Marchant & Danica se Moderne Troue

Ons deel met opgewondenheid Marchant en Danica se moderne troue in Pretoria met julle hier op Mooi Troues.  Die paartjie se visie vir hul troudag was om iets anders te doen as die gewone, iets meer eenvoudig en minimalisties.

Moderne elemente kan regdeur die troue gesien word.  Vir hulle seremonie het hulle deurskynende stoele gebruik, wat eintlik so mooi pas by die minimalistiese gevoel van die paartjie se troudag.

Love Beloved het ʼn fantastiese werk gedoen met die paartjie pragtige blom ontwerpe.  Van die handruikers tot die blomme wat jy sal sien in die trou venue!  Alles was perfek.  Wanneer dit kom by die trou dekor het Love Beloved soveel aandag gegee aan elke element.  Die twee lang tafels en die bruidspaar se tafel met die pragtige kleurvolle blomme wat oor dit hang is so mooi. ʼn Ligte grys tafeldoek met elemente van swart en brons, gee ʼn moderne, stylvolle, eenvoudige gevoel aan die dekor.  Fyn blom ontwerpe en dun lang kerse op die tafels pas so mooi in by die hele tema van die die paartjie se trou dekor.

Danica se trourok was so mooi en het perfek by haar gepas.  Alhoewel haar trourok ʼn effens Boheemse gevoel het, is dit steeds modern en het die mooiste detail.  Marchant het ʼn houtskool kleur troupak aangehad, wat so mooi by Danica se trourok gepas het.

Die paartjie het ʼn lieflike plaaslike wittebrood geniet in die mooie KwaZulu-Natal provinsie.  Hulle het die prentjie mooi Midlands gebied verken.  Rol af om meer te lees oor Marchant en Danica se moderne troue en hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Marchant en ek het mekaar op 12 April 2022 tydens die eerste nasionale volle inperking tydens die Pandemie ontmoet.  Ek was verveeld met die sluiting van die trou- en funksies bedryf.  Toe het ek besluit om op Facebook raad te vra oor my tuin.  Marchant, wat groen vingers het, het gereageer en aangebied om vir my ʼn gereedskap te leen.  Ons het by ʼn winkelsentrum ontmoet om dit uit te ruil.  Teen die tyd dat ek by die huis gekom het, het Marchant my gevra of hy my op ʼn virtuele koffie-afspraak kan “neem” oor Zoom.  Daardie aand, nadat ons vir 3 uur gepraat het, het ons albei geweet dit was die gesprek wat die begin van ons lewe saam begin het.

Marchant, wat die geduldige man is wat hy is, het net sowat 3 maande gewag voor hy die groot vraag gevra het.  Hy het besluit om by my werk op te daag om die sonsondergang saam met my op die 18de Julie te kyk.  Tot my verbasing, het hy my gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vanaf 18 Julie 2020 tot-en-met 14 April 2022.   Gedurende hierdie tydperk het ek by hom ingetrek, ons het albei van werk verander, ons het ʼn huis gekoop, twee nuwe motors en het vier honde saam!  Ek werk in die trou- en funksies bedryf vanaf die ouderdom van 21 en spesialiseer in troues.  Die beplanning van my eie troue was binne een week gedoen.  Marchant het my egter laat stop en alles oor beplan met sy insette, sodat hy ook deel kon wees van die beplanningsproses en my die ervaring van bruid wees kon gee.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was R270,000.00 waarin ons gebly het.  Daar was 98 gaste onthaal by die troue.  Ek dink die meeste van my beplanning in terme van begroting het gekom uit ervaring met die feit dat ek ʼn troubeplanner en koördineerder is en dié bedryf verstaan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Danica:

Om Marchant se uitdrukking te sien toe hy in die trougang afstap en hoe hy na my gekyk het toe ek langs hom by die seremonie gestaan het.  My hart kon nie meer tevrede gewees het nie.

Marchant:

Ons eerste dans.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid en bruidegom het al die besluite geneem, die familie en vriende was minimaal betrokke.

Paartjie se styl:


Trourok:

My bruidsrok was elegant en effe boho en vol kant, ʼn lae nek lyn en ʼn oop rug.

Troupak:

Merchant se troupak was ʼn houtskool kleur met tikseltjies bruin en ligblou.

Trouringe:

Marchant se ring is ‘n eenvoudige goue trouring.
Danica se ring is witgoud troupand met saffierstene – klein en elegant.

Vermaak:


Platejoggie – Sonic State Productions – Brent
Seremoniemeester – Niel Kruger
Vermaak – Andrew Ella en Niel Kruger

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Minder menings is beter, dit is jou en jou man se dag.  Hoe meer menings, hoe meer spanning sal dit veroorsaak.  Neem dit stadig en geniet elke enkele proses, want die dag sal vinnig verloop. Moenie geld spandeer op onnodige dinge nie, maar bestee aan jou fotografie, dit is die herinneringe wat ʼn leeftyd hou.

Bruidegom:

Wees betrokke, jy sal baie van jou vrou leer!

Venue & Dekor:


Ek het by Greenhouse Café gewerk, so ek was van die begin af verlief op dié trou venue.  Marchant wat van tuine hou, was nie eers bereid om na enige ander venue te kyk nie.  My obsessie was altyd om in die kapel op die heuwel te trou, so geen ander venue sou ooit vergelyk.

Die inspirasie agter die dekor:

Ek was op soek na iets anders wat ek nie duisend keer tevore gesien het nie, ek wou iets eenvoudig en minimalisties hê, maar ook wat ʼn stelling sou maak en met die blomme spog, ons liefde vir unieke blomme is regtig tot lewe gebring.  Ek was nog altyd lief vir ombré en het nie hierdie styl in enkel stam tipe dekor gesien nie, so ons het iets anders probeer, Coreen van Love Beloved het regtig ons visie tot lewe gebring en dit ongelooflik laat lyk met haar kreatiwiteit.

Gunsteling Diensverskaffers:


Coreen van Love Beloved by vere.  Sy was regtig tegemoetkomend met al ons gek idees en visies en het uit haar pad gegaan om hierdie pragtige troue te laat realiseer.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die dag het heeltemal te vinnig verby gegaan!  Ek wens eerlikwaar tyd het stadiger gegaan om meer tyd saam met ons gaste spandeer (as ons die tyd gehad het), ons het nie besef hoe vinnig die tyd eintlik vlieg as jy pret het nie … behalwe dat die dag absoluut perfek was.

Eerste Dans:


Die eerste dans liedjie was Capital Letters deur Hailee Steinfeld, ons dans roetine het Rumba, Foxtrot en Mambo ingesluit.  Ons het vir lesse by Fred Astaire Dans ateljees gegaan, maar hul ateljee het gesluit weens Kovid, maar ons het voortgegaan met ons instrukteur, Steffie Fourie, met privaat lesse.

Wittebrood:


Ons het ons wittebrood spandeer om KwaZulu Natal se Midlands te verken.  Dit het gereën en was mistig vir die eerste paar dae en toe het ons uiteindelik sonskyn dae gekry.  Ons het berge en terreine verken, strand toe gegaan, alpakkas gesien, verdwaal, wonderlike kos geëet, oulike en unieke plekke gesien, vreemde en prettige mense ontmoet.  Ons het geen plan gehad nie en het net elke dag gevat soos dit kom.

My gunsteling plek in Suid-Afrika is die Midlands gebied.  Marchant was nog nooit daar gewees nie, maar ek het hom goeie herinneringe van die plek vertel.  Met dinge wat so wankelrig was met Kovid en internasionale reise, het ons besluit om plaaslik te bly vir ons wittebrood en dalk Griekeland te besoek wanneer dinge terugkeer na normaal.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: