Andrew & Lorina se stylvolle Buitelug Troue

Ons is opgewonde om Andrew en Lorina se stylvolle buitelug troue met julle te deel langs die Blyderivier-Canyon in Hoedspruit, Limpopo.  Lorina en Andrew is die wenners van Mooi Troues se Troue van die Jaar 2021 kompetisie.  Baie geluk aan die paartjie!  Hulle het ʼn fantastiese prys gewen van 2 nagte na die luukse Thornybush Game Lodge in die Kruger Nasionale Park, ter waarde van R 50,000. Klik hier om meer te lees van dié fantastiese prys.

Dié paartjie het ʼn eksentrieke en stylvolle intieme troudag gehad, omring die die mooiste natuurtonele en Mariepskop Berge as hul agtergrond.

Lorina het beeldskoon gelyk in haar pragtige rooi trourok.  Definitief iets buitengewoon en treffend.  Andrew het net só dapper gelyk in sy formele swart troupak en wit hemp.  Die paartjie het ʼn buitelug seremonie gehad omring deur die prentjie mooi natuurtonele.

Hulle onthaal was ook buite op die luukse Villa se stoep gewees wat só mooi was.  Die sagte skemer lig was die begin van ʼn intieme aand vol viering saam met hul naaste vriende en familie.  Met die gebruik van ʼn swart tafeldoek, het die  bloedrooi blom ontwerpe met skakerings van ander kleure tussen in absoluut só mooi uitgestaan.   Swart is ʼn mooi kleur om te implementeer by ʼn troue, veral as jy ander kleure saam met dit gebruik en ʼn kontras van kleur wil skep.

Die lang kerse op die tafels het opgehelder tydens sonsak wat só mooi gewerk het met die geluide van die natuur in die agtergrond.  Nie net het die kerse ʼn romantiese gevoel geskep nie, maar ook so mooi ingepas by die hele gevoel van die paartjie se troue.

Rol af om meer te lees oor Andrew en Lorina se stylvolle buitelug troue in die Mariepskop Berge en ook hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het by die water ontmoet. Oktober 2019 was ons albei by die Virgin Active Capital by Menlyn Maine.  Ek was bo op die Watt-fiets, besig om te oefen vir die Iron Man.  Lorina was onder in die spa-swembad na sy haar rondtes geswem het.  Ek het toe vir Lorina die eerste keer gesien en ons het oogkontak gemaak.  15 Desember 2019 was ons albei in die gimnasium en Lorina was bo besig om haar maag spiere te oefen, ek het verby gestap en ons het mekaar gegroet en dié oefen roetine het geëindig met ʼn wafel en cappuccino’s.  Ons eerste amptelike afspraak was op 9 Januarie 2020.

Albei het ons kinders by ʼn onvergeetlike langnaweek ingesluit om ons verlowing te vier, wat op 1 Junie 2021 plaasgevind het.  Ons het by Karula Kapama bespreek vir hierdie geleentheid.  Ek het ʼn privaat helikopter gehuur om ons na die bopunt van Mariepskop te neem, waar ek vir Lorina op gebuigde knie gevra het om met my te  trou. Die reusagtige berge wat deur die wispelturige wolke deurboor was het ons omhels, en maak dit ʼn oomblik in tyd wat ons altyd sal onthou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het op 1 Junie 2021 verloof geraak en is op 27 Augustus 2021 getroud.  Lorina het al die troubeplanning self gedoen.

Trou Begroting:


Daar was nie ʼn beperking op die trou begroting nie, aangesien ons die beste vir ons en ons gaste wou hê.  Ons het 40 trou gaste onthaal.  Nooi net die mense wat die vreugde in jou lewe mee wil deel.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons het ʼn pasgemaakte promenade gehad wat ontwerp is om oor die swembad te hang waar ons, ons unieke geloftes aan mekaar verklaar het.  Die weer was ook perfek gewees. Die pragtige berge was in die agtergrond vir die paartjie se troudag.  My elegante bruid het besluit om te trou in ʼn stralende rooi rok en haar groot glimlag – hierdie oomblik sal ek vir altyd onthou.

Betekenisvol – Ons het by die water ontmoet, en trou nou oor die water.

Paartjie se styl:


Ons het die James Bond gevoel bereik.  Die bruidegom met die gesofistikeerde swart troupak, helder wit hemp en oorspronklike strikdas, toegerus met sy Breitling-horlosie.  Andrew se David-vorminge trouring met ingebedde saffiere wat wysheid, deug, geluk, heiligheid, getrouheid en opregtheid simboliseer.

Die bruid het ʼn romantiese rooi meermin-styl trourok, gedra.  Sy het soos ʼn supermodel gelyk, en almal se aandag geëis. Die rok is simbolies van lewe, liefde, gesondheid, krag, moed en geestelike ywer.  ʼn Kaleidoskoop diamantring wat spesiaal vir Lorina ontwerp is, en die gesogte diamante komplimenteer haar haselbruin oë.

Venue & Dekor:


Umvangati House is deur ʼn vriend aanbeveel.  ʼn 5 Ster gastehuis wat weggesteek is in die Mariepskop berge.  Troues is nie hul fokus nie, so dit het ʼn bietjie geverg om die eienaars te oortuig.  Die berge het ons net so gemagnetiseer as wat hulle Tom Cruise gemagnetiseer het om sy onlangse en laaste Mission Impossible-fliek te verfilm.

Die uitsig was so skouspelagtig!  Ons was dadelik oortuig dat dit is waar ons wil trou en ons geloftes wil maak aan mekaar.  Die dekor het styl en sofistikasie beklemtoon wat die toon gegee het as “Geen beter tyd soos nou nie”.  Ons het pasgemaakte laser gesnyde plekmatjies, diamante servetringe, kristal sjampanjeglase en sterling eetgerei gehad.  ʼn Verskeidenheid veelkleurige vintage rose, tulpe en papawers – sagte, romantiese rangskikkings het die middernagtelike swart tafeldoeke versier wat ʼn tergende prentjie van fees gedekte tafels opgelewer het.  Die gaste was in ekstase en het gesê dat ons trou die “Groot Vyf” van troues was.

Gunsteling Diensverskaffers:


Elkeen van ons trou diensverskaffers het uitstekende werk gedoen.  Die fotograaf, sjef, dekor dame, en koek bakker was almal kundiges in hul veld.

Besluitnemingsproses:


Die bruid en bruidegom het die keuses saam gemaak en die bruid het al die koördinering, besluite en finale reëlings gedoen.

Vermaak:


Ons het ʼn tiener-familielid gehad wat viool gespeel het met die gaste se aankoms.  ʼn Doedelsak-speler het die seremonie met ʼn verskeidenheid liedjies vermaak.  Na ons fotosessie was ons deur ons gaste begelei deur die Doedelsak-speler.  ʼn Platejoggie het gekose liedjies gespeel en sodoende ons gaste vermaak.

Spesiale Tradisies:


Ek is ʼn Ier en Lorina ʼn Zimbabwiër en ons het die Doedelsak-speler Ierse musiek laat speel.

Eerste Dans:


Ons het die dansbaan geopen met Chris De Burgh se “Lady in Red“.  Kort daarna het Cassidy by ons aangesluit op die dansvloer, en in die rondte gedraai terwyl sy ons in dans omsingel het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons glo albei dat ʼn mens vir ʼn geleentheid moet ‘oor organiseer’ en op die dag net gaan met wat ookal gebeur.  Alles het volgens plan verloop.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:
  • Kry soveel as moontlik slaap 2 weke voor die troudatum.  Onthou dat jy blink oë moet hê vir jou troudag en verfris moet wees vir jou wittebrood.
  • Moenie onnodig stres gedurende die reis van beplanning nie.  Jy is dit aan jou bruidegom verskuldig om kalm te bly en die beplanning en die reëlings te geniet.
  • Moenie oorreageer op enige opmerkings of voorstelle van familie en vriende nie.  Dit sal alles goed uit werk.
  • Kies jou diensverskaffers en VERTROU hulle – Hulle is die kundiges.
Bruidegom:
  • Bied jou hulp voortdurend aan jou bruid.
  • Oorweeg haar idees en lewer besorgdheid en komplimente.
  • Laat jou toespraak lank voor die tyd uiteensit, sodat jy inligting kan byvoeg en verwyder soos dit in jou kop opduik.

Wittebrood:


Ons is terug na Karula Kapama vir 3 nagte om ons verlowings-bestemming te ervaar en te geniet.  Ons het ʼn verdere 4 nagte by ons nuut gekoopte boshuis in ʼn natuurreservaat in die Waterberge deurgebring.  Hierdie wittebrood gevoel bly in ons harte en is ʼn herinnering elke keer wanneer ons ʼn naweek in ons boshuis deurbring.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]