René en Lampies se troue was ‘n fees saam met al hul geliefdes, maar die belangrikste was dat twee siele een geword het. Ons sê baie dankie aan Wrensch Lombard vir die mooi fotos.
DuVon Wine and Wedding Estate is ʼn pragtige trou venue in die Robertson Vallei. Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue in die Robertson omgewing. Die Robertson Vallei is bekend vir hul prentjie mooi landskappe, wêreldklas wyn en verblyf opsies. ʼn Populêre troubestemmings wat baie het om te bied aan paartjies. Slegs sowat 147 kilometer vanaf Kaapstad Internasionale lughawe, is dit ʼn gemaklike rit na die mooi bestemming.
Rol af en geniet Lampies en René se troue.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was 9 Augustus 2013 gewees, ‘n langnaweek. Ek het vir ons plek bespreek by My Private Bush Camp buite Bela Bela. Ons was alleen die Donderdag aand daar, en het klomp van ons vriende die Vrydag en Saterdag laat deurkom. Ek het René die aand gesê dat ons sonsopkoms in die bosveld gaan kyk die Vrydagoggend. Hulle het vir my ‘n tafel opgemaak met sjampanje en nadat ek die sjampanje geskink het, het ek op my knie gegaan en haar gevra.
Wat het jul trou dag so spesiaal gemaak vir julle?
Almal wat ons graag daar wou gehad het, was daar gewees. Die dag het baie glad verloop sonder enige probleme. Wat dit die meeste spesiaal gemaak het was dat my (Lampies s’n) oom ons getrou het. Ons wou ‘n lekker kuier troue gehad het en almal het gehelp om daardie droom te bewaar ook.
Watter raad kan jy gee aan paartjies?
As jy die persoon kry wat jou gelukkig maak, dan doen jy alles in jou vermoë om hom/haar te hou. Wees oop en opreg met mekaar en geniet mekaar. Doen dinge saam en spandeer tyd alleen met mekaar waar julle net kan gesels. Belangrikste wat ons vroeg in ons verhouding geleer het is dat ons nie kwaad gaan slaap vir mekaar nie. En praat, praat, praat. Kommunikasie is die grondslag vir ‘n gesonde verhouding.
Beskryf jul troue in tien woorde:
Duurste, fantastiese partytjie met die belangrikste mense in jou lewe.
- Venue: Duvon
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wrensch Lombard
- Spyseniering: Lani Marias
- Blomme en Dekor: Flamboijant
- Kerk: NG Kerk Robertson Oos
- Platejoggie: Tobias
- Gaste Verblyf: Little France
- Kontrak: Lucille Geldenhuys