Brett & Elena se Afrika-gevoel Verlowing Fotosessie

Ons is baie opgewonde om Brett en Elena se Afrika-gevoel verlowing fotosessie met ons lesers te deel.  Die paartjie bly in die buiteland en wou baie graag ʼn fotosessie hê wat vir hulle daardie “tuiste” gevoel sal gee.  Wat is dan nou mooier as die Afrika natuurskoon.  Omring deur die prentjie mooi bosveld landskappe en die mooiste dam en waterval was die agtergrond van die paartjie se fotosessie.

ʼn Verlowing fotosessie moet pret wees en nie noodwendig stresvol nie.  Geniet elke oomblik en raak gemaklik voor die kamera.  Dit is jou kans om jou trou fotograaf beter te leer ken en so ook meer gemaklik te raak voor die kamera.  As jy foute maak tydens die fotosessie, lag daaroor en leer daaruit.  So sal julle albei gemakliker wees voor die kamera op jul troudag en nie onnodig gestres wees nie.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir oulike trou fotograwe as jy opsoek is na ʼn fotograaf vir jou verlowing fotosessie of troue.

As jy opsoek is na inspirasie vir jou eie verlowing fotosessie, dan moet jy af rol om na die paartjie se fotosessie te kyk.  Die sagte sonlig en prentjie mooi agtergrond gee ʼn baie romantiese gevoel aan die foto’s.  Geniet Brett en Elena se Afrika-gevoel verlowing fotosessie hieronder en lees meer oor hulle liefdesreis hieronder.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet toe ons albei 17 jaar oud was by ʼn huispartytjie.  Ek dink nie dit was liefde met die eerste oogopslag nie, maar ons kon nie ophou om die hele nag na mekaar te kyk nie.  Aan die einde van die aand het Brett my genader vir my BBM-kode.  Dit was die eerste stap na ons vreemde en lieflike verhouding.  Vanjaar is die 11de jaar wat ons saam is.

Die groot vraag:


Ek het nie geweet van die verlowing nie, maar ek het wel ʼn vermoede gehad dat iets kan gebeur.  Brett het my na ʼn klein kusdorpie genaamd Eastbourne in die Verenigde Koningryk geneem bo op die kranse wat oor die pragtige see uitkyk.  Brett het met sy tannie, oom en neef gereël om Saterdag ʼn ontbyt piekniek te reël.  Ek hou baie van natuur fotografie, so Brett het gevra om ʼn foto te neem na die piekniek waarin hy my aandag afgetrek het, terwyl hy die verloofring uitgehaal het en op die knie gegaan het om my te vra om te trou.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ons deel albei dieselfde humor, lag vir dieselfde dinge en liefhebbers van kos.  In ʼn neutedop is ons mekaar se beste vriende.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het aan die einde van Augustus 2021 verloof geraak en die troue sal op 1 April 2023 plaasvind.

Die verloofring:


Dit was ʼn verrassing vir die Bruid.  As jy al vir 10 jaar saam met jou maat is, weet jy wat hulle smaak is en dit was perfek vir haar.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Brett is nie ʼn aanhanger van foto’s neem nie, maar toe ons verloof geraak het, wou ek nog altyd ʼn fotosessie doen.  Dit is toe dat ek vir Ingrid kontak om een te laat doen.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons woon in die buiteland en wou iets rustiek hê wat ons daardie gevoel van tuiste gee.  Daar is niks lekkerder om in die bos te wees met daardie Afrika-gevoel nie.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons verwagting is om onsself te wees en te beplan vir die troue.

Visie vir droomtroue:


Rustieke, bos styl Afrika troue. Die trou venue wat ons gekies het, bied al die bogenoemde.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: