Met opgewondenheid deel ons Erik en Chrisna se woud tema troue in Haenertsburg met jou. Die paartjie het die mooiste troudag gehad met ʼn lagie mis wat wat ʼn winter troue atmosfeer gebied het.
ʼn Baie belangrike deel van enige paartjie se beplanning wat ly tot hul troudag is ʼn huweliksvoorwaardekontrak. Die paartjie het gebruik gemaak van CVH Ingelyf Prokureurs. ʼn Professionele prokureurs firma wat die belange van al hul kliënte na kyk.
Cheerio Gardens is die perfekte trou venue in Magoebaskloof tussen Tzaneen en Polokwane. Hierdie plattelandse trou venue sal al jou boksies afmerk. Alles van die prentjie mooi landskappe soos die dam en die pragtige bome. Die trou venue self is net so mooi en word omring deur die mooiste natuurtonele. Hier kan paartjie hul droom troudag hê en elke oomblik saam met hul familie en vriende geniet.
Die herfs kleure wat die paartjie geïnkorporeer het by die strooimeisies se rokke het só mooi ingepas by die hele atmosfeer van hul troudag. Ons hou van hul stylvolle meer simplistiese trou dekor. Meeste van die elemente op die tafel was wit, wat só mooi uitstaan op die rou hout tafels. Die groenigheid bo die tafels skep hoogte en trek ook jou aandag. Deurskynende stoele was gebruik en skep ʼn moderne atmosfeer tot die trou dekor.
Rol af om meer te lees oor Erik en Chrisna se woud tema troue en ook hul storie as ʼn paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ontmoet op ʼn eerste jaar daghuis byeenkoms. Nie veel gedink van mekaar nie tot gemeenskaplike vriend ons weer by ʼn tweede ontmoeting aan mekaar voor gestel het ʼn maand later. Van daar was dit verby met ons twee!
ʼn Paar maande later het ons amptelik begin uitgaan en soos kettie-en-klip die lewe saam aan pak. Ons het vir amper 6 jaar saam nuwe avonture beleef, baie sakke sout geëet, gedroom en gelag. Erik het op 10 Februarie 2021 my gevra het om te trou en ons verhouding ʼn nuwe hoofstuk by gekry.
Erik was nog nooit goed met geskenke en romantiese goed reël, veral op dae soos Valentynsdag. So ek het goed gedink om dinge makliker te maak en ʼn Valentynsdag fotosessie vir ons te reël … Dit is romanties en gee ons iets lekkers om saam te doen.
Ek smeek ook nou al vir 5 jaar vir ʼn ‘couple shoot’ en gesien as ek nie dit self reël sou ons nooit een gekry het nie. Min wetend het Erik van die geleentheid gebruik gemaak en skelm met die fotograaf vooraf gereël. So het ʼn normale piekniek paartjie fotosessie ʼn heeltemal ander draai gevat. Toe ek weer sien was ons verloof! Een oomblik het ons nog donuts geëet en die volgende oomblik was hy op sy knie voor my met trane in ons altwee se oë. Was dit sekerlik die langste oomblik van ons lewens waarvan nie een van ons veel onthou nie. Net dat ek ja gesê het.
Die Verlowing Tydperk:
Ons wou nie te lank verloof gewees het nie, maar ek wou graag in herfs trou. Dié seisoen was bietjie te vinnig op ons wat maak dat ons amper ʼn jaar en twee maande verloof was. Ons het wel geen trou beplanner gehad, behalwe ons oulike “vriend” – Pinterest. Die troue het ons meestal self beplan. Ons het baie hulp gehad van familie, vriendinne en wonderlike diensverskaffers wat ons baie gehelp het. Ons het elke oomblik van die trou beplanning ‘rollercoaster’ geniet.
Merkwaardigste Oomblikke:
Daar het ʼn hele paar merkwaardige oomblikke op ons dag plaas gevind, van geen krag om grimering en hare te doen, tot ouers wat met karre vasgeval het in die modder om seker te maak die ma van die bruid is betyds vir haar hare. Platejoggie wat padgevat het en geen klank tot ek heel verbasend by die trougang afstap en daar musiek speel. En dan praat ons nie van die motreën wat in lekker Pretoria reënbuie verander elke keer as mens fotos neem buite. Maar ons moet sê vir ons altwee was dit die mees merkwaardigste oomblik van ons dag.
Erik voel al was dit die ‘doring in die vlees’ van die dag en soms baie koud, was dit die mees besonderse deel. Dit is iets wat ons vir altyd sal onthou en dit het seker gemaak dat die onthaal ʼn absolute fees was. Almal moes warm bly op een of ander manier 😉.
En vir my was dit die feit dat die Here ons so ryklik geseën het met sulke reën en mis in my sprokies woud wat van kleur verander soos die seisoene draai. Vir my was dit die oomblik wat ek oppad was na die woud kapel toe dit vir die eerste keer die dag ophou reën. Ons kon die seremonie in doodse stilte beleef. Sodra ons onthaal begin het die hemel ordentlik oop gemaak het en ʼn groot reënbui op ons neergedaal het. Net betyds toe ons almal binne was!
Trou Begroting:
Van die begin af wou ons nie meer as R120 000 gaan nie, alles ingesluit. Ons het seker gemaak ons kies ons 3 belangrikste aspekte van ons droom troue en het nie probeer sny op daai 3 se kostes nie, maar eerder op die res. Dit was vir ons die fotograaf, videograaf en die venue. Van daar het ons soveel moontlik alles probeer self bou, breuk en aanmekaar sit wat ons kon.
Meeste van ons dekor, soos die +-190 kerse, lanterns ens was self gemaak of ‘garage sale specials’ gekoop. Finansies was ʼn groot ding veral as dit by trou beplanning kom, want troues is duur. Ons venue was baie genadig met ons en het ons toegelaat om regtig meeste goed self te bring.
Ons het n totaal van 76 gaste gehad. Wat ons doel was van die begin af om onder 80 te bly. Dit was vir ons moeilik om die gaste lys klein te hou. Maar hoe meer mense hoe duurder die troue.
Raad sal wees dink mooi oor jou gastelys. Ons het ʼn reël gehad van geen ‘plus ones’ as hulle nie al vir langer as ʼn jaar uitgaan of tenminste al 2 keer saam ons gebraai het nie. Deur geen kinders te verwelkom help ook om die koppe minder te maak. Soek vir winskopies, maar wees ook versigtig oor diensverskaffers gaan doen mooi navorsing. Ons het ons kop gestamp met ʼn goedkoop platejoggie wat met ons geld weggeloop het.
Die Besluitnemingsproses:
Beide die bruid en die bruidegom het deel geneem in die besluite, alhoewel ek (Erik) moet sê dat Chrisna die troue van begin tot einde deur beplan het. Alle navorsing en opsies het sy goed deur gedink en saam het ons net ʼn finale antwoord gegee. Vriende en familie se opinies was gevra en ter harte geneem, maar dit was nie die finale faktor vir ons nie. Ons ouers se opinies het vir ons baie getel, en hulle het ons ongelooflik baie gehelp met die maak van die dekor, die ondersteuning van besluite en het saam met ons die proses aangepak, hulle het glad nie oor geneem nie en ons kan nie genoeg dankie se vir hulle nie.
Paartjie se styl:
Ons wou graag ʼn diep in die woud tema skep met herfs kleure. Baie klassieke elegansie styl, minimalisties, donker met kerse orals vir die onthaal.
Met my trourok wou ek graag iets hê wat my persoonlikheid uitbeeld, maar baie eenvoudig en elegant. Die bruidsmeisies se rokke was ons hoof kleure vir die troue. Tussen die donker hout en wit kerse gepas met soveel blare as moontlik.
Erik se pak het ons gegaan vir ʼn klassieke ‘checkered’ baadjie, ʼn monokleur troupak, met leer strikdasse vir hom en sy strooijonkers. Die strooijonkers se strikdasse en pakke was almal verskillende kleure, wat ook aansluit by die meisies.
Die trou ringe was vir ons ʼn groot detail wat beide ek en Erik spesiaal gaan na dink het en ontwerp het vir mekaar.
Erik se ring is gemaak uit Titanium met ʼn boom in hom gegraveer. Dié boom simboliseer afhanklikheid van die Here, sowel as ook volle vertroue in Hom. Die skaduwee wat die boom maak simboliseer die beskerming van die Here en sy gelofte (Psalm 17:8, Jes. 4:6, Jer. 17:7). Die boom is nie net enige boom nie, maar is sy gunsteling boom. Die Blink blaar wag-n-bietjie, dorings is ook op die boom gegraveer, wat God se almagtige teenwoordigheid in ons huwelik simboliseer. (Eks 3:2)
Chrisna se ringe is Roosgoud, met ʼn ‘tear drop’ steen, die ring in totaal bevat 16 steentjies van verskillende grotes, die nommer is die simbool vir “Pure, Endless, Unconditional & Perfect Love” (1 Kor. 13). Daar is ook 5 pêrels in haar trou pant, ʼn simbool vir “someone precious, scarce & beautiful”.
Spesiale Tradisies:
Ons het ʼn kers laat brand vir die familie en vriende wat ongelukkig nie meer met ons is nie, dit was iets kleins wat ʼn mens net laat besef dat spesiale oomblikke soos die nie vanselfsprekend gevat moet word nie.
Ons het ook nagmaal bedien by die seremonie as’ n teken van God se liefde, om ‘brood te breek’ saam met die naaste familie en vriende vir die eerste keer saam as ʼn getroude paartjie was baie spesiaal.
Gunsteling Diensverskaffers:
Definitief ons fotograaf en videograaf, Merize & Jaco, altwee het ʼn baie groot rol gespeel in ons dag en dit is die mense saam wie jy baie tyd spandeer gedurende die dag. Hulle het ons baie gemaklik laat voel en het na die tyd meer soos familie gevoel, hulle was nie net daar vir werk nie maar het ons baie ondersteun in alles. Elke oomblik wat hulle ons maak lag het, huil het en opgewonde gemaak het was spesiaal en elke foto en video vertel vir ons ʼn storie oor die dag.
Ek bedoel, watter fotograaf daag die oggend van haar troue op met ‘gum boots’ vir die bruid omdat sy nie wil hê die bruid moet haar trou skoene vuil maak nie? En watter videograaf is bereid om die dag voor die troue op te gee om ʼn paar ‘fun shots’ in te kry van die Vrydag aand, familie en vriende kuier, sowel as ook die bruid en bruidegom se ‘probeer slag-kano sessie’ in die nat en koue weer.
Hulle is werklik goud werd en het ons dag mooier vasgevang as wat ons dit ooit sou kon dink. En ons het voor die wittebrood verby was lekker ‘sneak peeks’ van beide ontvang!
Vermaak:
“Dit is ʼn baie snaakse storie” … ons platejoggie het ons twee weke voor die troue in die steek gelaat. Hy het weg geloop met ons geld en net verdwyn van die aardbol af. Ons was baie versigtig vir dit omrede ons baie gehoor het van ‘fake vendors’ en het juis staat gemaak op verwysings. Tog het hy steeds net verdwyn. Alhoewel dit ons maak stres het vooraf, het God steeds voorsien en nabye vriende van ons het uit die bloute gevra of ons hulp kort, en toe ek noem van die klank toe tot ons verbasing het die einste vriend ʼn klank stel by sy huis, drie van ons vriende het toe saam gekom en seker gemaak ons hoef nie te bekommer nie en het al die trou klank op hulle skouers geneem, Dankie!
Nie net was hulle ons klank verskaffers nie, maar seker gemaak dit was ʼn ‘Jol’. Een van Erik se strooijonkers het ook sy kitaar opgeneem en opgetree by die onthaal asook die seremonie.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Definitief ons platejoggie/DJ. Om iemand se spesiale dag só te verniel deur weg te loop met hulle geld en hulle nie te antwoord nie was baie sleg vir ons. Maar ons het net weer besef hoe goed die mense om ons was deur die onselfsugtige liefde wat almal gewys het deur klank aan te ry na die venue toe en in die koud en reën vir ons te staan.
Die omgewing se krag het afgegaan weens die ‘liters-en-liters’ reën wat die area ontvang het die dag voor die troue. Dus kon die bruid en haar gevolg nie so rustig soos beplan klaar maak nie.
Die reën was ʼn groot seëning! Ons sou wel graag wou hê dat die gaste bietjie later moes kuier maar weens die koue was dit te verstane.
Maar al loop iets skeef, werk dit altyd uit op die einde.
Venue & Dekor:
Cheerio Gardens was die maklikste besluit nog. Ons het geweet ons wou ʼn ‘wouderige’ plek kry om by te trou en watter area is mooier as Haenertsburg? Cheerio Gardens se seremonie area was die hoof rede vir ons keuse. Ons is verlief op die natuur en voel veral nader aan die Here in die bos.
Ons het probeer baie minimalisties wees en het slegs ʼn paar belangrike dekor items bygesit wat vir ons baie betekenisse gedra het, soos byvoorbeeld:
- Die bruidsmeisies het nie ruikers gedra nie, maar eerder lanterns, daar was ook lanterns uitgesit reg deur die onthaal. Die lanterns simboliseer die Olie lampies in Matteus 25.
- Ons het spesifiek herfs gekies omrede die simboliese konneksie aan ʼn nuwe begin, “the year of coming to an end, and approaching a new one”.
- Ons wou eerder kerse op die tafels gehad het as blomme, en het op die einde op geëindig met +-190 kerse regdeur die onthaal area.
- Die kerse regdeur die onthaal verteenwoordig die heilige gees en die lig in die wêreld, ʼn simbool van ons brandende liefde vir die Here.
- Ons konfetti was spesifiek Olyf blare, wat die seëning van die Here simboliseer. (Psalm 128.3, Det. 6.11). Ons kleur skema was Boergondië, Roes, Pienk, Rooi, Vlootblou en Donkergroen en elk van die kleure het ons gekies as gevolg van die Bybelse simboliek.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Vir die trou paar:
Ontspan, neem die dag in en geniet elke oomblik saam jou vrou. My broer het ʼn baie spesiale ding gedoen die oggend van my troudag en dit was om ʼn kruis op ons hande te maak. Elke keer gedurende die dag as jy die kruis sien, moet jy ʼn oomblik vat, om jou kyk en alles in neem. Dit is een dag in jou lewe wat jy veraltyd sal onthou, en as jy weer sien is die dag verby.
Vir die Kêrels:
Help jou toekomstige bruid met die beplanning, dit is nie net haar troue nie.
Vir die Dames:
Maak nie saak hoe jou ‘droom troue’ in jou kop mag lyk nie, iets kan altyd verkeerd loop. Vat dit met ʼn knippie sout want jou troudag sal nog beter uitkom as wat jy al ooit kon droom.
Wittebrood:
Ons het besluit om vir ons wittebrood nie ver te reis nie. Weens Kovid wat steeds ʼn onderliggende impak in reis kostes en reëlings gemaak het, het ons besluit om ons eie pragtige land beter te leer ken. Ons het vir ʼn week die Wildernis en Knysna wêreld verken. Daar het ons in die mees ongelooflikste plekke gebly. Ons land is só mooi en ons wou nie geld spandeer op iets waar ons soveel meer waarde kon kry uit ʼn binnelandse wittebrood nie.
Ons het juis die Kaap gekies omdat dit vir jou die beste van beide woud en strande kan bied gesamentlik met baie avonture. Dié week het ons spandeer in die pragtige Nima Lodge, met die mooiste uitsigte oor die wildernis streke, op die Knysna meer met ʼn sonsondergang boot rit, plaaslike geregte geniet en die beste van alles, ons het gaan kano in die storms rivier mond vanaf Tsitsikamma.
Eerste Dans:
Ons het besluit om ons eerste dans te doen op ʼn lied deur Matthew West, When I say I do. Dit is ʼn baie spesiale christelike lied wat baie mooi woorde bevat vir ʼn oomblik soos dié.
Ons was van plan om dans klasse te neem, maar het toe besef ons gaan dit net ‘wing’. Ons het die week voor die troue self in die huis gedans elke aand, ons wou dit nie oordink nie, want ons glo ons is redelike gesoute dansers en sou dit gemaklik kon doen op ons eie.
- Venue + Troukoek: Cheerio Gardens
- Huwelik kontrak: CVH Attorneys
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Merize Blom Photography
- Blomme: RSA Flowers (verskaffer), Cheerio Gardens (installasie)
- Dekor + Gaste Geskenke: Alles self gemaak
- Grimering + Hare: Beautiful Creations
- Huweliksbevestiger: Ds. Jana De Lange
- Juweliersware: Perel skatkis
- Paartjie se verblyf: Africamps
- Strooijonkers bykomstighede: Weef Leather Ties
- Skoene: Superbalist
- Skryfbehoeftes: Laetitia Avenant
- Strooimeisie-rokke: Afgesonder vir hom + Elna Kleinhans
- Tente: Africamps
- Trourok: The Wedding Boutique
- Trouring – Bruid: Bresco diamonds
- Trouring – Bruidegom: Eljolie
- Videograaf: Jaco Roodt Productions
- Wittebrood plek: Nima Lodge