Willem & Carlia se Stylvolle Troue in die Boland

In die inskrywing deel ons Willem en Carlia se stylvolle Troue in die Boland met Mooi Troues se lesers.  Die keuse van venue lyk rustiek en industrieel, maar die trou dekor het dit perfek komplimenteer.  Ons is totaal en al verlief op die pragtige kleurvolle blom ontwerpe op die tafels.  ʼn Groen bank in die hoek van die trou venue met ʼn draad agtergrond met geskrewe op en ʼn blom ontwerp was die perfekte agtergrond vir gaste foto’s.  Vir die dekor het hulle by ʼn meer formele minimalistiese styl gehou.  Swart en wit elemente soos die stoele en kerse kan gesien word en gee die moderne elegante gevoel.  Al die trou skryfbehoeftes was ontwerp deur Stuck On You Favours and Design.  Plof van kleur word ingebring deur die helder blom ontwerpe.

Carlia het beeldskoon gelyk in haar vloeiende trourok.  Sy vertel dat dit ook haar eerste trourok was wat sy aangepas het en haar hart op die rok verloor het.  Ons is versot op die detail aan die bo kant van haar trourok.  Die manier hoe die rok vloei is net só mooi en lyk gemaklik. Willem het ‘n donker groen troupak aangehad wat anders is ad die gewonde en perfek by hul troue se kleurskema komplimenteer.  Die strooimeisies se helder rokke het definitief ons aandag getrek.   Groot kleurvolle handruikers wat só mooi gepas het by hul uitrustings, het nog kleur deur getrek.

Alles is moontlik as mens professionele trou diensverskaffers het.  Mooi Troues se Trougids het baie oulike trou diensverskaffers as julle besig is om julle troue te beplan.  Rol af om meer te lees oor Willem en Carlia se liefdesreis en hulle stylvolle troue in die Boland.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in die middel van 2018 by ʼn bekende kuierplek in Wellington ontmoet en nooit gedink, dit sal die begin van ons liefdesreis wees nie.  Dit was vir lank net eers ete afsprake, koffie afsprake en vinnige groet.  Elke afspraak het ek sy ore van sy kop afgepraat en daar was nooit ʼn vervelige oomblik nie.  Ons het net dadelik so gemaklik met mekaar gevoel.  Dit het hom lank gevat want op 1 Desember 2018 het hy my eers uitgevra om sy meisie te wees in sy gunsteling see dorpie, Langebaan.

Ons verlowing was só spesiaal.  Ons was net so oor die drie jaar saam toe ons verloof geraak het op 17 Desember 2021, twee dae na my verjaarsdag.  Ek was eintlik baie kwaad vir hom, want hy het nie op my verjaarsdag al my geskenk gehad nie.  Heeltyd gesê dis nog in die pos en amper hier, ek moet net geduldig wees.  Ek gaan mal wees oor dit.

Ek het die dag gaan werk en na werk het my suster my gesê ek moet by haar kom kuier en ek niks vreemd gedink daarvan nie.  Dit was toe net om my heel middag van die huis af te hou dat ek eers die aand op dorp moet terug wees.  Toe ek op die dorp aankom was hy vreeslik opgewonde, want my verjaarsdag geskenk het gekom.  Ek moet saam hom gaan om dit te gaan haal by sy werk.

Die Groot Vraag:

Ek was geblinddoek en mag niks gesien het nie.  Net daar waar die blinddoek van my gesig afgehaal was, was hy op sy knieë en my vir die JA-woord gevra.  Alles het só vinnig gebeur en dit was perfek.  Willem het aan alles gedink om dit romanties te maak.  Feetjie-liggies uit dak, foto’s van ons orals en roosblare op die vloer.  Na die verlowing het al die vriende en familie oorgekom en aand saam ons geniet met pizza en wyn.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was presies vir nege maande verloof en het op die 17de September 2022 getrou.  Ons wou nie te lank verloof wees nie, net geweet dit moet onder ʼn jaar wees.  Sodat al mens se idees nie te veel verander en dan op laaste paar maande alles wil verander nie.

Ons het ʼn troubeplanner gehad.  Sy was ingesluit by die venue en was deel van die pakket.  Ek wou alles self gedoen het, want ek is mal oor troues beplan en alles wat gepaard gaan met dit.  Jou eie troue is iets anders en mens wil alles prentjie perfek hê.  Dit het net alles so vergemaklik om Telma Pronto as ons troubeplanner te gehad het.  Sy het met elke dingetjie gehelp waarby ek nie kon uitkom nie en bygedra dat die dag seepglad verloop het.  Ek kon aandag gee aan al die elemente van die dag wat ons as bruidspaar alles saam self beplan en uitgevoer het.

Trou Begroting:


Ons het ʼn begroting gehad van die begin af.  Ons het drie kwotasies van alles wat ons wou gehad het vooraf gekry en dan besluit watter een.  Sekere elemente wat ons baie graag op troue wou gehad het en duurder was het ons dadelik bespreek.  Dit was een week voor die troue wat ons oor die begroting gegaan het.

Eerste ons besluit dat ons nie ʼn videograaf wou gehad het nie en hier teen einde was ons so bang ons is spyt oor ons besluit en dit was die beste keuse om daai ekstra geldjie te gespandeer het.  Dit is ʼn dag wat net eenkeer in mens se lewe gebeur so partykeer het ons net besluit, dat almal pret moet hê en dit alles moet wees wat ons wou gehad het.  Ons het geld spandeer op elemente van die dag wat ons fokus wou op plaas.  Kos en dekor was die belangrikste.

Die beste is om die kostes so regverdig as moontlik te probeer hou tussen bruidspaar en ouers wat bydrae tot die dag.  Ons was baie gelukkig saam met ons bydrae kon albei ons ouers fondse bydrae tot ons groot dag.

Dis die een dag wat jy regtig kan sê waarvoor jy droom en gee alles vir daai een dag.  Ons is oor absoluut niks spyt nie!  Elke sent wat in elke detail ingegaan het, is dit werd.  Ons het baie raad van ons vriende af gekry wat onlangs getrou het, baie navorsing gedoen op diensverskaffers, resensies gelees om seker te maak ons kry die beste waarde vir ons geld.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir beide van ons was dit die oomblik toe ons mekaar vir die eerste keer gesien het.  Dit was baie emosioneel en die trane het geloop.  Dit was die begin wat ons geweet het nou gaan ons die res van ons lewens saam wees.  Nog ʼn oomblik van die dag wat uitgestaan het was om na maande se beplanning die finale prentjie en kleure bymekaar te kon sien.  Dit was iets besonders.

Paartjie se styl:


Beide ons styl kan ek beskryf as iets anders.  Ons hou nie van goed wat ordinêr is nie, of altyd bymekaar pas nie.  Ons het in die maand van lente getrou en net geweet alles moet so helder en kleurvol as moontlik wees.  Dit was verseker, die helder kleure van blomme het dit weerspieël.

Willem se pak het ons lank na gesoek, dit moes ʼn emerald groen pak wees dis al kleur waarin hy wou trou en dit mag nie swart gewees het nie.  My rok was iets wat ek aan begin nooit gedink het ek sou dra nie.  Maar die eerste dag toe ek dit aanpas het ek my hart op dit verloor, dit was alles wat ek wou gehad het.  Die strikkies en sleep was net ekstra wat ek na die tyd op die rok laat sit het.  Dit was my heel eerste rok wat ek aangepas het en na gaan kyk het.  Nie een wat ek daarna aangepas het was soos die een nie.

Beide ons ringe was spesifiek vir ons ontwerp soos ons dit wou gehad het.  Willem het sy pa se ring gekry en laat verander soos hy dit wou gehad het.  My trouring was ʼn verrassing en ek dit vir eerste keer gesien toe hy dit aan my vinger steek.  Ek idee gewys wat by my verloofring sal pas en hy dit laat maak.

Die Besluitnemingsproses:


Willem was die beste ondersteuner en my toegelaat om alles te doen soos ek dit wou gehad het.  Ek wou nooit iets kies sonder sy goedkeuring nie, want dis was ons alewee se troudag!

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons het baie wonderlike diensverskaffers gehad, maar ek moet vir April & July (fotograaf) uitsonder.  Hulle het alles so spesiaal gemaak van dag een af.  Dit was net ʼn plesier om saam met hulle te werk, hulle gaan uit hulle pad uit om alles so perfek vas te vang.

ʼn Ander diensverskaffer wat ek wel ook moet noem is die spyseniering – Wild Boar wat die lekkerste kos gemaak het, ons ontvang nou nog komplimente oor hoe lekker die kos was.  Hulle het ons verwagtinge oortref.

AlsMoi wat ons blomme gedoen het, het die hele saal in ʼn sprokie laat verander met al die mooi helder kleure van blomme op tafels en die mooiste ruiker met orgidees wat vir my gemaak was.

Venue & Dekor:


Ons het na baie venues gaan kyk om die perfekte een te kies, maar eintlik het ons toe al geweet die heel eerste venue wat ons besoek het, gaan die een wees waar ons trou beloof aan mekaar.  Die venue was iets uit ʼn sprokie, die ligging en natuurskoon wat uitkyk oor die hele Boland se wynlande.  Die mooiste plek en bou strukture.

Ons was in die hartjie van die Boland, maar dit gevoel of ons in Frankryk is met die gevoel van die venue.

Die troudekor was baie formeel en modern.  Goud en swart items was saam die helder kleure van die blomme ingebring as die styl wat ons wou gehad het.  Baie minimalisties maar steeds stylvol.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dit is die belangrikste dag en mens wil so graag hê alles moet perfek wees.  Dit is baie belangrik om die mense wat die dag van begin tot einde saam jou deel.  Baie mooi te kies.  Die gevolg speel baie groot rol in die dag.

Besluit alles saam en kies dinge saam dit maak alles van die dag net meer spesiaal.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek het as bruid vooraf klomp lysies opgestel en aan al die nodige partye van fotograaf tot platejoggies deurgegee.  Ons koördineerder het seker gemaak alles verloop vlot die aand.  Daar was nie een enkele dingetjie wat skeef geloop het nie.  Dit was soos ʼn sprokie wat ons nie wou gehad moet verby gaan nie.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op die Liedjie – Somerson van Appel, ons het vir een dansles voor die troue gegaan.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]