Nicus & Delia se Troue buite Baardskeerdersbos

In die inskrywing deel ons Nicus eb Delia se troue buite Baardskeerdersbos by Murasie.  Hierdie pragtige trou venue is geleë op ʼn werkende melkplaas buitekant Baardskeerdersbos in die Overberg distrik.   Die perfekte ligging vir paartjies opsoek na ʼn moderne trou venue op ʼn plaas.

Nicus en Delia het die mooiste seremonie gehad onder ʼn massiewe Eikeboom by Murasie, die perfekte plek vir ʼn buitelug seremonie.  Omring deur die toe gegroeide groen bome en die prentjie mooi natuurskoon van die ligging.

Murasie se glaskas trou venue met panoramiese uitsigte oor die dam en berge is uitsonderlik mooi.  Delia en Nicus het gegaan vir ʼn meer eenvoudige dekor styl, met verskillende Protea blomme in lang glas potte op die ligte rou hout tafels skep die perfekte balans.  Daar was twee lang tafels gewees en ʼn lekker groot dansvloer in die middel van die onthaal lokaal.  Die deurskynende stoele bring weer die moderne element in, wat perfek pas by die moderne gevoel van die trou venue.  Hul drie laag troukoek het ook ʼn Protea opgehad om in te pas by die hele tema.   Al die elemente het perfek bymekaar gekom en dit was omtrent ʼn lekker gesellige kuier saam met familie en vriende.

Hulle fotosessie langs die plaasdam tussen die droë gras veld is só pragtig.

Rol af om meer te lees oor Nicus en Delia se Troue buite Baardskeerdersbos by Murasie en ook hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Soos ʼn regte Universiteits liefdes verhaal het Nicus en Delia mekaar op Stellenbosch ontmoet en so het hulle liefdes reis begin.  Na universiteit het Nicus in Gauteng begin werk en Delia in die Kaap.  Op 2 April 2021 het Nicus vir Delia op ʼn wynplaas verras, op een knie gegaan en die groot vraag gevra.

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowings tydperk was 8 maande.  Met hulp van albei families, het ons die troue self beplan.

Trou Begroting:


R160 000 – Daar was vooraf ʼn begroting opgestel as ʼn riglyn vir spandering en die paartjie het mooi daarby gehou.  Daar was 110 gaste. Besluit vooraf wat belangrik is en waarop julle geld wil spandeer en wat minder belangrik is op die dag.

Merkwaardigste Oomblikke:


Delia:

Om met my beste maatjie te kan trou in die buite lug, onder die bome.  Dit was ʼn perfekte oomblik in dié mooi omgewing.

Nicus:

Om Delia uiteindelik in die padjie te sien afloop en om te sien hoe alles perfek bymekaar kom op ons spesiale dag.

Die Besluitnemingsproses:


Meeste besluite was ʼn span poging, maar dit wat vir elke party die belangrikste was, het hulle die meeste insette oor gelewer.

Familie en gevolge het idees bygedra, maar finale keuse is deur die bruidspaar gemaak.

Paartjie se styl:


Daar was nie ʼn spesifieke styl nie.  Die paartjie het saam na ringe gaan kyk en mekaar toe vryheid gegee om die finale ontwerp te kies en verrassing te hou.

Delia was oop vir enige styl trourok en het aangepas tot sy “dié een” gevind het.  Dit was altyd Nicus se droom om ʼn vlootblou pak te dra.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


In ons opinie het ons die perfekte troue vir ons gehad.  Daar was klein goedjies wat nie 100% op tyd/perfek verloop het nie, maar dit het niks van die dag weggevat nie.

Omdat ons baie self gedoen het, het ons vooraf besluit dat dit wat gedoen is teen die Vrydagaand is gedoen en dit wat ons gemis het as ons Saterdag opstaan is nie belangrik genoeg om oor te bekommer nie.

Ons kon dalk meer delegeer voor die dag, maar die dag self was ʼn strokiesverhaal.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Pas baie rokke aan, maar slegs die wat jy kan bekostig.  Oorweeg tweedehandse trourokke.  Moet nie jou troue self beplan nie.  Steun op jou verloofde (dis sy troue ook) en vra raad by familie en vriende.

Vra jou diensverskaffers vir raad.  Hulle weet wat werk.  Moet nie strooimeisierokke te laat beplan nie.

Bruidegom:

Maak seker jy gee genoeg om en stel belang, dis jou troue ook.  As jy wil huil, huil!

Beide:

Delegeer vooraf aan jou familie en gevolg.  Hulle wil help.  Gee nodige reëlings en tydlyne vooraf deur.

Venue & Dekor:


Die venue het by die begroting gepas en toe ons daar kom, het dit ons asems weggeslaan.  Albei van ons het net geweet dis waar ons wil trou.

Ons wou iets eenvoudig hê wat die venue sal komplimenteer.  Ons is beide mal oor proteas en kerse.  Proteas is vir ons die perfekte balans tussen skoonheid en rustiek.  Dit bind ook in by die diamant op Delia se ring wat in ʼn Protea stelling geset is.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dis ʼn baie moeilik keuse, want almal was ongelooflik, maar ons fotograaf/Videograaf het uitgestaan.  Hulle produk is top kwaliteit en hulle raad en leiding het vir ons baie berusting/rustigheid gegee.

Die venue, Murasie, was ook ongelooflik en hulle het selfs op die laaste minuut planne verander om seker te maak ons dag is perfek.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op “Banks” deur Needtobreathe.  Dié liedjie is vir ons baie kosbaar en vertel van hoe mens mekaar in ʼn verhouding ondersteun en lei sonder om mekaar terug te hou in die lewe.

Ons het slegs eenkeer voor die troue spontaan op die liedjie gedans.  Beide van ons is lief vir dans en wou net ʼn natuurlike en intieme oomblik hê.

Wittebrood:


Bruidegom het die wittebrood beplan as ʼn verrassing vir die bruid.  Die wittebrood was ʼn toer deur die Tuinroete.

Ons wou graag iets in Suid-Afrika doen. Eerstens omdat Covid reëls en grendeltydperk nog onvoorspelbaar was, maar ook omdat ons voel daar is só baie wat ons nog in Suid Afrika wil sien en doen.

Dit het ons ook die geleentheid gegee om rustig te wees en ordentlike te rus na ons troue, sonder om te stres oor vlugte en om ʼn nuwe land te verken.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]