Ons is opgewonde om Max en Claudia se verlowing fotosessie op Clifton Strand met ons lesers te deel. Hierdie pragtige paartjie het die mooiste strand verlowing fotosessie gehad. Die sagte sonsak lig en die prentjie mooi strand as agtergrond is ʼn wen kombinasie vir ʼn romantiese verlowing fotosessie.
Claudia en Max het albei sagte blou skakering uitrustings aangehad wat perfek ingepas het by die strand tema van hulle verlowing fotosessie. Wanneer julle ʼn verlowing fotosessie beplan, maak seker julle uitrustings pas mooi bymekaar en dit weerspieël die gevoel wat julle wil skep met jul verlowing fotosessie.
Ons is totaal en al verlief op Claudia se fyn verloofring, dit pas perfek op haar hand. Opsoek na ʼn fantastiese juwelier om jou verloofring te ontwerp? Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids vir professionele trou juweliers wat jou droom verloofring kan ontwerp.
ʼn Verlowing fotosessie is só belangrik en ons sal dit altyd aanraai. Jy kan die foto’s gebruik vir julle trou uitnodiging of trou webtuiste. As julle nie dit wil doen nie, gebruik dan die geleedheid om jul trou fotograaf beter te leer ken. Julle sal ook minder stres hê voor die kamer op jul troudag, omdat julle klaar geoefen is voor die kamera tydens julle verlowing fotosessie.
Rol af om meer te lees oor Max en Claudia se liefdesreis as paartjie en die mooiste foto’s van hulle verlowing fotosessie op Clifton Strand te sien.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het in 2019 mekaar vinnig ontmoet by ʼn kerk geleentheid. Max het my met my kom gesels, maar sonder om eens my naam te vra en snedige opmerkings gemaak oor wat ek studeer. Ons altwee is ingenieurs, maar die een is mos altyd beter as die ander.
Max het darem ʼn indruk op my gemaak, al was dit nie die beste een nie. Toe ons weer ontmoet in 2021 kon ek baie mooi die ou en sy opmerkings onthou. Ons het in dieselfde kringe begin beweeg en ek wou ek aanvanklik nie wys dat sy besonderse aantreklike oë en unieke persoonlikheid eintlik my aandag trek nie.
Vriende en familie het wel vir albei van ons dit duidelik gemaak dat hulle dink hier is potensiaal. Na dat ons altwee op ons beurt moes skimp en nooi vir kuier en selfs na ʼn eerste “dit is nie ʼn afspraak nie” maar die afspraak het ʼn mooi verhouding ontwikkel.
Ons het baie vinnig besef wat ons in mekaar raaksien en hals-oor-kop verlief geraak. Ons het na ʼn jaar van uitgaan besluit om verloof te raak, want ons het geweet ons het ons maatjie gevind.
Die groot vraag:
Ons het verloof geraak in Tulbagh in Tweejongegezellen Wynplaas se kelder op 6 Augustus 2022. Max het vir ons ʼn sjampanje proe op die plaas gereël en toe het die kelnerin gemaak asof ʼn kelder toer deel van die proe sessie is.
Hulle het baie romanties die kelder vol kerse gepak en Max het my in ʼn kelder vol sjampanje gevra om met hom te trou. Dit was uniek en spesiaal.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Claudia:
Max het vir my die mooiste hart. Dit is eintlik snaaks, want alles wat hy doen waarvan ek hou kom terug na sy mooi en opregte hart toe. Hy het ʼn hart vir mense en gesonde verhoudings en hy kies altyd om die minste te wees. Max is ook baie spontaan en altyd reg vir enige iets wat hom natuurlik die lekkerste maatjie vir enige avontuur maak.
Max:
Claudia se dryf om te doen wat sy wil en moet doen en om ander daarmee aan te moedig. Dit inspireer my.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om vir 6 maande verloof te wees. Ons trou 11 Maart 2023 by Artelier in Hartbeespoort.
Die verloofring:
Max het ʼn goeie idee gehad van wat ek hou, baie fyn en tydloos. Hy het toe self besluit op die ontwerp. Carlo Hayes het die ring ontwerp en gemaak. Ons is ongelooflik gelukkig met die diens en kwaliteit van Carlo se werk sal hulle 100% vir enige iemand voorstel.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons lief Megan en wou nog altyd saam haar ʼn fotosessie doen. So dit was die perfekte verskoning. Wil graag die foto’s vir ons huis en uitnodigings gebruik.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons is ook baie lief vir die Kaap (woon in Pretoria) en wou van die geleentheid in die Kaap op die strand gebruik maak. Max se oorspronklike plan vir ons verlowing was om op die strand met sonsondergang my te vra – die weer was wel daai naweek baie onvoorspelbaar soos die Kaap kan wees. So, die sessie op die strand was amper soos ʼn tweede kans op daai prentjies wat hy gehad het.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Sjoe, ons vrees is dat dit te vinnig verby gaan. Ons wil graag elke oomblik inneem en geniet en mekaar geniet in die tydperk. Albei van ons hoop om al hoe na mekaar toe te groei in die tyd en om ook goeie vaste en gesonde familie en vriendskap verhoudings saam as ʼn paartjie aan te hou ontwikkel.
Visie vir droomtroue:
Ons droom troue moet uniek tot ons en ons verhouding wees en primêr ons liefde vir mekaar en die Here se liefde vir ons uitbeeld. Wil graag elke oomblik geniet en van deel wees. Ons wil ook graag dit ʼn feesviering maak van ons naaste familie en vriendskap verhoudings.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ray Photograpy
- Fotosessie Venue: Clifton 4th Beach
- Verloofring: Carlo Hayes Diamonds