Agter die skerms met Timeless Bridal Couture

Mooi Troues loer in agter die skerms met Timeless Bridal Couture wat in 2015 deur Wendy van Huyssteen gestig is.  Die beste oomblikke en ervarings in almal se lewens, is onvergeetlik en tydloos!  Hierdie oomblikke bly met jou vir die res van jou lewe en die naam, Timeless Bridal Couture, is geïnspireer deur die feit dat hul hierdie oomblikke vir hulle kliënte wil bied in elke moontlike interaksie in die opbou tot een van die mees onvergeetlike oomblikke van hul lewens, naamlik hul troudag.  Timeless Bridal Couture bied ʼn reeks onvergeetlike trourokke uit van die wêreld se mees bekende ontwerp huise naamlik Essense of Australië, Stella York en Madi Lane Bridal.  Die pragtige studio is geleë in die ooste van Pretoria te 142 Power straat.

Timeless Bridal Couture se beste advies vir toekomstige bruide is om seker te maak dat jy oopkop bly in jou keuses.  Soms vertoon rokke anders aan jou as wat jy gedink het en is dit nodig om alternatiewe style te pas om tot die beste keuse vir jou liggaamsbou en voorkeure uit te kom.  Die belangrikste advies is dat die rok wat jy kies 100% jou eie keuse moet wees en nie deur eksterne partye beïnvloed moet word nie.  Rol af om meer te lees.

2023 Trourok Tendense:


Minimalistiese, klassieke style bly ʼn groot tendens vir 2022/23!  Aan die ander kant, is kant trourokke altyd ʼn tydlose styl wat doodeenvoudig nooit uit die mode gaan nie.  Om meer te lees oor 2022/23 tendense, besoek gerus die toegewyde blad op hul webwerf.

Slegs verkoop van trourokke:


Timeless Bridal Couture verhuur ongelukkig nie trourokke nie.  Die rede waarom ons gekant is daarteen, is omdat dit steeds bitter duur is vir iets waaroor die huurder geen kwaliteit waarborg het nie.  ʼn Trourok is delikaat en nie bedoel om oor en oor gedra en gewas te word nie.  Veral kant rokke se kant kan bleik in die was proses.  Die huurder het geen waarborg oor die kwaliteit nadat ʼn gehuurde rok menige male voor jou eie troudag, uitverhuur is nie.  Dit kan jou op die laaste minuut in ʼn desperate situasie los.  Timeless bied eerder aan kliënte ʼn herverkoop opsie.

Hoe om jou trourok by Timeless Bridal Couture te bestel:


By Timeless Bridal Couture, word ʼn deposito vereis om jou trourok te bestel.  Normaalweg neem dit 4-6 maande vir die rokke om in die land te arriveer.  Wanneer die rok in die land arriveer, is die balans betaalbaar.  Die pas en verstel proses begin 8 weke voor die tyd.  Wanneer die rok is verstelwerk afgehandel is, word die rok die week van die troue opgelaai.  Vir bruide met korter bestel periodes, kan daar na spoedbestellings teen ʼn addisionele koste of voorraad opsies gekyk word.

ʼn Nuwe Aandrok Reeks oppad:


Timeless Bridal Couture het in 2022 begin met ʼn splinternuwe aandrok reeks onder die Timeless Evening Edition reeks.  Dit is reeds ʼn groot sukses en ons sien uit na ons nuwe reeks wat aan die begin van 2023 arriveer!


Timeless Bridal Couture se Kontak Besonderhede:


Die begin punt van die trourok soek proses, is om vir ʼn afspraak te kom.  Alle afsprake kan aanlyn bespreek word op hul webtuiste.   Dit sal ʼn uur en half wees en ʼn toegewyde, ervare trourok konsultant sal jou stelselmatig deur die proses lei tot jy jou droomrok vind!  Volg Timeless Bridal Couture gerus op YouTube, Pinterest, Instagram, en Facebook.

Artikel Krediet:

  • Geskrewe:  Timeless Bridal Couture
  • Foto’s:  Verskaf deur Timeless Bridal Couture