Ons is vreeslik opgewonde om op Mooi Troues, Jacob en Jaycee se plattelandse troue met ons lesers te kan deel. Dié paartjie het op ʼn wynlandgoed in Vredendal in die Wes-Kaap getrou, omring deur familie en vriende. Albei bruidegomme het swart pakke aangehad en so ook hulle strooimeisies en strooijonkers. Swart is so ʼn statige kleur om te dra by ʼn troue en is ook tydloos en sal altyd mooi wees.
Hul trou onthaal was onder ʼn strek-tent, wat vir jou daardie buite, maar binne gevoel gee. Vir hul trou dekor het hulle vir ʼn aardse kleurpalet gegaan in kontras met hulle swart uitrustings. Die skakerings van aardse kleure en die tikseltjies groenigheid pas so mooi in by die gevoel van hul troudag. Rou hout tafels en brons kershouers en wit kerse skep ʼn baie stylvolle atmosfeer. Die wit stoele staan so mooi uit teen die hout tafel en pas weer mooi in by die kerse.
Ons hou daarvan hoe die skryfbehoeftes op die tafels nogsteeds swart elemente het. Die swart, rou hout, rottang en goud eetgerei skep ʼn moderne estetika. Alles is moontlik as jy ʼn span professionele trou diensverskaffers het. As jy besig is om jou troue te beplan, besoek Mooi Troue se Trougids vir al jou trou diensverskaffers.
Om meer te lees oor Jacob en Jaycee se plattelandse troue in Vredendal en ook hul liefdesreis as paartjie, rol asseblief af.
Paartjie se Liefdesreis:
Jaycee
Ons het mekaar ontmoet by ʼn braai net na “lockdown” en ek (Jaycee) was onmiddelik mal oor Jacob. Ons was vir ʼn hele tyd net vriende en het dit geniet om saam te kuier ens. Maar ek het geweet Jacob is my trou man van dag een af. Ek was wel bang om dit aan hom te herken, dat dit hom dalk sal afskrik as hy weet hoe ek oor hom voel.
So een aand het ek vir hom vertel hoe ek voel en dank vader, hy het gelukkig dieselfde gevoel.
Ons het 6 maande uit gegaan toe ek hom gevra het om te trou.
Ek het vir hom die verloof ring laat maak wat hy graag wou hê by Van Deijls in Tyger Vallei. Ek het oorspronklik ʼn fotograaf bespreek vir ʼn paartjie fotosessie waar ek hom dan sou vra en dan sou die fotograaf dit kon vas vang op kamera. Maar toe werk dit nie so uit nie, eintlik baie beter!
Eendag doen ek Karen Zoid se hare en sy begin my uit vra oor wanneer ek Jacob sal vra om te trou en-en-en. Lang storie kort, sy kom toe op met die fantastiese idee om hom te vra om te trou by een van haar vertonings op ʼn wynplaas in Stellenbosch. Ek en sy het ʼn mooi boodskap voor die tyd op geneem en toe speel sy dit vir ons by haar vertonings, waar in ek hom vra. Dit was een van die beste oomblikke in my lewe! Almal het vir ons gejuig en hande geklap. Toe sing Karen vir ons “Vir Jou“, wat een van ons gunsteling liedjies is van haar.
Die Verlowing Tydperk:
Jaycee
Vir 5 maande verloof was ons verloof toe ons trou. Ons het ʼn fantastiese trou beplanner gehad, Adrie, wat letterlik alles vir ons gedoen het.
Ons hoef oor niks te bekommer nie, want sy het alles onder beheer gehad en dit het die hele proses so maklik gemaak vir ons. Ek dink ons is seker die eerste paartjie OOIT, wie se troue glad nie stresvol was nie. Alles was perfek en ons “droom troue” was letterlik dit!
Jacob
Ons het in November 2021 verloof geraak en die 28ste Mei 2022 getrou. Die 16de Junie 2022 was ons 1 jaar saam. Ons het die ongelooflikste trou beplanner gehad, Adri Coetzee van Die Keldery. Sy het ons reis soveel makliker gemaak en het ons met ope arms verwelkom toe ons gevra het om by Die Keldery te trou.
Merkwaardigste Oomblikke:
Jaycee
Die beste oomblik was natuurlik toe ek Jacob sien in stap in die kerk, die oomblik toe ek weet, nou is dit hier, ons trou nou “FINALLY”. Uiteindelik het ek my “happy ever after” gekry. En dan ook ons eerste dans, wat op Lady Gaga sy nuwe liedjie was, “Hold my hand“.
Trou Begroting:
Jaycee
Ons begroting was nie so groot nie, want ons het gevoel ons kan meer met die geld doen, as om so baie op een dag te spandeer.
Ons kon baie kostes sny of baie goed goedkoper doen/kry omdat ons op die platteland gaan trou het. Kaapstad is ongelooflik mooi, maar ongelukkig ook baie duur en daar was ook baie venues waarvan ons gehou het, maar nie “Gay-Friendly” was nie.
So toe het ons besluit op ʼn platteland troue wat die beste besluit ooit was. Die beste ding is om ʼn trou beplanner te kry, hulle het kontakte vir alles en weet waar om alles te kry en sodat dit in jou begroting pas. Dit maak ook alles minder stresvol vir die paartjie.
Ons het 140 gaste genooi waarvan daar op die ou einde 120 gekom het.
Jacob
Ons sal verkies om ons begroting nie bekend te maak nie, dit was wel goed onder R100 000. Ons finale getalle was 120 gaste.
Advies:
Spandeer geld op die goed wat die oomblik gaan skep en nie die materialistiese nie. Blomme op die tafels is byvoorbeeld iets wat ons glad nie gehad het nie, slegs die mooiste pennygum blare en kerse, al waar blomme was is op ons tafel en voor in die kerk. Die blare en blomme was direk na die troue weggegooi. So spaar geld en doen die minimum wat die grootste effek gee. Kerse, dis byvoorbeeld ʼn wonderlik manier om die gevoel daar te kry.
Maak ook sover jul kan goedjies self of laat familie julle help as om ʼn verskaffer te gebruik. Dit spaar baie geld.
Om op die platteland te trou het ons ook SO baie geld gespaar, Die Keldery is baie billik, ons kon vir die prys wat ons by hulle vir 150 mense sou betaal net ʼn venue met die minimum van 80 mense in die Kaap area vind.
Paartjie se styl:
Jaycee
Ons het albei trou pakke aan gehad, ons gevolg het ook almal swart en wit aan gehad. Die meisies het swart broekpakke aan gehad met with hemde en die mans het swart pakke gedra met with hemde. Ons hele uitrusting was swart, van die pak, tot die hemp, kouse en skoene en das.
Jacob het ʼn roosgoud pant en ek het ʼn silwer trou pant
Jacob
Ons wou swart pakke, swart hemde, swart strikdasse, swart skoene aan hê, dit is vir ons albei ʼn stylvolle kleur waarin ons vir mekaar op ons mooiste lyk. Ons het vir al ons gaste ʼn kleur pallet gegee om volgens aan te trek sodat slegs ons en ons gevolg swart en wit aan gehad het.
Mense verstaan nie altyd ʼn kleur palette lekker voor die tyd nie, maar op die aand belowe ons jou is dit uit en uit die moeite werd! Die fotos lyk soveel beter en die bruidspaar en die gevolg pronk so mooi!
My, Jacob, se onderbaadjie was in ʼn korset ontwerp wat my skoolvriendin, Ingrid Smit vir my ontwerp en gemaak het. Dit is iets wat ek raakgesien het en al ʼn tydjie beoog het en waar beter as op ons troue.
Ons ringe is baie eenvoudig, ons wou ietsie eenvoudig doen wat gemaklik en nie te uitspattig, Jaycee is ʼn haarstilis en sodoende werk hy elke dag met chemikalieë en om daardie rede wou hy ook ʼn eenvoudig ring hê. Jaycee se ring is silwer en Jacob se ring roosgoud. Jacob se ring sou oorspronklik roosgoud met swart diamante om elke kant van ring wees, maar toe besluit ek, Jacob, dat ek iemand is wat van elke nou en dan ietsie nuut hou en het ons gedink ons gaan pante doen vir troue en dan met 1 jaar of 2 jaar die diamante bylas. Die ring was spesiaal gemaak om dit toe te kan laat, dik genoeg ens. Van Deijl was verskriklik oulik hiermee.
Die Besluitnemingsproses:
Jaycee
Ons albei was 100% betrokke en het saam oor alles besluit. Ons het van dag een gesê ons sal saam oor alles besluit en as een nie van ʼn idee hou nie, dan doen ons dit nie. Dit het dit ook maklik gemaak en ons het ook baie dieselfde smaak in dekor ens, so dit het ook gehelp.
Jacob
Ons het meestal saam die besluite geneem, vriende en familie het nie enige besluite geneem nie. Dit was ons dag en ons moes gelukkig wees. Dis nie jou vriende en familie se dag nie. Solank julle as paartjie gelukkig is is die dag perfek! Iemand sal altyd kla oor iets maak nie saak wat, so sorg dat die dag vir julle perfek is.
Vermaak:
Jaycee
Ons het ʼn platejoggie gehad en een van ons vriendinne, Lindi, het ook vir ons ʼn liedjie gesing
Jacob
Ons het musiek vir by die seremonie, canapés en die onthaal gehad. Jaycee se beste vriendin sing en ek het haar gereël om vir Jaycee, Simply the Best van Tina Turner te sing.
Ons gevolg het op lekker liedjie ingestap, Soul van Lee Brice ons het ingestap op Gwen Stefani en Blake Shelton se Nobody but you. Almal het uitgestap op Believe, die Shrek weergawe want ons albei is mal oor animasies.
Ons het ingestap by onthaal op Hello My Love van Westlife.
Al hierdie liedjies is van ons albei se gunsteling.
Spesiale Tradisies:
Jacob
Ons het van meeste tradisies probeer afstand doen, dit is reeds ʼn gay troue wat glad nie tradisioneel is nie, so ons wou nie tradisies doen. My ma en pa het my ingestap en Jaycee se tannie en oom het hom ingestap, en nie net een ouer.
Ons het blomme gegooi, maar meer as ʼn grap en dit was net vir ons gevolg aangesien absoluut niks van ons troue tradisioneel was nie.
Ons het ook elkeen ons eie geloftes in die seremonie gedoen wat nie regtig tradisioneel is nie.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Jaycee
Daar was beurtkrag die oggend toe ons moes begin reg maak. Gelukkig kon my skoonpa vir ons ʼn kragopwekker verskaf sodat die meisies se hare kon gedoen word. Maar dit was al, verder was ons dag perfek.
Jacob Wiese
As ek weer kon kies, het ek ʼn ander plek gekies om by reg te maak en oor te bly, aangesien die plek glad nie voorberei was nie, nie vir ons laat weet het dat hulle beurtkrag het nie en glad nie ons kamer skoon gemaak het toe ons terug kom van die troue af. My pa moes ʼn kragopwekker aanry en ons moes die beste maak van die saak. Gelukkig was dit naby, my raak-vatter familie en vriende in Lutzville wat binne 10 min alles uitsorteer het.
Venue & Dekor:
Jaycee
Ons was by ʼn vriendin se troue by dieselfde venue en was dadelik mal daaroor. Ons het aanvanklik eers vir venues in Kaapstad gekyk (waar ons woon), maar baie was te duur en baie waarvan ons gehou het, het nie gay troues gedoen nie. En toe sien ons Die Keldery in Vredendal, en was mal daaroor en dit het perfek by ons styl gepas.
Ons trou dekor was baie rustig/boho geïnspireer. Rou hout tafels met pennygum blare as tafel lopers, klomp verskillende grotes kerse in aardse kleure. Die onthaal was onder ʼn strek tent, met slinger ligte wat af hang van die dak, wat ʼn sagte, romantiese effek geskep het.
Jacob
Ons het venue’s in die Kaap area begin kyk, maar in ons opinie is die Kaap baie te hoog geprys. Veral as jy al jou mense wat na aan jou hart is wil nooi. Ons kon dit bekostig, maar ons wou eerder geld op ons wittebrood spandeer as op die troue self en het sodoende verder gekyk. Een van ons laaste plekke waaraan ons gedink het was Die Keldery, ons het heeltemal van hulle vergeet. Ons was by my se vriendin se troue daar en was mal oor die venue. Ons het die Keldery gebel en Adri het ons harte gesteel, die prys was so billik en Adri het alles vir ons gedoen, ons hoef oor niks te bekommer het nie! Waarvoor meer kan mens droom!
Ons moet ook noem dat ons nie regtig gedink het die platteland oop sal wees vir ʼn gay troue nie en daarom was Die Keldery seker ook een van ons laaste opsies. Tot ons verbasing het paar plekke in die Kaap gesê hulle is vol op ons datums, al sê hulle as ons vriende bel die datum is oop, maar Die Keldery was DADELIK bereid om ons droom troue te help bewaarheid. Jacob is oorspronklik van Lutzville en sodoende het dit ook baie bygedra, vir hom sal dit maar altyd ‘huis’ op die platteland wees.
Die inspirasie agter die dekor:
Ons het toe ons besluit het om te trou vir mekaar ons idees gewys en glo dit of nie ons het letterlik van dieselfde prentjies gehad om vir mekaar te wys. So dieselfde is ons smaak en wat ons wou hê vir ons troudag.
Ons albei is mal oor plante en die natuur, ons gunsteling boom/blaar is pennygum en sodoende was ons dekor om dit gebou. Ons het dadelik geweet ons wil nie blomme op tafels hê nie, net kerse en blare. Die blomme wou ons gebruik om fokus op ons tafel sowel as die kansel te plaas. Sodoende kon ons ook lekker geld spaar. Ons het vir Adri ons kleurskema gegee en sy het alles om dit gebou, sy het ons verwagtinge só oortref!
Gunsteling Diensverskaffers:
Jaycee
Ons heel gunsteling diensverskaffer was verseker Adrie, ons trou beplanner en die venue en hulle personeel.
Jacob
Die Keldery, maar meer Adri Coetzee, die trou beplanner van die venue. Adri het alles vir ons gedoen, sy het inisiatief geneem, met die beste idees voor ʼn dag gekom en op die dag vir ons oor NIKS laat bekommer nie. Alles was net perfek, as iets wou skeef loop was Adri reeds daar! Sy is ʼn superster!
Advies aan toekomstige paartjies:
Jaycee
Wees rustig, alles werk uit soos dit moet. En as iets verkeerd gaan, is dit net julle wat daarvan weet. Die gaste weet nie hoe dit moes wees/lyk nie. So geniet jou dag, dit gaan ongelooflik gou verby, neem elke oomblik in, vat 5min alleen saam jou lewensmaat en gaan staan een kant en hou alles dop. Luister na die musiek wat speel, luister na die mense wat lag en praat, kyk na julle trou dekor, ruik die kos wat bedien word. Die dag gaan so gou dat mens baie van die goed nie eens raak sien nie. NEEM ALLES IN EN GENIET DIE DAG.
Wittebrood:
Jaycee
Aan die begin van die jaar het ons ʼn nuwe besigheid begin, so ons kan eers in Desember weg gaan. Ons het besluit op Thailand omdat ons ʼn lekker eiland vakansie wil doen. Ons is ook baie lief vir nuwe goed/kos probeer, so ons gaan spinnekoppe en krieke probeer wanneer ons daar is.
Jacob Wiese
Ons wil graag Thailand toe gaan, ons het besluit om eers hierdie Desember op wittebrood te gaan aangesien ons ʼn nuwe salon in Kaapstad oopgemaak het en sodoende nie ons nuwe besigheid wou benadeel wat nog besig is om te vestig. Die tydsberekening met trou en nuwe besigheid was maar nie baie goed, maar alles het perfek uitgewerk. Ons is baie bevoorreg.
Eerste Dans:
Jaycee
Ons het besluit op Lady Gaga se nuwe liedjie, “Hold my hand“. Ons is albei groot aanhangers van haar en het dadelik aanklank gevind by die woorde van die liedjie. Die dans was net ʼn gewone, stadige, vas dans.
Jacob
Ons het ʼn eerste dans gehad, dit was op Lady Gaga se Hold my Hand van die fliek Top Gun. Ons albei is GROOT aanhangers van Lady Gaga! Hierdie liedjie het so klein tydjie voor ons troue uitgekom en dit het ons albei se harte vasgevang!
Ons het self geleer, ons het nie lesse gevat nie. Jaycee was sommer lus om simpel te wees een aand en toe luister ons musiek en dans ens. en dit eindig toe sommer in ons wat trou dans oefen, haha.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Striped Fox Photography
- Venue: Die Keldery, Vredendal
- Bruidegom-pak: Tux Tailor, Willowbridge
- Grimering: Nikki Van Biljon
- Hare: Giles Palmer
- Huwelik kontrak: Louwrens Koen Attorneys
- Huweliksbevestiger: Bernard Malherbe
- Koördineerder: Adri Coetzee
- Strooimeisie-rokke: Foshini
- Trouring: Van Deijls, Tyger Valley
- Troukoek: Die Keldery, Vredendal