Henk & Adeleen se plat-op-die-aarde troudag

Hierdie paartjie se troudag was alles wat hulle wou gehad het. ʼn Asemrowende mooi uitsig, ʼn lekker plat-op-die-aarde gevoel en ʼn plek waar hulle gaste hulself kon geniet en lekker tuis kon voel.

Ons is mal oor die sagte blou, grys en Khakhu kleurskema van Henk en Adeleen se pragtige plat-op-die-aarde troudag.  Henk en Adeleen het getrou by die pragtige ‘Dwarsberg Trout Hideaway’.

Ons is absoluut gaande oor Adeleen se ontwerpers rok, ʼn meesterstuk deur die alombekende Elizabeth Stockenström. Ons weet Mooi Troues se lesers sal saamstem!  Indien ons lesers opsoek is na hul perfekte trou rok, kan jul na Mooi Troues se trougids toe gaan.  Daar sal jul betroubare diensverskaffers gelys vind, vir trou rokke as ook vir ander trou elemente.

Rol gerus af om meer te sien oor Henk en Adeleen se plat-op-die-aarde troudag.

Henk & Adeleen (2)

Henk & Adeleen (3)

Henk & Adeleen (4)

Henk & Adeleen (5)

Henk & Adeleen (6)

Henk & Adeleen (7)

Henk & Adeleen (8)

Henk & Adeleen (9)

Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?


Ons het op Universiteit ontmoet deur vriende.  Na twee jaar van skelm van mekaar hou, het ons uiteindelik begin uitgaan.  Hy het my gevra om te trou op die dak van The Grand Daddy Hotel in Kaapstad op die 5 jaar herdenking van ons eerste afspraak.

Hy het die hele dak net vir ons uitgeboek en ons het, nes op ons eerste afspraak, The Simpsons gekyk (The Grand Daddy Hotel het ʼn big screen op hulle dak).  Dit was pragtig en onkonvensioneel met ʼn tikkie “quirkiness”.  Perfek vir ons – nes die res van ons verlowing en plat-op-die-aarde troudag.

Henk & Adeleen (10)

Henk & Adeleen (11)

Henk & Adeleen (12)

Henk & Adeleen (13)

Henk & Adeleen (14)

Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?


Ons is albei baie lief vir bome en wou graag buite trou.  Ons was ook opsoek na iets wat nie styf is nie – na iewers waar mense hulle skoene kan uitskop en gemaklik kan wees.

Toe ons vir die eerste keer met die bergpas afry en vir Dwarsberg met sy plat-op-die-aarde, maar tog snak-na-jou-asem, skoonheid sien, het ons geweet dis die plek vir ons troudag.

Henk & Adeleen (15)

Henk & Adeleen (16)

Henk & Adeleen (17)

Henk & Adeleen (18)

Henk & Adeleen (19)

Henk & Adeleen (20)

Henk & Adeleen (21)

Henk & Adeleen (22)

Henk & Adeleen (23)

Henk & Adeleen (24)

Henk & Adeleen (25)

Henk & Adeleen (26)

Henk & Adeleen (27)

Henk & Adeleen (28)

Henk & Adeleen (29)

Henk & Adeleen (30)

Henk & Adeleen (31)

Henk & Adeleen (32)

Henk & Adeleen (33)

Henk & Adeleen (34)

Henk & Adeleen (35)

Henk & Adeleen (36)

Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?


Ons is na Phuket, Phi-Phi en Krabi in Thailand waar ons ʼn balans probeer vind het tussen alles wil sien en beleef, en rustige alleen tyd saam met mekaar spandeer.  Dis die eerste keer vir albei van ons.

Henk & Adeleen (37)

Henk & Adeleen (38)

Henk & Adeleen (39)

Henk & Adeleen (40)

Henk & Adeleen (41)

Henk & Adeleen (42)

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]