Daniel & Ger-Marie se gesellige Plaastroue

Ons deel Daniel en Ger-Marie se gesellige plaastroue in Louis Trichard, Limpopo met jou op Mooi Troues.  Die paartjie se troudag was ʼn prettige, kleurvolle en gesellige kuier saam met familie en vriende.

Ons hou baie van Ger-Marie se pragtige trourok van Bridal Manor.  Sy het asemrowend daarin gelyk.  Die detail op haar trourok is so mooi, met fyn detail aan die voorkant van die rok wat regoor die skouers strek en ʼn lae oop rug het.  Dit is definitief ʼn baie stylvolle trourok wat perfek ingepas het by die gevoel van hul troue.  Bridal Manor is kenners in hul veld en as jy opsoek is na ʼn stylvolle trourok, dan moet jy kontak maak met hulle span.

Vir hul trou dekor het hul klomp verskillende elemente saam gebruik wat so mooi bymekaar ingevloei het.  Van blom ontwerpe met vars blomme gemeng met uitgedroogde blomme en pampasgras.  Dan was daar ook kleipotte, tou-plekmatjies, gras-lampe en geweefde matte.  ʼn Aardse kleurskema kan regdeur die troue gesien word, gemeng met pragtige blom ontwerpe en blom patrone.   Hul trou venue is omring deur prentjie mooi groen natuurtonele en berge in die agtergrond.  Dit is besonders mooi.

Om meer te lees oor Daniel en Ger-Marie se gesellige plaastroue en hul liefdesreis as paartjie, blaai gerus af.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het al in die laerskool deur middel van ʼn gemeenskaplike vriend ontmoet.  Ons het mekaar hoofsaaklik by sosiale geleenthede en sportbyeenkomste gesien waar ons tot in die laatnag in “gejol” het.  Ger-Marie was altyd een van die ‘taaiste seuntjies’ in die groep en om te dink dat sy eendag ʼn wit rok sou dra was verregaande. Daniel het van skole verander en die lewe het aan gegaan. Ons het mekaar bitter selde gesien.

Ons paaie het eers werklik weer gekruis op Universiteit waar Daniel in sy derde jaar ingenieurswese studies was en Ger-Marie begin studeer het vir Veeartseny verpleegkunde.  Dit was eers toe Ger-Marie ʼn saamry geleentheid saam met Daniel Louis Trichardt toe gevat het dat die ys gebreek is.  ʼn Vriendskap het verander in liefde en op 19 Desember 2020 is die groot vraag gevra.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was ongeveer ʼn jaar verloof.  Ons het ʼn troubeplanner gehad – die bruid se ma, Estelle Kemp.

Trou Begroting:


Ons begroting was R200 000 en ons het by die begroting gehou.  Die gastelys was ongeveer 170 gaste en die totaal wat op gedaag het was 145, waarvan 120 volwassenes was.

Ons het by ons begroting gehou deur:
  • Goeie kommunikasie tussen ons en die troubeplanner.
  • Ons het maandeliks en daarna weekliks die uitgawes met mekaar bespreek.
  • Ons het goed boek gehou deur ʼn Excel sigblad op te stel en elke liewe uitgawe aan te teken.
  • Die grootste en baie onbeplande uitgawes gebeur 2 weke voor die troue, so hou dit in gedagte wanneer julle die begroting op stel.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Daniel was dit toe hy vir Ger-Marie die eerste keer sien toe sy in die kerk in gestap het.

Vir Ger-Maie was dit toe hulle vir die eerste keer as Mnr & Mev bekend gestel is.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid en die troubeplanner het met die meeste idees vorendag gekom en die bruidspaar moes die finale besluit neem.

Paartjie se styl:


Ons wou ʼn baie moderne en stylvolle troue hê.

Die uitrustings het baie dinkwerk en soek gekos.  Ons het ʼn paar bruidswinkels besoek tot ek die perfekte trou rok gekry het.  Omdat ons by geen uitrusters die perfekte kleur trou pak kon kry nie, het ons dit aanlyn bestel.

Ger-Marie hou baie van roosgoud en die aard van haar werk laat nie toe vir ʼn “bulky” ring nie en haar styl is nie uitspattig nie.  Daniel se trou ring was baie modern van hout en titanium.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:
  • Kry ʼn goeie troubeplanner,  dis die moeite werd om daardie kostes aan te gaan.
  • Kry gemaklike skoene vir na die seremonie.
Bruidegom:
  • Lees die ‘reviews’ voordat jy enige diensverskaffer gebruik’
  • Maak seker julle het ʼn goeie seremoniemeester.

Venue & Dekor:


Ger-Marie het op die plaas groot geword en het baie sentiment aan die plaas.

ʼn Prentjie in ʼn trou tydskrif het ons oog gevang en van daar af het ons gebou op die idee van: pampas, kleipotte en warm kleure.  Ons wou baie natuurlike elemente gebruik soos die tou-plekmatjies, gras-lampe en geweefde matte.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Troubeplanner – Estelle Kemp van Nyala Lodge & Wedding Venue
  • Karin’s catering – Karin Smit
  • DJ Johnty – Johnty Janse van Rensburg Chillipix photobooth

Vermaak:


  • Blokfluit speler in die kerk
  • ‘Lawn games’ by verwelkomings drankies
  • Kinders speelpark
  • Chillipix photobooth
  • DJ Jonty
  • ‘Beerpong’ tafel later die aand

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons het só ʼn besige program gehad dat ons van die pa-en-dogter-dans vergeet het.

Eerste Dans:


Ons het die dansbaan op Somerson van Appel geopen.  Ons het geen danslesse gehad.

Wittebrood:


A.g.v. streng Covid-19 maatreëls het ons besluit om eerder Suid-Afrika te verken.  Ons het na Thanda Safari in KwaZulu-Natal gegaan omdat ons albei lief is vir die bos en vir diere.  By Thanda was dit moontlik om naby te wees aan die natuur in die gerief van ʼn privaat suite met 5-ster diens.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]