Stefan & Naomi se Stedelike Troue

Ons deel Stefan en Naomi se stedelike troue in Waterkloof Glen, Pretoria met jou op Mooi Troues.  Die paartjie se trou seremonie en -onthaal was by ʼn pragtige trou venue op die dak in die hartjie van die stad.  Omring deur die pragtige stad landskappe en wanneer die sonsak, skitterende stadsliggies.   Daar is net ʼn energie in die stad wat mens nie kan beskryf nie.

Naomi het asemrowend gelyk in haar trourok.  Die stylvolle, simplistiese ontwerp van die trourok is só mooi.  Ons is gaande oor die lang moue van haar trourok en die lae oop rug.  Stefan het dapper gelyk in sy swart troupak, wit hemp en die blommetjies patroon das breek die formele voorkoms van sy troupak.

Die paartjie het gegaan vir ʼn minimalistiese gevoel vir hul trou dekor, met minimaal dekor elemente op die tafel.  By hul trou seremonie het hulle ʼn pragtige ronde agtergrond gehad met mooi uitgedroogde en vars blom ontwerpe.  Die trou venue se industriële gevoel en mooi stad uitsigte trek die trou gaste se aandag.  Op hout tafels was daar deurskynende blompotte met enkel wit blomme.

Naomi en Stefan se troue was ʼn gesellige kuier saam met familie en vriende om ʼn lekker buite vuur en die stad se liggies wat in die agtergrond sprankel.  Om jou troudag so stresvry moontlik te maak, gebruik van Mooi Troues se Trougids vir professionele trou diensverskaffers vir jou troudag.  Rol af om meer te lees oor Stefan en Naomi se stad troue in Pretoria en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet in 2012 toe ons vir dieselfde “touch” rugby span gespeel het.  Ons paadjies het vir die eerste keer vanaf die rugby veld gekruis op my verjaarsdag in Julie 2013 en die res is soos hulle se geskiedenis.

Desember 2020 het ons verloof geraak en was saam my (Naomi) se broer, sy vrou en dogtertjie see toe.  Ons is die oggend strand toe en het ʼn stukkie gestap met ons honde en oor rotse geloop.  Daar het hy my onkant gevang toe ek omdraai en hy is op sy knie.  Dit was ʼn perfekte strand dag.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het getrou op 12 Junie 2021, dus net onder 6 maande verloof.  Ons het ons troue self beplan, maar kan nie al die krediet vat nie.  Daar was baie ondersteuning vanaf vriende en familie wat dit vir ons baie makliker en aangenaam gemaak het.  Ons trou diensverskaffers het ook ʼn groot rol gespeel.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was R 120,000.00 en het klein bietjie meer spandeer, maar dit was dit werd.  Ons het daarby gehou deur vooraf te besluit watter areas ons meer op wil spandeer, soos bv. die fotograaf was vir ons NB.  Daarna het ons kleiner uitgawes soos geskenkies, sjampanje, tafel wyn ens. uit te sny.  Ons het ook ʼn trouvenue gekies wat nie baie dekor nodig gehad het nie en het dus op troudekor gespaar.

Daar was vir 120 mense voorbereiding gemaak.

Advies:

Troues en alles daarmee gebonde is baie duurder as wat mens dink.   Dit is belangrik om n balans tussen jou idees en die geld daarmee verbonde te kry. ‘Mens kom gou agter nie al die detail wat mens op fotos sien, is op die ou end belangrik nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Stefan:

Toe Naomi uit die huisbak kom om in die kansel af te stap en ek haar die eerste keer sien in haar trourok.

Naomi:

Toe ek uitstap by die huisbak en op kyk na Stefan was hy baie emosioneel en dit het my diep geraak.

Daardie oomblik was vir ons albei baie spesiaal.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Venue en spyseniering – Moonshot Cafe.  Dis so uniek en mooi.  Mariette en haar span was maklik om mee saam te werk.  Ons gaste praat nou nog van die lekker kos.
  • Fotograaf en videograaf – Frank and the Misses.  Ricardo en Cherie is fantasties en hulle werk is “magic”
  • Dekor en Blomme – Hothouse Flowers – Handrie het van die begin af presies verstaan wat ons wou hê.  Dit het mooier uitgekom as wat ek gedink het dit sou.
  • Klank – Ashley Gaisford, ʼn vriend wat ʼn klank ingenieur is, het ons klank uitgesort.  Musiek is ʼn groot gedeelte van ons lewens (Stefan speel in ʼn orkes) en dus was dit belangrik dat die klank en musiek reg gedoen is.
  • Trourok – Carike Nel Designs – oor Carike kan ek paragrawe skryf.  Sy hanteer jou soos ʼn vriendin.  Ek het nie een oomblik gestres oor my rok nie en sy het die hele proses so aangenaam gemaak.
  • Grimering – Old French Brush – Ridré het ons so mooi laat lyk en voel.  Sy was soos ʼn ekstra bruidsmeisie op die dag.  Sy het ons tot rond gery.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het meeste van die besluite saam geneem.  Veral as dit gekom het by die groter besluite soos die venue en kos.  Ons vriende en familie was redelik betrokke met ons besluitnemings proses.  Ek het veral my beste vriendin se opinie hoog geag met items soos die dekor.  Ons was regtig baie gelukkig met die mense om ons wat die baie makliker gemaak het.

Spesiale Tradisies:


Ons het nie spesifieke familie tradisies gehad nie.  Die enigste ekstra spesiale oomblik wat ons gedoen het, was om ʼn kers tydens die seremonie aan te steek vir my (Naomi) se ma wat in 2017 oorlede is.  Dit was vir ons belangrik om daardie hartseer oomblik te erken, maar nie vas te hak by die hartseer nie en die dag verder net te geniet.  Die kers het by ʼn raam gestaan van ʼn prentjie wat sy aan die begin van ons verhouding vir ons gegee het en met haar rooi lippe gesoen het.

Paartjie se styl:


Ons styl was simplisties maar tog stylvol.  Ons wou ook ʼn redelike informele troue hê, dus het ons geen tafel plasings gehad nie en ook nie ʼn aansit ete nie.  Daar was ook nie ʼn spesifiek tyd wat mense moes eet nie.  Die kos was bedien van 18h00 tot 20h00.  Ons het braai broodjies, pitas (ons gaste praat nou nog daaroor), ‘chip-n-dip’, en pizza gekies.

Ons het ook dinge bietjie anders om gedoen deur eers confetti (Rice Krispies) te gooi toe ons by die onthaal inkom i.p.v. na die seremonie.  Direk daarna het ons die toesprake gedoen en dadelik die dans baan geopen.  Dit het die aand bietjie meer informeel en vry gemaak vir gaste om te kuier.

My trourok was baie plein met ʼn klein bietjie detail en was perfek gemaak deur Carike.  Ek het inspirasie gekry van my ma se trourok wat ook baie plein met lang moue was.  Stefan het ʼn klasieke swart troupak gekies met ʼn blommetjies das.

Stefan het ʼn goue ring gekies en my verloofring is my trouring wat ook redelik plein is, maar mooi en fyn.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die enigste ding wat eintlik skeef geloop het op die dag was dat ek (Naomi) bietjie laat was omdat ons die blomruikers vergeet het.  Maar dit was nie rerig die einde van die wêreld nie.

Al wat ons sou wou verander is dat van ons gaste nie kon kom nie, omdat hulle Kovid opgedoen het net voor ons troue en kon dus nie daar wees nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir bruide:

Ek dink dis belangrik om jou te omring met vriendinne/familie wat saam jou die proses sal deel en ondersteunend sal wees.  Dis so ʼn lekker tyd in mens se lewe en gaan so vinnig verby.  Ek was gelukkig in die opsig.

Vir bruidegomme:

Moenie op die nippertjie jou troupak en strooijonkers se klere uitsorteer nie.

Verder van ons albei af:

Mens gaan nooit alles kan kry wat mens wil hê nie (nie as mens op ‘ n begroting werk nie) kies dus die goed wat julle nie op wil “compromise” nie maar moenie te veel gepla wees met te veel detail nie.  Niemand onthou rerig presies die blom op die tafel nie.

Die seremoniemeester is ook baie belangrik.  Ons vriend, Ruan was ons seremoniemeester en hy het gesorg dat almal op die regte tyd op die regte plek is.  Ruan was ook skreeusnaaks en ons kan hom ook lys onder vermaak.  Vra dus iemand wat jy kan vertrou om die rol te vul.

Venue & Dekor:


Ek (Naomi) het die Venue, Moonshot Cafe, lank terug op Instagram gesien.  Toe ons verloof raak het ons pryse aan gevra van verskeie venues insluitend Moonshot.  Ons het eerste na Moonshot gaan kyk en nie verder gesoek nie.  Saam die billike prys (in ons opinie) en die gevoel van die stad, was dit ʼn maklike keuse.  Dit was ook maklik vir ons gaste aangesien meeste reeds in Pretoria gebly het en dus hoef baie min mense verblyf te gekry het.

Vermaak:


Ons het net ons eie “playlists” gemaak en daar het heeltyd musiek gespeel.  Ashley het gesorg dat dit op die regte tye en plekke speel.

Eerste Dans:


Ons het net ʼn stadige spontane dans gedoen.  Ons het nie ʼn geoefende dans gehad of lesse nie.  Die eerste dans liedjie was Sum41 se “With me” gedans.  Ons het dit gekies omdat ons mal is oor die woorde.

Wittebrood:


Ons eintlike wittebrood is om New Zeeland toe te gaan.  Maar ons kan nog nie, omdat hulle nog nie oop is vir toeriste nie, ons beplan om in 2023 te gaan.

Ons het dus vir ʼn week na Africamps White Elephant Safaris toe gegaan.  Ons het lekker gerus, vis gaan vang, gholf gaan speel, lekker gebraai en geëet.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: