Kevin & Rainel se Sjarmante Troue in Pretoria

In dié inskrywing deel ons graag Kevin en Rainel se sjarmante troue in Pretoria met ons lesers.  Hierdie paartjie se troue is een vir jou Pinterest bord.

Ons is dol verlief op Rainel se eenvoudige vloeiende trourok.  Dit is ʼn klassieke voorkoms wat vir altyd stylvol sal wees.  Sjoe! Dan het ons nog nie eens gepraat oor haar perfekte handruiker nie.  Haar strooimeisies het die mooiste sagte pienk rokke aangehad wat ingepas by die hele tema van hul troue. Kevin het net so deftig gelyk in sy swart en wit troupak en ʼn strikdas. Sy strooijonkers het ook almal swart broeke aangehad en sagte aardse kleur baadjies.

Rainel en Kevin se troue het die mooiste aardse kleurskema wat só mooi gelyk het.  Hulle seremonie was in die pragtige buitelug kapel wat bedek is deur ʼn wit dubbel volume dak wat omring is deur bome.  Die ligte aardse kleurskema het so mooi deurgetrek in hul trou dekor.  Gaste tafels was versier in skakerings van wit en sagte pienk met tikseltjies goud in die eetgerei.  Met die kombinasie van die ligte dekor elemente op die donkerder tafels staan die dekor so mooi uit.  Rainel wou nie te veel groot blom ontwerpe op die tafels hê nie.  Goeie idee, want nou kan hulle trou gaste lekker gesellig met mekaar gesels.  Die gebruik van vars blomme en gedroogte blomme pas in die by die aardse kleurskema.

Alles is moontlik as jy fantastiese trou diensverskaffers het.  Besoek gerus Mooi Troue se Trougids vir professionele en betroubare trou diensverskaffers. Kevin en Rainel se sjarmante troue in Pretoria sal vir jou baie inspirasie bied vir julle eie troue.  Rol af om meer te lees.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons paaie het in 2011 vir die eerste keer gekruis toe ons ontmoet deur ‘n familielid van Kevin, maar ons het toe na ‘n tydjie kontak verloor.  Kevin se ma het daardie dag vir hom gesê hier is ‘n vrou vir jou.  Ongelukkig het ek nie die geleentheid gehad om haar beter te leer ken nie, omdat sy twee jaar na dit oorlede is.

Ons het toevallig weer in 2017 weer ontmoet toe my niggie my uitgenooi dit ons saam met hulle te gaan dans.  Ek onthou ek wou glad nie uitgaan daardie aand nie, maar sy het my aangehou dat ek moet saam kom.  Daar het ons weer ontmoet en ons liefde het begin blom.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het die 26ste Oktober 2019 verloof geraak.  Hy het daardie dag fyn beplan met die hulp van ons familie en vriende, ek was heeltemal onkant gevang toe ek by die deur in stap en hy staan daar voor met ballonne wat se ‘Will you marry me?‘.  Die plan was om in 2020 te trou en ons het begin kyk na venues, maar toe gebeur die Kovid pandemie en ons stel dit toe uit.

Later in 2021 het Kevin verhuis na Pretoria as gevolg van werk en ons moes weer wag.  Ons het vir ‘n jaar lank ‘n langafstand verhouding gehad en ons het besef dat dit moeilik is en ons het ‘n datum gekies en ons is op die 11de Junie 2022 getroud.

Trou Begroting:


Toe ons begin plan was die begroting R100 000 en 80 gaste.  Ons het beslis nie by dié begroting gehou nie.  Ons het op geëindig op R250 000, en van die 80 gaste het net 60 opgedaag.  Die feit dat ons twee jaar verloof was het ons ‘n kans gegee om te spaar.

Ons wou kwaliteit hê met ons fotograaf en video, dus herinneringe van jou groot dag.

Advies:

Doen wat julle gelukkig maak en probeer om nie te veel te stres nie. As jy langer moet wag vir jou troue omdat jy dit perfek wil hê, doen dit.

Merkwaardigste Oomblikke:


Kevin:

Toe Rainel by die trougang af stap na my toe, ek kon my trane nie in hou nie.  Die dag het aan gebreek dat sy myne word.  Ek is die gelukkigste man op aarde.

Rainel:

Ek sal sê ons trou geloftes vir mekaar sê, dit voel nog soos ‘n droom. Ek onthou nog toe iemand my vra wat soek ek in ‘n man eendag en God het vir my gestuur wat my hart begeer het en soveel meer.

Spesiale Tradisies:


Dit was nie ‘n tradisie nie, maar ons het voor die seremonie kerse gelig vir ons geliefdes wat nie meer saam ons is nie, om hulle deel te maak van ons dag.  Ons het drie gehad.  Vir Kevin se ma en Rainel se pa en broer.

By ons seremonie het ons ook 3 ander kerse gehad.
1- Kevin se van
2- Rainel se van
3- Met ons name Rainel en Kevin

Ons pastoor het ons ouers gevra om elkeen hulle familie kers aan te steek.  Daarna het die pastoor gevra dat ons albei ons ouers se kerse vat en ons een met ons name saam lig.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het al ons besluite self geneem.  Rainel het af-en-toe vir raad gevra oor haar idees met familie lede gedeel net om raad te kry. Ons het die meeste van die besluite geneem.

Paartjie se styl:


Die styl was om elegant en tydloos te wees.

Bruid se trourok:

Toe ek gaan vir my finale aanpas van my trourok toe besef ek dat my rok af wit is en ek wou graag ‘n spier wit rok hê.  Ek moes haastig soek vir ‘n wit rok, maar dit ek kon nie een kry waarvan ek hou by die plek waar ek oorspronklik my rok gekry dit nie.

Bruidegom se trou pak:

Ek wou Botong suit hê, maar kleur skema was deur Rainel besluit omdat ek kleurblind is, so sy moes besluit.

Trouringe:

Kevin: Ek wou net ‘n eenvoudige ring hê met ‘n Tanzaniet steen om te pas by Rainel se trouring, en kon niks kry wat ek van hou in die winkels nie toe laat maak ek my ring soos ek dit wou hê.

Rainel: Ek het my verloofring hou, ek voel hy het soveel moeite gedoen om iets te soek waarvan ek sal hou.  So ek het besluit om pante by te maak.  Ek wou iets uniek hê met Tanzaniet stene, toe sien ek die kroon styl op Pinterest.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons kan glad nie kies nie.  Almal was besonders.  Hulle dienste sal ek beslis aanbeveel.  Ons kon nie vir beter gevra dit nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Kevin:

Laat jou vrou toe om haar dag te beplan soos sy dit wil hê, gee jou insette en wees daar vir haar sy gaan jou skouer baie nodig het.  Probeer om so veel geduld as moontlik te hê, want jy gaan die koel kop moet wees om haar te kalmeer. “Happy wife happy life”.

Rainel:

Kry ‘n dagboek en maak ‘n lys van alles en krap uit wat klaar gedoen is.  Hou by jou besluite dit is julle dag. Don’t sweat the small stuff. As daar probleme kom met beplanning of enige iets anders, hou kop ek glo als werk uit soos dit moet en daar is ‘n rede vir alles.

Venue & Dekor:


Dit was moeilik omdat Rainel nog in Port Elizabeth was en sy moes navorsing doen oor die internet.  Kevin het net gesê wat ookal ek wil hê, is hy met gelukkig

De Harte was my eerste keuse, en toe ek die kapel deure beskou was ek verlief.  Hulle het vir ons gesê dat hulle beplan om opknappings te doen.  Toe ek die opknappings sien met die finale vergadering tóé weet ek, ek het die regte besluit geneem.

Die dekor wou ek eenvoudig en tydloos hou met kerse.  Ek wou nie hê ons tafels moes vol wees met groot middelpunte.  Ek glo less is more.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die dekor maatskappy het twee maande voor ons troue gekanselleer. En as ek terug dink kan ek sê alles gebeur vir ‘n rede.

Ek sal niks van die dag self verander nie.  Alles was perfek soos ek dit wou hê.

Eerste Dans:


Eerste dans liedjie was deur Dan en Shay – From the Ground Up.  Dis ‘n herinnering dat ons elke dag moet bou aan ons huwelik en al druk die lewe ons af, dat ons altyd bymekaar sal staan en ons geloftes aan mekaar sal onthou.  Ons het nie danslesse gehad nie. Ons wou in die oomblik wees en net op mekaar fokus.

Wittebrood:


Toe Kevin die wittebrood beplan was die idee om iewers te gaan waar ons albei nog nie was nie.  En al plek was KwaZulu-Natal, Ballito was die mooiste in die area.  Toe kom ek af op ‘n baie mooi plek “Skiathos 14“.  Perfekte strand uitsigte van die balkon af.  Ons het soveel gerus as moontlik en rustig Durban verken, net ek en my vrou lekker alleen.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: