Marco & Yvette se Verlowing Fotosessie tussen die Wilde Blomme

Met ʼn groot glimlag deel ons Marco en Yvette se verlowing fotosessie tussen die wilde blomme met julle op Mooi Troues.  Hierdie paartjie se fotosessie is so mooi en bied tonne inspirasie.  As jy onlangs verloof geraak het en julle verlowing fotosessie beplan dan is hierdie fotosessie ʼn oulike idee.  Die paartjie se agtergrond was landskappe gevul met die mooiste wilde blomme.

Wanneer julle ʼn verlowing fotosessie beplan, dink sommer van die begin af oor die ligging en tema.  As jy gedink het aan daardie twee elemente sal jou beplanning bietjie makliker wees.  Probeer lekker gemaklik, maar mooi aantrek.

Bespreek ʼn fotograaf deur ons Trougids te besoek waar jy baie oulike professionele fotograwe sal vind.  ʼn Verlowing fotosessie is die ideale tyd om jou trou fotograaf beter te leer ken.  As jy nog nie besluit het op ʼn trou fotograaf nie, kan jy dit nogsteeds doen.  Bespreek vir jou ʼn fotosessie by jou gunstelling top 3 fotograwe.  Kry ʼn gevoel of jy gemaklik is met hulle en hou van die eindresultaat van die foto’s.  Dit is ook ʼn ander manier om jou trou fotograaf te kies.

Rol af om meer te lees oor Marco en Yvette se verlowing fotosessie tussen die wilde blomme en hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Om ʼn baie lang storie kort te knip!  Ons ken mekaar al vir ongeveer 16 jaar en het deur ʼn skool vriendin ontmoet.  Vir 2 jaar later het ons uit gegaan vir ʼn kort rukkie toe ek in matriek was.  Ons paadjies het 14 jaar later weer gekruis en 8 maande later is ons verloof.

Die groot vraag:


Marco het my verras met ʼn helikopter rit vanaf Jeffreysbaai na St. Francisbaai.  Dis was ʼn verassing, maar die oomblik toe ek my ma en my skoonsuster onder op die strand sien in St. Francisbaai toe weet ek iets is aan die broei.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou die 26ste November 2022 en sal dan 11 maande verloof wees.

Die verloofring:


Ons het gesels oor watter tipe ringe ek van hou en Marco het toe n soortgelyke een laat maak.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Die fotosessie was in ons trou pakket by die fotograaf ingesluit.  Ons het ook gedink dit is ʼn goeie idee vir ons om gemaklik te raak voor die kamera voor ons groot dag, asook om die fotograaf beter te leer ken.

Visie vir droomtroue:


Op die ou einde van die dag gaan dit nie oor al die materialistiese dinge soos dekor, blomme, uitrustings ens. nie,  maar oor twee mense wat ʼn gelofte maak.  Ons idee van ʼn droom troue is om die dag net te geniet saam met familie en vriende.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: