die perfekte plek om gesellig saam met jul vriende en familie jul troudag te vier!  By die Turbine Boutique Hotel & Spa bied hulle pasgemaakte trou pakette vir paartjies.

Die opsie vir ʼn eksklusiewe privaat trou onthaal in een van die hotel se venues, of ʼn nie-eksklusiewe trou onthaal in die Island Café.   Onder word meer in detail verduidelik.

Die aanbod sluit in ʼn 50% afslag vir die wittebrood aand (per persoon wat deel tarief) as jy enige van die onderste twee opsies boek:

Opsie 1 – Eksklusiewe venue:

ʼn Drie-gang maaltyd teen ʼn per persoon koste, bespreek vir tussen 10 en 50 gaste insluitende die venue huur, maar uitsluitende die drankies en enige addisionele benodighede.

Opsie 2 – Nie-eksklusiewe restaurant venue:

ʼn Drie-gang maaltyd teen ʼn per persoon koste, bespreek vir tussen 10 en 50 gaste in ʼn restaurant styl uitleg.  Hierdie opsie is nie eksklusief nie en geen platejoggies en orkeste, of optredes mag gespeel word nie.

Vir beide die opsies, kan troudekor vir die kliënt se eie rekening gereël word by die Turbine Boutique Hotel & Spa se voorkeurverskaffer, JoyBella Weddings and Events.

Indien julle wel die restaurant wil bespreek vir eksklusiewe gebruik, dan moet die paartjie al die verblyf ook bespreek.

Hierdie trou pakket aanbod is beskikbaar vanaf 1 September 2021 tot-en-met 31 Augustus 2022, onderhewig aan beskikbaarheid.

Terme en Bepalings Geld.

Ontspan in die Spa:


As julle bietjie wil ontspan dan kan gerus hul spa besoek wat gebaseer is op die grondvloer in die hotel.  Die Turbine Spa is top vlak met professionele terapeute, sal jy op jou gemak voel.  Die hele doel van dié spa is om jou ʼn lieflike ontspanning ervaring te bied.  Hulle het ʼn verskeidenheid massering opsies beskikbaar.  Maak seker jy bespreek jou sessie by die spa as jy jou hotelkamer bespreek.  Klik hier om meer te lees oor die spa.

Ontspan langs die swembad:


Geniet die sonlig en ook die prentjie mooi uitsigte oor die water van Knysna se Thesen Island.  Hulle swembad is ʼn populêre ontspan area vir gaste.  Geniet ʼn heerlike skemerkelkie op die hout dek langs die swembad terwyl jy oor die strandmeer uitkyk.  Dit voel letterlik of jy in ʼn ander land is, met die strandmeer en huise reg langs die strandmeer.

Restaurant Opsies:


As jy dink jy het al ʼn unieke eet ervaring gehad, dan moet jy wag tot jy by die Turbine Boutique Hotel & Spa kom eet.  Hulle het twee restaurant opsies beskikbaar.  Die Island Café en Gastro Pub.  Lees meer oor hulle hieronder.

Island Café:

Hierdie restaurant is waar ontbyt, middag- en aandete bedien word.   Die restaurant kyk uit oor die strandmeer en het ʼn al fresco styl gevoel.  Jy kan kies om buite of binne te sit.  Aandetes is meer formeel en is ʼn ervaring wat jul móét beleef.  Die tafels is letterlik tussen die ou krag opwek masjiene!  Iets heeltemal besonders en opwindend.  Klik hier om meer te lees oor die Island Café.

Gastro Pub:

Etes by die Gastro Pub is meer informeel en die perfekte plek vir jou om ʼn skemerkelkie te geniet.  Daar is ʼn kroeg-styl spyskaart beskikbaar as jy ʼn heerlike ete wil geniet saam met jou drankie.  Klik hier om meer te lees oor die Gastro Pub.

Ervarings in die gebied:


Daar is soveel om te doen, al wat jy nodig het is baie energie en opgewondenheid!  As jy iets opwindend wil doen, vra gerus die vriendelike personeel by die hotel vir ʼn paar idees.  Van dié aktiwiteite om te doen sluit die volgende in:  fiets-huur, strandmeer-vaarte, sonsak-vaarte, kajak-huur, staproetes, toere en vele meer opwindende ervarings.

Vir pryse en meer inligting oor die ervarings wat beskikbaar is, lees meer op die Turbine Boutique Hotel & Spa se webtuiste.

Verblyf:


Die Turbine Boutique Hotel & Spa het ʼn keuse van 26 kamers en suites.  Elke een met ʼn unieke ontwerp element.

Die verskillende opsies sluit in:

  • Standaard kamer – klik hier om daarna te kyk.
  • Luukse kamer – klik hier om daarna te kyk.
  • Wittebrood suite – klik hier om daarna te kyk.
  • Selfsorg suites – klik hier om daarna te kyk.

Bespreek jou wegbreek:


Bespreek jou wegbreek na die Turbine Boutique Hotel & Spa deur hul webtuiste te besoek of ʼn e-pos te stuur.  Jy kan hulle ook telefonies kontak op 044 302 5746.  As jy meer wil sien van die unieke hotel, volg hulle op Instagram en Facebook.

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur The Turbine Boutique Hotel & Spa