Verloofring Advies deur Your Diamonds

Ons deel vandag belangrike Verloofring Advies wat Your Diamonds gee aan paartjies wat dink daaraan om te belê in ʼn verloofring.  Your Diamonds is in 1986 gestig, en het jare se ondervinding in die juweliers bedryf in Suid-Afrika en regoor die wêreld.  Met ʼn passie vir mooi juweliersware wat uniek is vir elke paartjie.  Hulle spesialiseer in unieke juwele maar ken vervaardiging en het sodoende al ʼn paar wenke by mekaar gemaak.

ʼn Verloofring is ʼn baie groot en belangrike besluit en kan baie oorweldigend wees as jy nie die regte advies vooraf het nie.  In dié artikel fokus Your Diamonds op die basiese punte waaraan jy moet dink voordat jy besluit op ʼn verloofring, sodat dit ʼn stresvrye besluitneming proses is.  Rol af om meer te lees.  Indien jy enige ander vrae het wat spesifiek tot betrekking tot ʼn verloofring of juweliersware het, kan jy hul profiel op Mooi Troues besoek en hulle kontak.

Maak seker dat jy genoeg tyd het:


Dit neem tussen 10 en 15 werksdae om ʼn ring van begin tot einde maak.  As jy presies weet wat jy wil hê, is die 10 tot 15 werksdae genoeg, maar as daar nog ʼn paar idees is wat in die lug rond hang, dan is dit beter om gouer by die ontwerper uit te kom.  Beplan vooruit om enige teleurstelling te vermy.

Gaan na die ontwerper met ʼn idee van wat jy wil hê


Dit bespaar tyd en onnodige heen-en-weer na tussen jou en die ontwerper.  Wanneer dit by ontwerpe kom, is daar nie end aan al die opsies nie.  ʼn Mens hoef ook nooit beperk te voel nie.  Deesdae kan mens enige ontwerp verander of namaak, al is dit ʼn foto van die internet af!

Daar is baie alternatiewe stene om te gebruik in die plek van ʼn diamant


Doen bietjie navorsing oor die steen wat jy wil gebruik en hoe hard die steen is.  Tanzaniet is byvoorbeeld nie ʼn steen wat in ʼn ring gebruik moet word nie.  Dié steen is baie bros en kan maklik kraak met die kleinste van stampies.  Soek vir ʼn steen wat harder is om in jou verloofring te gebruik.

Goeie stene om in ʼn ring te gebruik is: Moissaniet, Saffier, Topaas en Sitrien.  Hierdie stene is redelik hard en kraak of breek nie maklik nie.

Ontwerp die ring nes wat jy hom wil hê


Tendense verander van jaar tot jaar.  Tussen jou ouma se ring en nou, was daar al ʼn hele klomp veranderinge in die juweel wêreld.  Jy is die een wat die ring gaan dra en dit is belangrik dat jy daarvan hou.

Daar is wel nog ʼn paar dinge om in gedagte te hou wanneer jy die ontwerp verander.  Onthou dat die ring skoon gemaak moet word en dat jy by al die steentjies moet kan bykom.  Die ontwerper sal ook vir jou raad kan bied in terme van hoe prakties en sterk die ontwerp is.

Baie fotos op die internet is nie egte fotos nie en is net ʼn konsep.  Pasop om deur hierdie ontwerpe geflous te word.

Kies die regte metaal


Metaal samestelling het oor die jare verander.  Mense wat allergies is vir juwele kan deesdae baie makliker die regte metaal kry.  Deesdae se samestelling is vereenvoudig en baie van die reaktiewe metale is uitgehaal.  Dit beteken dat sekere mense weer goud en silwer kan begin dra.  Goud kom in geel, roos, en wit(lyk soos silwer) en is die mees algemeen wanneer dit kom by metaal keuse.

Versekering


Hoe verseker mens ʼn ring?  Al wat mens nodig het is die waardasie van die item en dit kan vir die versekering gegee word om die items te verseker.  Die waardasie het ʼn goeie beskrywing van die ring met die gewig en grootte van die stene ens.  Dit is aanbeveel om ʼn waardasie elke 2 tot 3 jaar te hernu.  Hierdie is om seker te maak dat jou items nie onderverseker is nie.

Artikel Krediet:

  • Foto’s:  Verskaf deur Your Diamonds
  • Geskrewe:  Verskaf deur Your Diamonds
  • Inleiding:  Mooi Troues