Met opgewondenheid deel ons Gawie en Luané se verlowing fotosessie saam met hul diere met julle op Mooi Troues. Gawie het vir Luané die groot vraag gevra terwyl hul perd gery het op die strand. Dit is nogal ʼn romantiese manier om iemand só ʼn groot en spesiale vraag te vra. Hierdie paartjie se verlowing fotosessie is een wat jy nie moet mis nie.
As jy ʼn diereliefhebber is en hou van die plaaslewe sal jy baie hou van die paartjie se verlowing fotosessie. Luané en Gawie het besluit om hulle verlowing fotosessie by hul huis in Port Elizabeth te doen en hulle geliefde diere deel te maak daarvan.
Dit is altyd ʼn baie oulike idee om ʼn verlowing fotosessie te doen waar julle as paartjie gemaklik is. ʼn Verlowing fotosessie is soveel meer as net nóg ʼn fotosessie. Dit is ʼn geleentheid om jou trou fotograaf beter te leer ken. Om meer gemaklik te raak voor die kamera as ʼn verloofde paartjie, sodat julle nie onnodig stres op jul troudag nie. As julle nog nie ʼn trou fotograaf het nie, vind een in Mooi Troues se aanlyn trougids.
Ons is dol verlief op die paartjie se fotosessie. Die sagte sonlig skep só ʼn romantiese gevoel. Dan is daar die pragtige plaas landskappe wat as agtergrond dien van die fotosessie. Mens kon nie vir ʼn meer perfekte ligging gevra het nie. Luané en Gawie se diere wat deel vorm van die paartjie se verlowing foto’s is iets besonders en baie oulik. Jy kan sien die paartjie asook hulle diere het dit omtrent baie geniet en was op hulle gemak gewees.
Rol af om meer te lees oor Gawie en Luané se verlowing fotosessie saam met hul diere en ook hul liefdesreis as paartjie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ek ken sy sussie al 10 jaar vriende. Dit was my 3de Jaar op Grootfontein. Ek het nog nooit haar boetie ontmoet nie, maar geweet sy het ʼn boetie.
In November 2021 op haar troue in Hanover, toe ontmoet ek vir Gawie. Daar was ʼn redelike mis-kommunikasie. Ek het vir Corlia gevra of Gawie sal ja sê as ek hom vra om te dans. Hy vra toe vir Corlia wanneer gaan sy ons voorstel aanmekaar. Sy sê toe vir hom dat ek hom gaan vra om te dans en hy moet net wag.
So staan hy by die kroeg, en ek besluit toe om hom te vra om te dans, aangesien hy my nie kom vra nie. Na die eerste keer om die dansvloer sê hy dat hy wil my graag beter leer ken. So indirek het ek die eerste stap gevat om my beter te leer ken. Ek het melk-bokkies verkoop in Desember en Gawie doen toe ʼn reis na my toe. Aan die voet van die Drakensberge vra hy my toe of ek sy meisie sal wees. Ons het 5 maande uitgegaan toe hy my gevra het om te trou.
Die groot vraag:
Ek en Gawie het 1 Mei 2022 gaan perdry op die strand by Maitland, Port Elizabeth. Ek het van niks geweet nie, of iets vermoed nie. Gawie het met Corlia en Donald (haar man) gereël om deur te kom Port Elizabeth toe vanaf Hanover.
Hulle het toe alles op die strand reg gekry. Terwyl ons ry met die perde is Gawie op sy foon besig om alles te reël. Ek baklei toe nog met hom omdat hy op sy foon is hahaha. Die volgende oomblik draai hy weg van die water af en sê ons moet bietjie inry na die duine se kant toe, daar op die grond staan daar toe met skulpe en klippe gepak trou met my, en toe vra Gawie my om te trou so terwyl ons nog op die perde is.
Dit was verskriklik spesiaal.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Gawie:
Sy is netjies, eerlik, hardwerkend en verskriklik passievol. En boonop nog een van die mooiste vrouens wat lewe.
Luané:
Hy is die positiefste mens wat ek ken, hy is so hardwerkend en is altyd vriendelik. Ek is bitter trots op hom en hoe ver hy al gekom het in sy lewe. Hy laat my voel dat hy altyd in beheer is en ek kan hom vertrou. Hy hou van praat en gesels. My gunsteling deel van hom is hoe lief hy my het!
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons het die 3de Desember 2022 getrou, dus gaan ons 7 maande verloof toe ons trou.
Die verloofring:
Ek het van niks geweet nie. Hy het so nou en dan gevra waarvan ek hou. Die ring was sy ouma sin, daar was 3 diamante in, elke kind het een gekry. Hy het toe my ringetjie laat maak met sy diamant. Dit is presies wat ek wou hê.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag mooi foto’s hê van ons en ons wou dit gehad het vir die trou uitnodigings.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Gemaklik. Ons wou net wees waar ons op ons gelukkigste is. Dit is tussen ons diere, honde en die natuur en by mekaar.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Of ons alles betyds gereël gaan kry. Ons troue is ʼn eenvoudige plaastroue en ons moet alles self reël en doen.
Visie vir droomtroue:
ʼn Lekker warm, plaastroue. In die natuur saam met ons honde en al ons naaste mense. Ons wil lekker dans, kuier en lag op daai dag en dit net geniet!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Paula Adams Photography
- Fotosessie Venue: Luané – my huis in Port Elizabeth
- Verloofring: Heathorns Diamonds and Gold, Bloemfontein