Ons deel graag Ruan en Stacey se oulike paartjie fotosessie op hul vriende se plaas met Mooi Troues se lesers. ʼn Paartjie fotosessie is so ʼn oulike idee wat ons dink meer paartjies moet doen. Hierdie paartjie se fotosessie bied tonne inspirasie vir ander paartjies wat opsoek is na inspirasie.
ʼn Paartjie fotosessie is daar om herinnering vas te vang. Tyd vlieg verby mens en ons almal vergeet om mooi foto’s te neem van die spesiale oomblikke. As julle opsoek is na ʼn oulike aktiwiteit om te doen, bespreek vir julle ʼn fotosessie. Julle kan baie oulike fotograwe vind op Mooi Troues.
Trek vir julle mooi aan en kies ʼn ligging wat julle albei van hou. As julle nie weet waar om te begin nie, begin by die ligging of ʼn tema vir die fotosessie. As julle ʼn tema of ligging het kan julle, jul uitrustings bymekaar sit. Ruan en Stacey se oulike paartjie fotosessie gee julle idees van wat om aan te trek vir jul eie fotosessie. Hou dit so eenvoudig moontlik. Probeer weg bly van te veel geskrewe op klere. Neutrale kleure is altyd ʼn wenner.
Rol af om meer te lees oor Ruan en Stacey se oulike paartjie fotosessie en ook meer oor hul ontmoeting en reise saam as paartjie.
Die eerste ontmoeting:
Ek en Ruan het deur gemeenskaplike vriende mekaar ontmoet op ʼn aand uit in Pretoria. Ons het daardie aand so lekker gesels asof ons mekaar al jare lank ken. Hy het my in dieselfde week op ‘n afspraak gevat en toe begin ons storie saam. Nou ʼn jaar en 5 maande later, kan ons verseker sê ons is nogsteeds so verlief soos die eerste keer wat ons ontmoet het. Ons kan nie wag vir ʼn ewigheid saam nie.
Gunsteling eienskappe van mekaar:
Stacey:
- Ruan is ʼn Godvresende man. Hy is so lief vir Die Here.
- Hy is onvoorwaardelik lief vir al sy vriende en familie.
- Ruan is ʼn hardwerkende man, en gee altyd sy alles in wat hy aanpak.
- Hy het so ʼn goeie sin van humor en maak altyd almal rondom hom lag.
- Hy is ʼn staatmaker.
Ruan:
Eienskappe wat vir my uitstaan is:
- Begrip, omgee, liefde, besorgd, ʼn doener, en die voorbeeld wat sy vir ander stel.
- Sy het ʼn hart soos Jesus. Iemand wat die vrug van die gees daagliks leef en die gawe wat God haar gegee het beoefen.
- Sy maak ʼn verskil waar sy is met haar mooi hart en maak die wêreld ʼn beter plek.
Drome as paartjie:
Ek en Ruan, kan nie wag om die res van ons lewens saam te spandeer nie. Ons beplan verseker om binne die volgende jaar verloof te raak … en nie lank daarna nie te trou.
Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:
- Ons albei hou van fiets ry.
- Stap
- Gaan speel gereeld saam golf.
- Projekte binne en rondom die huis aan te pak.
- Tyd saam familie en vriende te spandeer.
Rede vir die fotosessie:
Ons wou bitter graag professionele foto’s laat neem vir herinneringe. Ons is geneig om vas gevang te word in tyd terwyl ons saam tyd spandeer.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ons altwee se liefde vir die natuur asook liefde vir die diere.
Visie vir ʼn romantiese afspraak:
Ruan:
My idee vir ʼn romantiese afspraak is om ʼn vroeë oggend uitstappie te hê in ʼn lugballon. Terwyl ons omring is met die Here se skepping. En mekaar se geselskap.
Stacey:
My idee van ʼn romantiese afspraak is om voor ‘n kaggel te sit, met ʼn glasie wyn, speletjies en mekaar se geselskap.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: River & Reign Photography