Ons gesels met Zahn van Bulb Flowers

In dié onderhoud styl inskrywing het ons gesels met Zahn van Bulb Flowers.  Zahn het Bulb Flowers in 2017 gestig en is nou ʼn populêre trou bloemis gebaseer in Kaapstad.  Haar werk is iets besonders en jy kan sien sy het ʼn groot liefde en passie vir mooi blom ontwerpe.

Ons het al self met Zahn gewerk by ʼn Mooi Troues gestileerde fotosessie wat jy hier kan klik om meer te sien.  Bulb Flowers, die naam waaronder Zahn bekend geraak het vir haar pragtige blom ontwerpe het ʼn moderne benadering tot trou blomme.

Haar styl kan beskryf word as modern, flambojant en kunstig. Sy vertel ook as sy nie blomme moes doen nie, sy ʼn voltydse kunstenaar sou wees.  Om blomme te doen so mooi soos Bulb Flowers moet jy definitief ʼn gebore kunstenaar wees.

Wanneer dit kom by dekor elemente vir ʼn troue, speel blomme so ʼn groot rol.  Blomme kan ʼn trou venue ophelder en eintlik enige spasie.  Dit gee lewe aan ʼn spasie en sodoende ook kleur.

Trou Blomme is vir ons ʼn kuns en om dit so goed te doen soos Bulb Flowers, is jy definitief ʼn kunstenaar wat skilder met die kleure en teksture van verskillende blomme.

Rol af en lees meer oor ons onderhoud met Zahn van Bulb Flowers.

Wanneer was Bulb Flowers gestig?


2017, Ek wou nog altyd iets begin wat my eie is, waar ek die besluite maak en uiting gee aan my visie. Na my pa oorlede is, het ek dit gesien as ʼn teken vir ʼn nuwe begin.

Wat is die inspirasie agter die besigheid se naam?


Die woord ‘Bulb’ dra verskeie betekenisse: ʼn nuwe idee, lig en natuurlik dit verwys na bol-pante wat elke seisoen weer blom.

Bulb Flowers se Dienste:


Enige blom versoeke klein tot groot installasies, asook dekor soos kerse en servette.

Advies aan paartjies:


Dit help baie om eers jou kleur-palet en styl te kies – daarna sal alle element bietjie makliker in plek val.

Huidige Tendense:


Kombinasie tussen gedroogte en vars blomme. Baie teksture.

Boek Bulb Flowers so:


Paartjies kan ʼn e-pos stuur met hul trou datum. Daarna sal Bulb Flowers vir julle ʼn vraelys stuur wat julle kan invul.  Dan kan Bulb Flowers vir julle ‘n voorlopige kwotasie bymekaar sit wat voldoen aan julle vereistes.

Artikel Krediet: