Met opgewondenheid deel ons hierdie Frans geïnspireerde trou inspirasie met jou op Mooi Troues. Die hele doel van ʼn gestileerde fotosessie is om paartjies wat besig is om hul troue te beplan idees te gee om te gebruik by hul troudag. ʼn Sagte kleurpalet is die basis van dié fotosessie. Ons is gaande oor die manier hoe die argitektuur só mooi inpas by die hele tema van die gestileerde fotosessie.
Die model het beeldskoon gelyk vir dié fotosessie. Talentvolle grimeerkunstenaar en haarstilis van Pretoria, Authentic Artistry by Minette, het seker gemaak die model se grimering en hare is foto-perfek. Minette van Authentic Artistry by Minette is ʼn fantastiese grimeerkunstenaar en haarstilis met soveel talent en passie vir wat sy doen.
Skakerings van pienk en sand kleurige blompotte en kersstaanders werk só mooi saam met die rou hout tafel op die groot stoep van die trou venue. Die deurskynende stoele gee weer ʼn moderne gevoel aan die fotosessie. Hierdie tema is perfek vir ʼn Somersdag stoep troue.
Ons hou ook daarvan dat minder dekor elemente gebruik was, maar nogsteeds ʼn baie stylvolle end resultaat gebied het. Dit wys ook vir paartjies dat jy nie oorboord hoef te gaan nie en met ʼn eenvoudiger styl net so ʼn pragtige troue kan hê. Elke detail van die fotosessie is sag, elegant en sjiek.
Die model se trourok is iets buiten die gewone. Oop skouers, met ekstra detail om die arms en aan die onderkant van die trourok. Haar gevlegte hare laat die mooi oorbelle uitstaan.
Alles is moontlik met ʼn span professionele trou diensverskaffers. Mooi Troues se Trougids is propvol fantastiese trou diensverskaffers. Hier sal jy alles vind vir jou troue op een plek. Rol af om meer te sien van die pragtige Frans geïnspireerde trou inspirasie en die inspirasie daar agter.
Wie het die fotosessie gereël?
Blommekind Photography
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Green Leaves Wedding venue, het a Frans geïnspireerde styl perfek om die “French Affair” tot lewe te bring.
House of Santos, die trourok ontwerper is ʼn baie talentvolle moderne ontwerper wie se styl perfek gepas het by die Franse tema.
Eastco Party Hire het al die dekor voorsien, hulle oog vir die groter prentjie is uitmuntend en geniet om altyd saam met hulle te werk om ʼn prentjie tot lewe te bring.
Authentic Artistry doen pragtige grimering, perfek aangepas volgens die model se gesigs kenmerke.
Miekeraai Juwele bring altyd net daardie perfekte laaste ‘touch’.
Agter die skerms van die fotosessie:
Gelukkig was dit net ʼn gestilleerde fotosessie, want as gevolg van verkeer was 2 van ons belangrike verskaffers vas gevang in verkeer, wat die begin van die fotosessie met ʼn uur en ʼn half laat gemaak het.
So belangrik om te hou met ʼn trou dag om altyd verkeer en onvoorsiene omstandighede in ag te neem wanneer tydsbeplanning gedoen.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die uitsig wat die venue bied is asemrowend en maak elke foto soveel meer merkwaardig!
- Grimering + Hare: Authentic Artistry by Minette
- Juweliersware: Miekeraai
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Blommekind Photography
- Blomme: Colour Country Flora
- Dekor: Eastco Party Hire
- Model: Franze
- Trourok: House of Santos
- Venue: Green Leaves Country Lodge