Romantiese wegbreek na die Karoo Art Hotel

Opsoek na ʼn wegbreek weg van die stad se gejaag, of ook ʼn lieflike wittebrood opsie?  Reël ʼn romantiese wegbreek na die Karoo Art Hotel in Barrydale.  Die Karoo Art Hotel is ook ʼn lid van Cape Country Routes, so jy kan fantastiese gasvryheid en kwaliteit verwag.  Begin sommer nou al julle volgende wegbreek reël na hierdie Karoo dorpie.

Hierdie sjarmante en kunstige hotel is geleë op die Route 62 roete in die Klein Karoo. Barrydale is net so onder drie ure se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Dit is ʼn prentjie mooi rit deur soveel pragtige dorpies en die mooiste landskappe.

Die Karoo Art Hotel bied alles wat ʼn paartjie opsoek is na, pragtige unieke kamers, heerlike kos, ʼn lekker groot swembad en ʼn stoep waar jy ʼn boek kan geniet of ʼn glasie wyn.

Die hotel is binne maklike bereik van die Barrydale-brandewynkelder, naby die Tradouwpas, Grootvadersbosch Natuurreservaat en die Warmwaterberg Hot Mineral Springs Spa.

Goeie nuus vir honde eienaars, die hotel het ook ʼn troeteldier vriendelike kamer beskikbaar as julle met julle geliefde hondjies wil reis.  As jy meer wil lees oor die Karoo Art Hotel in Barrydale, rol sommer nou af.

Ligging:


Die Karoo Art Hotel is geposisioneer in die hartjie van Barrydale.  Deel van die populêre Route 62 roete in die Overberg Distrik van die Wes-Kaap.  Die plattelandse dorpie is tussen die Tradouw Vallei en die Klein Karoo, wat twee heeltemal teenoorgestelde van mekaar is.  Dit is net nog een van die dinge wat die dorpie so uniek maak.

Buiten die ligging is Barrydale ʼn maklike rit vanaf Kaapstad met soveel bekoorlike oulike besighede in die dorp wat jy kan ondersteun.  Die dorpie is vol karakter en het die mooiste natuurtonele wat dit omring.

Die Hotel:


Wanneer jy by die hotel arriveer sal jy vriendelik verwelkom word by die ontvangs.  ʼn Groot voorstoep sal jou sommer onmiddellik wil laat sit en ʼn boek lees.

Die hotel het ʼn kombinasie van modern en ou-wêreldse gevoel.  Definitief ʼn hotel met karakter en baie persoonlikheid.

Daar is ʼn sitkamer met ʼn kaggel vuur waar julle aptytwekkers kan geniet, op ʼn middag tee en tydskrif lees.

Dié sitkamer lei ook uit na die Hotel se swem area. Die kroeg area pas in by die res van die Hotel se dekor.  Indien daar ʼn partytjie maker is kan die persoon platejoggie speel met viniel plate.  Daar is ook ʼn veerpyltjie bord vir goeie sports.

Verblyf:


Wanneer dit kom by verblyf is Karoo Art Hotel se verblyf fantasties.  Elke kamer en suite by die Karoo Art Hotel is uniek versier met pragtige dekor elemente en kuns.  Die hotel se 16 verskillende kamer tipes het elk sy eie storie wat daaraan gekoppel is.  Dit maak die hotel kamers almal uniek en gee dit ʼn bietjie persoonlikheid.

Al die hotel kamers is ruim met groot oop spasies en het nogsteeds almal die ou-wêreldse gevoel met moderne elemente hier en daar.  Kuns speel ʼn gróót rol by dié hotel asook in die Barrydale omgewing.  Daarom sal jy oral kunstige elemente sien in die kamers en die hotel in algemeen.

Die hotelkamers het almal Wi-Fi, ʼn televisie, kluis, dakwaaier, haardroër, koffie en tee fasiliteite, en badkamers met ʼn toilet, wasbak en stort.  Party kamers het wel ʼn bad ook beskikbaar.

Restaurant en Kroeg:


Die hotel se restaurant en kroeg area het ʼn regte ou-wêreldse atmosfeer.  Dit pas perfek in by die hele argitektuur en estetika van die hotel.  Mens sien so min hotelle wat nou daardie egte ou-wêreldse estetika behou.

Karoo Art Hotel se bekroonde restaurant is nie net bekend onder plaaslike inwoners nie, maar ook onder gaste wat graag hierna reis vir heerlike kos. Dié restaurant, met sy ryk geskiedenis van bekroonde kookkuns, bied tradisionele Suid-Afrikaanse en Karoo-geïnspireerde spyskaart en ʼn omvattende wynlys. Met warm vure en ʼn gesellige kroeg met fassinerende kunswerke wat bydra tot die atmosfeer waarna jy sal wil terugkeer en Karoo-gasvryheid op sy beste ervaar.

Hulle kroeg area is net so besonders en die ou-wêreldse gevoel trek net so hier deur.  Dit is die perfekte plek om ʼn drankie te geniet voor aandete, of na ete net so voor julle gaan slaap.

Geriewe en Fasiliteite:


Daar is soveel om te doen by die hotel en in Barrydale dat gaste nie ʼn moontlik verveeld sal wees nie.

Onder is van die falsiteite beskikbaar by die hotel:

Die Bialanti Ballroom:

Is julle besig om jul droom troue te beplan?  Karoo Art Hotel se Bialanti Ballroom is ʼn ruim saal met sy dubbel volume plafon wat dit die ideale trou venue vir paartjies wat graag in Barrydale wil trou.  Julle trou gaste sal bederf word met fantastiese verblyf en heerlike spyseniering.  Maak sommer ʼn gesellige naweek troue saam met al julle geliefdes en vriende.

Privaat Parkering:

Daar is privaat parkering beskikbaar vir gaste, so jy hoef nie op die pad te parkeer nie.  Slaap met gemoedsrus dat jou motor veilig geparkeer is.

Swembad:

Daar is ʼn lekker groot swembad by die hotel.  Hier kan julle lekker die Klein Karoo son inneem en ʼn skemerkelkie langs die swembad geniet.  Dit is ook die perfekte plek om ʼn bietjie af te koel as die Karoo son vir jou bietjie te warm raak.

Fietse te huur:

As julle hou van fietsry, huur een van die fietse beskikbaar by die hotel.  So kan julle die dorp per fiets verken en baie meer sien.

Ander geriewe:

Die hotel bied baie meer as net verblyf, kos en vriendelike diens.  Daar is ook ander geriewe soos konferensie geriewe, ʼn bioskoop waar jy ʼn fliek kan kyk en vele meer.

Aktiwiteite in die gebied:

Daar is soveel om te doen in Barrydale. Van die oulikste restaurante, deli’s, kunsgalerye, staproetes, toere en meer.  Maak die meeste van julle wegbreek na die Karoo Art Hotel en verken Barrydale en alles wat dié plattelandse dorpie het om te bied.

Lid van die Cape Country Routes:


Die Karoo Art Hotel is ʼn lid van Cape Country Routes, ʼn Suid-Afrikaanse groep bekende en bekroonde akkommodasie- en aktiwiteit ondernemings wat deur eienaars besit en bestuur word.  Hulle het meer as 20 hotelle, oorde en gastehuise in privaat besit wat op die skilderagtige en historiese roetes in die Wes- en Oos-Kaap geleë is.  Almal sorgvuldig gekies vir hul karakter, sjarme en romanse.  Elke een van hierdie bestemmings bied die beste akkommodasie- en aktiwiteit opsies vir elke individuele smaak en begroting.

Bespreek jou wegbreek:


Besoek Karoo Art Hotel se webtuiste om direk te bespreek.  Jy kan ook vir hulle ʼn e-pos stuur as jy wil.  As jy meer wil sien oor die nuutste gebeure by die hotel, volg hulle gerus op Instagram en Facebook.

As jy in die Barrydale omgewing is en ʼn drankie geniet of ʼn lekker ete by die hotel besoek hulle gerus by 30 Van Riebeeck Straat in Barrydale. Klik hier vir aanwysings.

Artikel Krediet: