Met soveel opgewondenheid deel ons Renier en Mikayla se verlowing in Kaapstad Middestad met julle op Mooi Troues. Die paartjie se verlowing fotosessie is soos iets van uit ʼn glans mode tydskrif. Hulle uitrustings en die argitektuur van Kaapstad se ou geboue as agtergrond is besonders mooi.
Die rede agter die paartjie se verlowing fotosessie is om hul fotograaf beter te leer ken. Dit is een van die hoof redes hoekom paartjies ʼn verlowing fotosessie doen. Wat is ʼn beter manier om jul trou fotograaf beter te leer ken as tydens ʼn verlowing fotosessie?
Gedurende ʼn verlowing fotosessie stel dit paartjies in staat om julle trou fotograaf se styl van foto’s naam te verstaan. Dit sluit in poseer tegnieke, grappies en julle trou fotograaf se persoonlikheid in algemeen. Julle sal ook soveel meer gemaklik voel voor die kamera op jul troudag. As julle nog nie ʼn trou fotograaf het nie, besoek Mooi Troues se Trougids vir baie oulike trou fotograwe.
Ons is gek oor Mikayla en Renier se verlowing fotosessie in die middestad van Kaapstad. Die fotosessie lyk of dit iewers in Europa was. Mikayla vertel dat die fotosessie se tema en gevoel is nie ver af van hul idee vir hul troudag nie. Rol af om meer te lees oor die paartjies se liefdesreis en meer mooi foto’s van hulle verlowing fotosessie te sien.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Liefde met die eerste oogopslag by die goeie ou Speak Easy kroeg in Durbanville en wel, die res was geskiedenis. Ons was 3 jaar verloof voordat ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
WOW, WAT ʼn VERRASSING
Teen my (Mikayla) se onwetende wil het Renier besluit dit is tyd vir ʼn vakansie in die Karoo op ʼn skaapplaas. Arme ek, tipiese Engelse meisie van die stad wat absoluut niks van die Karoo af geweet het nie en nóg minder van skape was lus vir ʼn avontuur.
Die naweek se pak en ry het redelik normaal gelyk en ek het absoluut niks agterdogtig gedink nie. Soos die naweek ontvou het, het Renier besluit om my vir ʼn rit te vat om my meer te leer oor skaapboerdery en wat hulle eet ens. Aangesien daar nie veel is om te doen in die Karoo nie, het ek gedink dis beter as niks – haha!
So, daar is ons in die middel van nêrens met niks anders as voëls wat om ons kwetter nie. Dit het gelyk na ʼn perfekte geleentheid om ʼn foto te neem, op Renier se versoek kan ek byvoeg.
Dit was effens uit Renier se karakter, maar omdat ek die stedelike meisie is wat ek is, het ek opgewonde geraak. Voordat ek dit geweet het, het hy met trane in sy oë na my gedraai en en my gevra om met hom te trou.
Alhoewel dit dalk nie was hoe ek my “droom verlowing” voorgestel het nie, was dit meer as perfek en só gepas vir so ʼn spesiale geleentheid. So perfek deur gedink en so spesiaal.
Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskap van Renier is sy sagte, vriendelike, warm hart. Daar is soveel wat jy van iemand lief jry soos jy hulle leer ken, maar hul hart is net een van daardie dinge waarmee jy jy verlief raak.
Renier is mal oor Mikayla se oog vir detail en die liefdestaal van tyd. Met alles wat daar in die lewe is, kan jy nooit terug gaan in tyd nie. Mikayla sal haar laaste minuut gee aan almal vir wie sy lief is om seker te maak hulle voel geliefd, ondersteund en versorg.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Twee jaar
Die verloofring:
ʼn Klassieke Ovaal solitaire met double cat claws in geelgoud was ʼn groot verrassing vir die bruid.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Om ons trou fotograaf te leer ken en haar ʼn gevoel te gee vir die tipe paartjie wat ons is. Ek is baie lief vir fotografie en mode, dit is een manier om my liefde daarvoor ten toon te stel.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Vintage, swart en wit, Vogue was my inspirasie wat nie ver van my inspirasie vir my troue is nie. Dit is so my styl en die ligging in die middel van Kaapstad met die pragtige stedelike omgewing kan nie meer gepas wees nie.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
My verwagtinge is om die verlowing tydperk en trou beplanning proses te geniet en die spesiale hartroerende tydperk te geniet. My vrese is dat ek nie oor dinge sal kan besluit nie, want ek kan besluiteloos wees.
Visie vir droomtroue:
VOGUE, klassiek, tydloos en elegant is al die woorde wat in gedagte kom wanneer ons dink aan ons troue.
- Fotograaf: LORA Photography
- Verloofring: Ring Artisian