Ons deel met opgewondenheid met julle Ruan en Monique se troue in Stellenbosch op Mooi Troues. Die paartjie se droom was nog altyd om ʼn wynland troue te hê en dit is bewaarheid. Hulle het ʼn pragtige wynland troue gehad by ʼn trou venue in Stellenbosch. ʼn Prentjie mooi buitelig seremonie was gepas en die weer was net perfek daarvoor, omring deur pragtige groenigheid en die mooi versorgde groen tuine.
Heerlike vingerhappies en drankies was na die seremonie bedien onder die bome op die groot grasperk. Gaste het hulself gate uitgeniet deur met mekaar te gesels en speletjies te speel op die grasperk. Dit is altyd ʼn oulike idee om gaste besig te hou gedurende die paartjie se fotosessie.
Die trou venue se wit mure, dubbel volume dak met die donker rou hout balke het die perfekte basis gegee vir die paartjie se trou dekor. Donker hout tafels met wit dekor elemente het die perfekte kontras geskep. Wit kerse het ʼn romantiese gevoel gegee aan die tafels. Twee lang tafels was opgestel vir die trou gaste en die paartjie het hulle eie tafel gehad in die middel van die twee tafels, so was hulle in die middel van alles.
Southern Sound was die paartjie se platejoggie en het seker gemaak gaste geniet die partytjie ten volle. Die paartjie het omtrent ʼn heerlike bruilofsfees gehad saam met familie en vriende.
Dit is nie waar dit stop nie. Monique en Ruan het ʼn heerlike wittebrood gehad na Zanzibar.
Lees meer oor Ruan en Monique se troue in Stellenbosch hieronder en so ook hulle liefdesreis en advies aan ander paartjies.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar ontmoet by ʼn restaurant in Stellenbosch to ek nog daar studeer het. Ruan het hard probeer om ʼn tweede bymekaarkoms te reël maar ek was so bietjie besig op daardie stadium met my studies.
Op my verjaarsdag (Seker so 3 weke na ons eerste ontmoeting) het ek vir Ruan raak geloop by daardie selfde restaurant. Ons het begin gesels en saam gedans en daarna het ons elke naweek saam spandeer tot dat ons besluit het ons is ʼn paartjie.
Ruan het my gevra, die dag voor Valentynsdag, 14 Februarie 2021. Ons woon op Lourensford Landgoed en Ruan se kantoor is ook op die plaas. Hy ken die area en die berge goed. Toe ons ontmoet het, het hy my na ʼn baie spesiale plek geneem, waarheen hy altyd sal gaan om sy kop skoon te maak. Ek het vir hom later gesê dat ek in daardie oomblik geweet het ek wil met hom trou.
Dit is hierdie selfde plek waar ons 14 Februarie vroeg die berg gaan uitklim het om die sonsopkoms te waardeer. Ruan het vir my, my Valentynsdag geskenk gegee. Dit was ʼn koker, toe ek die plakkaat aan die binnekant uithaal was dit ʼn foto van die sterre hemel op die dag wat ons mekaar in daardie restaurant raak geloop het en alles verander het. Op dit het gestaan: “The day our stars aligned”, en onder dit, “Will you Marry Me”. Ek het opgekyk en hy was op een knie met die ring van my drome. Ek het met soveel trane in my oë ja gesê! Dié plakkaat hang tans in ons sitkamer.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was verloof vanaf 14 Februarie 2021 tot 30 April 2022 toe ons getrou het. Ons het ons troue alleen beplan en het elke oomblik daarvan geniet!
Merkwaardigste Oomblikke:
Bruidegom – die ‘first look’.
Bruid – die oomblik wat ek aan my pa se sy gestap het na my toekomstige man. Ek het nog nooit in my lewe so ʼn mengelmoes van emosies ervaar nie! ‘What a rollercoaster ride!’
Gunsteling Diensverskaffers:
Eerlikwaar, gebaseer op die aantal komplimente wat ons gekry het – ons dominee was puik gewees! Selfs ons diensverskaffers het vir ons gesê die dominee was uitstekend! Maar ongelukkig is hy ʼn kennis en is nie beskikbaar vir bespreking deur die publiek nie.
Tweedens sal ons ons platejoggie, Southern Sound, ons fotograwe, Boland Weddings en die dame wat ons trou koek gepak het, Le Petit Four enige dag-en-nag aanbeveel vir enige paartjie! (Jammer ons kon nie een uitsonder nie maar, maar eerlikwaar, ons het die beste span mense gehad wat ons troue die perfekste dag ooit gemaak het!).
Die Besluitnemingsproses:
Ons het besluit dat ons alleenlik besluite oor ons troue sal neem en dat ons raad sal vra van vriende en familie wanneer ons dit nodig het. Ons familie en vriende het ons besluit gerespekteer, wat die proses baie maklik en aangenaam gemaak het! Ek en my verloofde het alles saam besluite en bespreek vooraf.
Paartjie se styl:
Ek sou ons styl beskryf as tydloos en elegant. Ons is nie van nature ‘over the top’ mense nie en ek voel dit het gereflekteer in ons troue.
My man se troupak was ʼn eenvoudige tradisionele swart pak en wit kragies hemp net ʼn dun swart das en swart skoene.
My trourok het ʼn bietjie meer detail bevat. Ek het nog altyd gedroom van ʼn rok met ʼn asemrowende sleep. My rok se sleep was die fokus punt van die rok, met baie kant en kralewerk detail. Die rok was verder eenvoudig en klassiek, behalwe vir die korset wat ook baie detail bevat het. Wat vir my ook baie uitgestaan het aan die rok was die ‘off shoulders’ moue en die patrone in die vorm van blare op die moue en korset. Ek en my man is albei natuur liefhebbers en wou baie graag natuurlike elemente in ons troue inkorporeer. Dit het my baie gemaklik laat voel om in ʼn rok te trou wat my liefde en hart uitbeeld.
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad, Southern Sound se U-One het ons gaste vermaak met al die goeie treffers wat mense laat dans het (selfs die wat nie so lief is vir dans nie).
Spesiale Tradisies:
Daar was geen tradisies by ons troue nie. Ons het selfs besluit om nie die kousband en blomruiker te gooi nie! Ons het besluit dat die dag ons dag is en dat ons slegs gaan doen waarmee ons gemaklik is.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar ontmoet by ʼn restaurant in Stellenbosch toe ek nog daar studeer het. Ruan het hard probeer om ʼn tweede bymekaarkoms te reël, maar ek was so bietjie besig op daardie stadium met my studies.
Trou Begroting:
Die begroting was nie gekoppel aan ʼn bedrag nie, maar ons het wel besluit dit die troue ons nie tot in skuld moet druk nie. Ons het dus baie kwotasies van baie verskaffers gekry en die goedkoopste gekies, sonder om gehalte prys te gee. Ons het ook baie van ons eie dekor gemaak.
My man is baie kreatief en kon enige voorbeeld wat ek vir hom gegee het vir my maak! Kry iemand (al is dit nie jou man se talent nie) om jou te help met jou dekor. Iemand wat jou visie en smaak verstaan.
Daar was alle onnodige uitgawes uitgesny, insluitend die druk van spyskaarte ens. Ons kon dit self druk en meeste gaste gooi dit weg aan die einde van die dag. Ons het dus baie van ons tyd en energie in die troue gesit, maar kon baie geld spaar en het ʼn baie intieme trou gehad. Ek sal dit weer so doen as ek dit kon oor doen!
Venue & Dekor:
Ons venue het eerlikwaar ons gekies. Ons was baie onseker toe ons begin soek het vir venues. Maar oor en oor het ons venue net ver bo die ander uitgestaan! Dit het alles gehad wat ons ooit van kon droom! Dit het verskeie opsies gehad vir beide die seremonie en onthaal en het geen addisionele kostes of versteekte kostes gehad nie.
Ons wou ook nog altyd in die wynland trou en ons wou graag ʼn trou venue gehad het wat uniek was en nie baie populêr nie. Dus was ons troue nie net ʼn herhaling van soveel ander troues wat my dieselfde venue plaas gevind het nie. Die plaas het ook pragtige ou geboue insluitend die ou Huis en die ou wynkelder en dateer terug na die 1600’s! Dit was ʼn groot plus punt vir ons want ek en my man is mal oor geskiedenis en ou geboue. Die doolhof op die plaas het ook gesorg vir ʼn unieke seremonie area wat ek dink ons gaste verewig sal onthou! Wie kan sê hulle het in ʼn doolhof getrou onder ʼn rank roosbos?!
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ons het die aand voor ons troue besef die tydlyn wat gedruk is vir die gaste, is nie dieselfde as die tydlyn wat ons vir ons verskaffers gegee het nie! Dit het soveel keer verander dat ons so deurmekaar geraak het. Dit het gekos baie vinnig kies watter een ons gaan gebruik en almal in kennis stel!
Verder het die dekor maatskappy van die huur items vergeet, maar het darem gou ʼn plan gemaak om die situasie te red!
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruidegom:
Jy kan nooit te vroeg begin beplan nie! Ons troue was ver vooruit beplan en dit het die spanning soveel minder maak soos die groot dag nader gekom het!
Bruid:
Asseblief geniet dit, dit is ʼn fase en ʼn tydperk in jou lewe wat jy dalk nooit weer mag ervaar nie! Ja dit is stresvol, om met al die verskaffers te werk en soms werk finansies nie uit nie ens. Maar lag dit af vir wat dit is en gaan aan. Onthou jy is nie ʼn trou beplanner nie. Dit is moeilik, veral as die lewe om jou aan gaan en ander verpligtinge nie agter bly nie. ‘There is beauty in the chaos :)’
Wittebrood:
Ons het gekies om Zanzibar toe te gaan vir ons wittebrood! Dit was my man se eerste vlug, so dit was baie spesiaal vir ons! Ons Zanzibar gekies omdat dit naby was, ʼn relatiewe goedkoop eiland vakansie was en omdat daar soveel avonture was! En ons is nie een dag spyt nie! Die mense is so gaaf en die strande beeldskoon! Daar is altyd iets om te doen en ons oord was puik! Van ʼn swim-up bar tot etes in die Masai Village om ʼn egte Tanzanië ervaring na te maak! Ons gaan definitief binnekort terug!
Eerste Dans:
Alhoewel ek en my man glad nie dansers is nie, het ons tog besluit om ʼn eerste dans te doen. Ons liedjie was “Your simply the best“ deur Billianne. Dit was stadig genoeg, maar nie te stadig nie. Ons liedjie keuse het het meestal ook gegaan oor die liedjie waarop ons die gemaklikste kan dans. Dus het ons probeer dans op ʼn groot verskeidenheid van liedjies voor ons op daardie spesifieke een besluit het.
Ons het elke aand ons koffie tafel eenkant toe geskuif en geoefen. Ons het baie YouTube Videos gekyk en onsself geleer! Dit het die dans ook soveel meer spesiaal gemaak want met elke draai en dip het ons sulke goeie herinneringe van die tyd wat ons die dans geoefen het!
- Fotograaf + Videograaf: Boland Weddings
- Platejoggie: Southern Sound
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue + Spyseniering: Weltevreden Estate
- Blomme: Party Decor Hire
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Party Decor Hire + All Things Wedding
- Grimering + Hare: Minke du Plessis Professional Hair and Make-up Artist
- Huweliksbevestiger: Eben Fourie
- Koördineerder: Libby Adams
- Paartjie se verblyf: Weltevreden Estate
- Trourok: The Wedding Boutique
- Trouring: Cape Diamonds + Rithm
- Troukoek: Le Petit Four
- Wittebrood plek: Karafuu beach and spa resort, Zanzibar