Wayne & Stacey-Lee se Elegante Troue

Met opgewondenheid deel ons Wayne en Stacey-Lee se elegante troue in dié inskrywing op Mooi Troues.  Die paartjie het ʼn pragtige troue gehad net buitekant Krugersdorp in Gauteng.  As julle inspirasie soek vir ʼn elegante trou dekor styl, dan moet julle nie dié troue mis nie. 

Die bruid, Stacey-Lee het asemrowend gelyk in haar simplistiese, maar baie stylvolle en klassieke styl trourok.  Sjoe! Haar hand ruiker is ons gunsteling, dit is só mooi. Wayne, die bruidegom se troupak was net so netjies en het soos ʼn handskoen gepas by die troue se elegante tema.

Hul seremonie area was só mooi met die groenigheid en wit blom ontwerpe wat bo die trou gaste gehang het.  Die natuurlike lig wat ook ingestroom het deur die groot ruite het daardie natuurlike sagte lig geskep wat perfek was.

Wanneer dit kom by die dekor elemente sal jy ʼn definitiewe meer formele tema kry.  Swart en wit is die hoofkleure wat gebruik was vir die paartjie se trou dekor met tikseltjies goud tussen in.  Die groot ronder tafels met spierwit tafel doeke, swart en wit kerse skep onmiddellik ʼn elegante atmosfeer.  Blom ontwerpe is hoog bo die tafels gelig wat dit moontlik maak om lekker gesellig met mekaar te gesels sonder om heen-en-weer te koes verby blomme.  Die groot ruite in die trou venue is besonders en bring die natuur gevoel na binne en bied kontras teen die rou baksteen mure.

Alles is moontlik met ʼn span fantastiese trou diensverskaffers.  Mooi Troue se Trougids maak dit maklik vir paartjies om professionele trou diensverskaffers aanlyn te vind en te kontak.  Rol af om meer te lees oor Wayne en Stacey-Lee se liefdesreis en hulle elegante troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet by CRC Kerk. Hulle het ʼn jaarlikse Kersproduksie, wat ons albei bygewoon het.  Op 4 Februarie 2022 het hy my mislei om te dink dis sy pa se verjaardagpartytjie.  Ons het die mees intieme oomblik met familie by La Vie Lente Bistro gedeel.  Toe ek ingestap het en die bordjie “Marry Me” gesien het en die pragtige bos rose op my wag, het my hart laat smelt.  Dit was só ʼn pragtige begin vir ons vir altyd.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 8 maande verloof, waarin ons self die troue beplan het.

Trou Begroting:


Ons het nie ʼn spesifieke trou begroting uiteengesit nie en het 180 gaste onthaal.  Ons het  alles gedoen en God vertrou en Hy het vir ons voorsien.  In baie opsigte verskil ons storie van ander, ons trou kostes was hoër wat ons kon bekostig.  Maar, elke deel daarvan het waar geword, ons droomtroue het ʼn werklikheid geword.  Ons het baie engele op ons pad gestuur, wat dit alles moontlik gemaak het.  Ons raai u aan om Christus die middelpunt van u sake te hou.  Ook om wys te wees, maar moenie kompromie aangaan nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruidegom:

My bruid wat in die trougang af afloop.

Bruid:

Toe ek na my maat loop en hom huil huil.   Ook die sing van ’n spesiale liedjie by die altaar ( Waymaker – deur Sinach)

Spesiale Tradisies:


Ons het ʼn basiese Christelike troue gehad.  Die mees merkwaardigste deel was egter die aansteek van of eenheid kerse.  Twee verteenwoordig die bruid en bruidegom, die ander God en word een.

Paartjie se styl:


Beide die bruidegom en bruid het simplistiese, maar elegante kenmerke aan hul kleredrag gehad.  Die trourok is baie eenvoudig voor, maar die agterkant bring die skoonheid van die rok.  Die bruidegom, ʼn uitblinker swart en wit pak, pasgemaak tot perfeksie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Moenie te veel bekommer nie. Geniet die beplanningsproses. Maak die beste van wat jy kan en moet nooit op jou droom skik nie.

Bruidegom:

Wees betrokke in die beplanning, maar laat haar ook beheer oor hierdie een neem!  Onthou … Gelukkige vrou, gelukkige lewe!

Die Besluitnemingsproses:


Ons as die egpaar het die finale besluite geneem, familie en vriende was bloot daar vir ondersteuning en raad.

Venue & Dekor:


Elegansie was die inspirasie. Ons het gedink watter beter manier spreek elegansie, eerder as swart en wit, met ʼn tikseltjies van goud.  Ons het ook gekies om simplisties,  maar tog uitspattig in ons ontwerpe te wees.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons koördineerder en ook die stigter van Lieu de Grace, Vivien Webber.  Sy was ʼn droom om mee te werk en het ons droomtroue ʼn werklikheid gemaak.  Lieu de Grace is die perfekte plek om te trou en word werklik aanbeveel!  Die sorg en belangstelling in die skep van jou troue is wat ons so lief gemaak het vir hierdie plek.

Vermaak:


Ons het ʼn wonderlike gin bar by die venue laat oprig en ʼn gratis fotohokkie op die perseel gehad.  Vermaak die gaste, terwyl jy hierdie pragtige oomblikke vasvang.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad wat ons self choreografeer het.  Ons het die liedjie (Dancing – by Elevation Worship) gekies omdat dit so baie van ons liefdesverhaal vertel het en regtig met die lirieke verband hou.

Wittebrood:


Ons het vir ʼn klein reis na Kaapstad geneem.  Ons beplan om volgende jaar ʼn eiland te besoek.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: