Ons deel graag Dehan en Annemie se karnaval verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers. Die paartjie het besluit om ʼn prettige verlowing fotosessie te doen by ʼn karnaval in Pretoria. Wat ʼn oulike en unieke idee vir ʼn verlowing fotosessie. Daar is soveel redes hoekom paartjie ʼn verlowing fotosessie wil doen.
ʼn Verlowing fotosessie moet pret wees en Annemie en Dehan het hulle verlowing fotosessie by die plaaslike karnaval gate uit geniet. Daar is net ʼn prettige energie as mens by ʼn karnaval is. Die geluide van die verskillende speletjies, kleure en dan die reuke van die lekkernye. Alles saam speel ʼn rol om die perfekte karnaval gevoel te bied. Hierdie paartjie se fotosessie is gevul met baie glimlagte en sommer baie pret!
ʼn Verlowing fotosessie is die perfekte geleentheid vir paartjies om meer gemaklik te raak met hul trou fotograaf. Dit gee paartjie ook die geleentheid om self as ʼn paartjie meer gemaklik te raak voor die kamera. Dit kan nogal stresvol wees as iemand heeltyd met ʼn kamera in jou spasie is, veral as mens nie gewoond is daaraan nie. Op julle troudag wil jy definitief nie onnodig gestres wees oor jou spesiale dag se foto’s nie. Daarom raai ons aan dat julle ʼn verlowing fotosessie doen en sommer daardie stres wegbêre vir jul troudag.
As julle besig is om jul troue te beplan en opsoek is na fantastiese trou fotograwe, besoek gerus Mooi Troues se Trougids. Ons aanlyn trougids is propvol fantastiese trou fotograwe wat jou verlowing fotosessie stresvry sal laat wees.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons eerste ontmoeting was in die Crossfit Gimnasium. Die eerste keer wat Dehan my gesien het, het ek onderstebo teen ʼn muur gestaan!.
Die groot vraag:
Ons verlowing was die perfekte flop! Ek het vermoed dat hy my 16 Desember by die see sou vra. My familie het my baie gedwing om my naels te laat doen voor ons vlieg! Die 4de Desember het ʼn fotograaf-vriendin my gevra of ek vir haar ʼn gestileerde fotosessie sal doen. Dit het gestorm reën en dit was pikdonker!. Ek en Dehan was sopnat. Hy het my in middel van ʼn donderstorm gevra om te trou!
Hoekom ons mekaar liefhet:
Ek is verlief op die sagte persoonlikheid en geduld wat Dehan het. Hy laat my wêreld ook meer kalm voel.
Ek is mal oor die manier wat haar perfeksionisme haar beheer! Haar passie vir mense en kinders is baie spesiaal.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons was 10 maande verloof voor ons getrou het.
Die verloofring:
Die bruid het ʼn styl gekies waarvan sy hou. Dehan het uit sy eie vir my ring ʼn “hidden halo” gekies en ek kon dit nie beter kies nie.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Dehan het ʼn fotograaf gereël vir die dag wat ons verloof geraak het, maar as gevolg van die swaer reën kon ons geen mooi foto’s kry nie. Daarom het die fotograaf vir ons ʼn fotosessie oor gedoen.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ek wou bitter graag iets anders doen vir ons troudag. Nie net dieselfde as al die boeke op die oomblik nie. Toe besluit ek om ook met die verlowings fotosessie anders te wees as om net in ʼn veld of op die strand foto’s te neem.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ek kan eerlik sê dat daar geen vrese was nie. Ons was regtig gelukkig en geseënd met alles wat glad verloop het.
Visie vir droomtroue:
Verkieslik nie weer donderstorms nie. Ons sal graag ʼn kalm dag wil hê en onthou om alles in te neem.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Fijn photography
- Fotosessie Venue: Carnival @Grove mall
- Verloofring: Poggenpoel