Glynn & Natasha se Formele Troue

Met opgewondenheid deel ons Glynn en Natasha se formele troue by ʼn luukse en moderne trou venue in Muldersdrift, Gauteng.  Hierdie lieflike ligging was perfek vir die paartjie se visie vir hul droom troue.  Hulle seremonie in die glas kapel omring deur die mooi natuurskoon is skouspelagtig.

Hier by Mooi Troues is absoluut mal oor die pragtige pragtige blomme boog wat die fokus punt was tydens die seremonie.  Bekroonde trou dekor en -blom stilis, Zavion Kotze Events Company was verantwoordelik vir hul blomme.  Ons hou baie van die formele gevoel van die paartjie se onthaal.  Die spierwit tafels met swart elemente is besonders mooi.  Dekor is ‘n hoof aspek van ‘n troue en om altyd klassiek en elegant te bly, maak gebruik van swart en wit trou dekor.   Die vierkantige tafels maak dit ook maklik vir gaste om gesellig te gesels.  As jy ʼn professionele maatskappy gebruik soos  Zavion Kotze Events Company, sal julle in goeie hande wees en ʼn stresvrye trou ervaring hê.

Hulle het hul gaste verras met ʼn opvoering van Steve Hoffmeyer.  Rol af om meer te lees oor Glynn en Natasha se formele troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Van werk kollegas, tot beste vriende en nou die mees gelukkigste paartjie.  Ons het ontmoet toe Glynn na Johannesburg toe getrek het, en by die maatskappy se kantoor aansluit het.  Van daar af het ons meer tyd saam mekaar spandeer, van koffies na werk tot kuiers saam vriende en familie.

Dit was nie lank voordat Glynn besef het hy kon nie langer sonder my lewe nie 😉 … Maar ons het al twee geweet ons wil met mekaar trou, so toe doen ons dinge bietjie anders.

Ons het klaar ʼn venue en datum gehad voordat Glynn gevra het om te trou.  Ons verlowing was ook iets anders, aangesien Glynn ligamente in sy knieg geskeur het en nie af kon gaan op een knieg nie.  Glynn het my verras met vriende en familie by die huis een aand en my gevra om te trou.  Glynn het wel later op een knieg af gegaan toe sy knieg beter was.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het in September verloof geraak en die volgende jaar Mei getrou.  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie, en Tash het al die beplanning self gedoen.

Trou Begroting:


Ons het nie ʼn begroting gehad nie en het 130 gaste by die troue gehad.  Trou is duur, maar moet nie skimp op ʼn ordentlike fotograaf en videograaf nie – dis herinneringe wat jy altyd kan na toe terug gaan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Glynn:

Die oomblik toe Tash by die trappe afloop in die kansel in … WOW!

Vir Tash:

Die oomblik toe ek vir Glynn daar sien staan en vir my wag … en huil 😉

Die Besluitnemingsproses:


Gelukkig is albei van ons se smaak baie dieselfde, so dit was maklik vir ons om saam die finale besluite te neem.  Vriende en familie was nie baie betrokke met ons besluitneming nie.

Paartjie se styl:


Streng formeel, swart das styl.  Ons wou ʼn baie moderne, formele troue gehad het, en ons gaste ʼn kans gee om op hulle beste te lyk.

Gunsteling Diensverskaffers:


Steve Hofmeyr se optrede was definitief ons gunsteling.

Maar die volgende diensverskaffers was fantasties en sal hulle enige tyd aanbeveel:

  • Mighty Fine (fotograaf en videograaf)
  • Infinity Times Infinity (platejoggie & atmosfeer beligting)
  • Ubella (grimering)
  • Lakin Hair
  • Andrew Draper (sjef)

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die dames:

Dis julle dag, so doen dinge soos JY dinge wil doen, al stem ander nie saam met jou nie.

Vir die kêrels:

Die eerste stap van ʼn goeie getroude lewe is om nou al te leer “ja lief” sê, lol.

Op die einde van die dag, gaan dinge gaan soos dit moet gaan. So geniet net elke oomblik van beplanning tot julle trou dag.

Venue & Dekor:


Tash was nog altyd verlief op Inimitable Wedding Venue se ligging, so dit was maklik om ons “eenvoudig, dog betekenisvol” idees uit te dra.  Idees het meestal van Pinterest af gekom.

Eerste Dans:


Ons het op Steve Hofmeyr se Amanda ons eerste dans gedoen, wat regstreeks gesing was deur Steve homself.

Alhoewel ons vir twee danslesse gegaan het, net om die basiese stappe te leer, het ons finaal besluit om ʼn stadige wals gedoen om in te pas by die liedjie.

Vermaak:


Steve Hofmeyr het op getree as ‘n verassing vir ons gaste.  Infinity Times Infinity was ons platejoggie vir die aand.

Wittebrood:


Ons het ʼn huis gekoop (wat op die dag van ons troue geregistreer het), so ons het besluit om op wittebrood te gaan vir ons eerste huweliksherdenking.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]