Bernett en Lire se troue was ‘n romantiese troue, met ‘n outydse gevoel. Hulle het van minimale dekorasie op die tafels gebruik gemaak, soos glas flesse as vase, blikbekers en hout kratte. Minder is soms meer soos jy sal sien in dié foto’s geneem deur Shireen Louw.
Hoe het jul verloof geraak?
Bernett wou my neem op ‘n visvang sessie waarvoor ek nie baie lus was nie. Ek het hom belowe as hy die dag ‘n pienk visstok in die hande kry, sal ek saam visvang. Op Valentynsdag ontvang ek toe ‘n pienk visstok nogal met ‘n spinner ook! Ek was nie baie lus om te gaan nie, maar na ‘n paar keer se mooi vra het ek toe ingegee om saam hom na die dam te gaan. Op De Doorns tussen die wingerde, is ‘n groot dam waar mens kan visvang.
Terwyl ek en hy saam visvang, begin hy al hoe meer om die dam stap met die hoop om ‘n vis te kry. Ek kon nie verstaan dat die man vanaand van alle aande so graag ‘n vis soek nie. Na ‘n geruime tyd sê ek dat ek nou maar kar toe gaan aangesien hier geen vis kom nie en die son begin te sak. Hy vra my toe dat ek saam hom tot by die kar sal stap, en sy visstok sal vashou dat hy ‘n ander spinner kan opsit. Op hierdie versoek het ek vir hom ‘n baie vuil kyk gegee. Toe ek weer sien is die man op sy knieë en vra my die groot vraag!
Vertel ons lesers wat jul troudag so spesiaal gemaak het:
September is ‘n tyd wanneer die blommetjies begin blom, die koring begin opkom, en die weer sommer lekker somer raak. Ek was nuuskierig oor wat die dag vir my inhou, hoe my hele prentjie van beplanning nou alles bymekaar gaan kom. Daar was nie baie mooi weer voorspel nie, maar die dag was presies wat ek Jesus gevra het. Ek het nog nooit so ‘n vrede oor my gehad soos dié dag nie. Ek het alles om my dopgehou en gesorg dat geen foon in sig is nie. Dit was vir my belangrik om elke sekonde te waardeer, terwyl die strooimeisies om my hol om klaar te maak en ek nog besig is met my hare en grimering.
Ek kon nie wag om die kansel af te stap na my ‘prins charming’ nie. Toe ek my pa sien, wou ek net begin huil van blydskap. Ek het besef vandag gee ek my hele hart, met God aan my sy, aan my man. Die feit dat my pa my kon afgee en ek afskeid die week voor die troue kon neem, was iets besonders. Die toespraak wat Bernett gemaak het was iets wat my in trane gehad het. Om te dink dat so ‘n opregte man soveel woorde bymekaar maak om vir almal te beskryf hoe lief hy met het en hoe hy vir my gebid het, was so spesiaal vir my.
Beskryf jul troue in ‘n paar woorde:
Ons troue was plaas/platteland, stylvol, eenvoud, ‘vintage-rustic,’ romanties, inspirerend, anders, asemrowend, geseënd en liefdevol!
Wat is jul raad wat jul aan ander paartjies kan gee?
Dink mooi voor jy vra. Die grootste flop wat kan gebeur is jou trourok (soos met my) was ek ‘n week voor my troue in die steek gelaat. Ek is toe op nommer 99 fluks gehelp by Ilse Roux Bridal. As ek kon oor kies wens ek, ek het maar bietjie langer gevat om eers rokke aan te pas en doodseker te maak van my keuse.
Spandeer op ‘n goeie fotograaf. Dit is die moeite werd! Veral ‘n videograaf wat jou prentjiemooi dag so perfek vir jou kan maak dat jy die res van jou lewe iets het om te wys. Ek het gehou by eenvoud en ‘n begroting. Dit is belangrik dat jou gaste die aand geniet, lekker dans en eet. Op die ou end van die dag, is jou trourok die belangrikste wat jou as persoon maak!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shireen Louw
- Videograaf: Randall Adams
- Trourok: Ilse Roux
- Grimmering en Hare: Loriaan Fox
- Strooi Meisie Rokke: Tammy Greyvenstein
- Beligting: Eric: eclightings fairylights
- Blomme en Dekor: Lindie: Fynbosch Flora