Onderhoud met MODE Weddings

Ons deel graag ons onderhoud-styl inskrywing met Lee-Ann, stigter en eienaar van MODE Weddings op Mooi Troues met ons lesers.  Om ʼn troue te beplan kan baie stresvol wees, maar nie as jy gebruik maak  van ʼn professionele trou beplanner soos MODE Weddings.  Dit is definitief die moeite werd om ʼn trou beplanner en stilis in jou begroting in te sluit.  Jy sal soveel minder stres hê en die hele beplanning proses van julle troudag soveel meer geniet.  Ons verstaan dat nie almal gebruik wil maak van ʼn trou beplanning nie en dit eerder self wil beplan.  Daar is glad nie fout daarmee nie.  Dit is ʼn baie persoonlike besluit en slegs julle as paartjie kan daardie besluit neem.

As jul wel dink daaraan om gebruik te maak van ʼn trou beplanner of stilis vir jul troue, dan moet jy nie hierdie artikel mis nie.  Lee-Ann is passievol oor troues en het jare se ondervinding om paartjies se visie vir hul troue om te sit in ʼn realiteit.  MODE Weddings is gebaseer in Centurion in Gauteng.  As julle beplan om in die Gauteng provinsie te trou, bespreek gerus ʼn konsultasie met Lee-Ann.  Hoe vroeër julle begin met jul trou beplanning, hoe beter.  Mens wil nie wag tot op die laaste minuut nie.

Rol gerus af om meer te lees oor ons onderhoud met Lee-Ann, stigter en eienaar van MODE Weddings hieronder.

Wanneer was MODE Weddings gestig?


Lee is al 16 jaar in die bedryf en het in 2020 besluit om die naam van haar besigheid te verander, van “Styled by Lee” na MODE Weddings.  Sy het gevoel die nuwe naam en styl spreek meer van wie sy is en wat sy wil skep.

Wat was die inspirasie agter MODE Weddings se naam?


“MODE”, in Engels, beteken ‘n manier om styl te dirigeer.  MODE se passie is om jou troue volgens jou persoonlikheid te styl.  Dit is vir hulle baie belangrik dat elke troue uniek lyk, dat dit die bruid en bruidegom se kenmerkende uitdrukking deur alles weerspieël.

Vanwaar kom jou liefde vir troues?


Ek het nog altyd van argitektonies pragtige ruimtes en mooi dekor gehou, van binnehuisversierings tot tafel stilering.  Alles wat ek kon stileer en mooi maak het my hart laat oorloop van vreugde en blydskap.  Die grootste prestasie is wanneer ʼn bruid paartjie tevrede is met die eindresultaat van hul troudag – veral as ek die stilering gedoen het.  Woorde kan skaars die gevoel beskryf as ek sien hoe gelukkig hulle is met wat hulle sien en ervaar.  Dit laat my opnuut opgewonde en passievol raak om deel te wees van die beplanning van hierdie ongelooflike dag.

As jy nie ʼn trou koördineerder was nie, wat sou jy anders wou wees?


Dit is nou ʼn moeilike vraag – ek kan glad dink dat ek enige iets anders kan (en wil) doen nie – maar as ek moet kies, sou ek ʼn argitek wou word.

Verduidelik vir ons lesers presies watter dienste MODE Weddings bied aan paartjies?


Ons hoofdoel en passie is om behulpsaam te wees met die stilering en beplanning van die troue.  Vanaf dag een stap MODE ʼn pad met kliënte – die paartjie se persoonlikhede word in ag geneem en verseker dat hulle unieke eienskappe weerspieël word in elke aspek van die spesiale dag.

Hoe werk dit as paartjies belangstel om MODE Weddings te gebruik as trou koördineerder?


Besoek ons MODE Weddings en volg die skakel om die vraelys te voltooi.  Sodra MODE die vraelys ontvang, sal ʼn Zoom vergadering gereël word.  Dit is egter baie belangrik dat MODE met die paartjie in persoon ook ontmoet.  ʼn Persoonlike ontmoeting verseker dat alle vrae en aspekte bespreek word en ʼn akkurate kosteberaming gedoen kan word.

Watter advies kan MODE Weddings gee aan toekomstige bruide wat dink daaraan om ʼn trou koördineerder te huur?


Jou troudag is een van die belangrikste dae in jou lewe.  Dit belangrik dat die bruidspaar ʼn beplanner kies wat hulle behoeftes, wense en verwagtinge sal verstaan en van hierdie wense en drome ʼn werklikheid maak.  Maak seker dat jou beplanner ervare is en ʼn goeie reputasie in die bedryf het.

Wat is die nuutste tendens wanneer dit kom by trou dekor en troues in die algemeen?


Die nuutste tendens is neutrale kleure en ʼn minimalistiese voorkoms.  Alhoewel ek nie iemand is wat die nuutste tendense slaafs navolg nie, is my advies is om altyd getrou te wees aan wie jy is en wat jou gelukkig maak.  Dra jou wense oor aan jou stilis en gun hulle die geleentheid om jou visie en unieke persoonlikheid aan die nuutste tendense te koppel.

Kontak MODE Weddings:


Besoek MODE Weddings se profiel op Mooi Troues vir meer inligting en om haar te kontak.  Jy kan hul ook volg op Facebook en Instagram om meer te sien van hul vorige werk.

Artikel Krediet: