Ons is baie opgewonde om Leander en Lielie se boheemse plaastroue in Bethlehem, Vrystaat met Mooi Troues se lesers te deel. Jy kon sien die paartjie wou ʼn lekker gesellige troue hê saam met vriende en familie. Van ʼn plaaslike sanger wat gaste vermaak het gedurende verwelkomingsdrankies drankies, tot lip-lek-lekker canapés voor die trou onthaal begin het.
Ons is totaal en al verlief op Lielie se eksentrieke trourok! Dit het soveel fyn detail op en vloei so mooi saam met die res van die troue se gevoel. Leander het ʼn meer formele swart troupak gehad, wat die perfekte balans geskep het.
Hul trou dekor was ook iets besonders. Pampasgras, gedroogte blomme met bietjie vars blomme tussen in werk só mooi saam met die aardse kleure. Ons hou van die hoogte wat die blom ontwerpe bo die tafel skep. Met die ligte wat oor die tafel hang gee dit ʼn romantiese en ook warm gevoel aan die hele trou venue. Die donker glase pas ook perfek in by die res van die dekor en gee dit ʼn interessante atmosfeer.
Alles is moontlik as jy ʼn fantastiese span diensverskaffers het. Mooi Troues se Trougids is ʼn bron waar paartjies fantastiese trou diensverskaffers vind vir hul troue. Rol af om meer te lees oor Leander en Lielie se liefdesreis as paartjie en om meer te lees Boheemse plaastroue hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar 6 jaar terug ontmoet en ʼn hele week saam by die see spandeer, (saam met gemeenskaplike vriende) hy het nie een woord met my gepraat nie en ek het teruggekom by die huis en gedink die man het geen persoonlikheid nie. Daarna het ons vir omtrent 3 jaar in dieselfde vriendekring beweeg en hoe meer tyd ons saam spandeer het hoe meer het ek besef maar hier is definitief iets meer. Ek dink ons verhouding is so sterk, want ons het so lank gewerk aan ons vriendskap fondasie.
Leander het my Desember 2020 geblinddoek en geneem na ons familieplaas toe hy my blinddoek afhaal het hy die stoor versier met kerse wat as ʼn gangetjie gepak is met fotos van ons orals gehang en ʼn gedekte tafel vir twee. Dit was só spesiaal en hy het tot ʼn fotograaf gehuur om die spesiale oomblik vas te vang.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 7 maande verloof. Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie. Ek as bruid het omtrent alles op my eie beplan, van self pampas sny en hang en droog tot self ons fotobord verf en ons dekor muur agter die bruidstafel maak ek as bruid het ons ‘save the date’ en kaartjie, tafel name, naam kaartjies ens. ontwerp. Ons het sover ons kennis en vaardighede strek dit self gedoen wat ons kon.
Trou Begroting:
Ons het nie ʼn presiese bedrag gehad nie, ons wou net graag onder R200 000 bly. Ek dink die beste manier om by jou trou begroting te hou is om ʼn prioriteitslys vir jouself te maak. Vir ons was fotos definitief die belangrikste aspek van ons troue, want dit is al wat jy oor 20 jaar oor het van jou dag.
Daarom was ʼn fotograaf eerste op ons lys. Kies die fotograaf wat jy aanklank by vind en dan die venue en so aan totdat jy mooi kan sien hoeveel geld jy oor het vir al die klein dingetjies. Kyk na ʼn fotograaf en videograaf duo, jy spaar baie as wat jy twee aparte besighede gebruik. Hou kop van al die klein dingetjies wat jy aankoop, want op die ou end maak dit ʼn groot bedrag op.
Ek voel gaste geskenke is meer van die idee van dit en kan eintlik heeltemal gelos word. Ons het net 80 gaste gehad en dit was só lekker, want ek kon tyd saam met elke liewe mens spandeer.
Merkwaardigste Oomblikke:
Leander:
Die opname van @eg_ek wat Lielie laat opneem het en gespeel het reg voor sy ingestap het was vir my die grootste oomblik.
Lielie:
Ek dink vir enige dogter is dit die grootste voorreg om albei haar ouers te hê wat saam met haar die dag geniet. Definitief een van die mees spesiale oomblikke van die dag was toe ons my trourok onthul gedoen het vir my pa en ma en ek en my pa die trougang afgestap het.
Die Besluitnemingsproses:
Ek dink definitief ek as bruid het meer van die finale besluite geneem, ek het presies geweet wat ek soek en daarom het ek meeste besluite geneem. Omdat ons a.g.v. van Kovid moes uitstel en alles op die nippertjie moes gebeur het, omdat ons Thailand toe moes vlieg, het ons ouers ingetree en gehelp met die besluit van uitstel nadat elke moontlike opsie oorweeg is.
Vermaak:
Ons het by die verwelkomingsdrankies ʼn plaaslike sanger van Clarens gehad – Elvis Mokoena. Ons platejoggie was Wentzel Myburg.
Paartjie se styl:
Lielie:
Die trourokke wat ek in 2021 gesien het was almal klassiek, tydloos en sonder enige fieterjasies. Ek het gevoel dis die een dag in my lewe waar ek ‘way out’ kan gaan met my rok. Ek het met ʼn Kaap vakansie by my broer, rokke by 2 plekke gaan aanpas. Toe ek my trourok aanpas, toe kry my boetie hoendervleis en sê: “Dis so Lielie rok.”
Dit was so spesiaal dat net my broers geweet het hoe my trourok lyk en my ma ook die dag van die troue ʼn rok onthulling gekry het. My trourok weerspieël ʼn boheemse koningin.
Ek in nie iemand wat juwele dra nie en het ek altyd gesê ek soek nie ʼn diamant nie. So ʼn paar jaar terug het ek al ʼn soortgelyke ring op Kelly Jay se blad gesien en na dit was daar net nog nooit iets wat by dit gekom het nie. Ek dink my trourok en my trouring was 100% eg aan wie ek is.
Leander:
Ek dink ek bring balans in ons verhouding met Lielie se eksentrieke styl en ek wat baie meer eenvoudig is. Ek het ʼn swart troupak gekies, want ek glo dit is altyd stylvol en dit gekombineer met bruin ]leer das, belt en bruin skoene. Dink dit het só mooi gepas by die hele tema van die troue.
My trouring weerspieël weer wat jy sien is wat jy kry en daarom het ek met ʼn eenvoudige swart Tungsten ring gegaan.
Wittebrood:
Ons sou aanvanklik op 10 Julie 2021 trou, maar a.g.v. Kovid moes ons, ons troue uitstel tot die regulasies verslap is. Dankie tog dat dit vinnig gebeur het en ons kon trou op 31 Julie 2021.
Ons het die Maandag na die troue Thailand toe gevlieg om daar te gaan skool gee. Ons moes 2 weke Kwarantyn in ʼn hotel in Bangkok en dit was seker ons wittebrood. Min wetend het Thailand self regulasies gehad en ons skool het nooit oopgemaak nie, so ons het basies vir 5 maande aanlyn gewerk en gereis. Ek dink ons was só geseënd om mekaar dieper te leer ken en vir 5 maande alles te sien wat ons wou.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Lielie:
Onthou dis JOU dag, bly so eg aan jouself as wat jy kan. Kies die kos wat jy van hou om te eet (ons hoofgereg was gourmet burgers en skyfies), nooi die mense wat regtig ʼn invloed in jou lewe het. En die belangrikste is, geniet elke oomblik dit gaan SO vinnig verby!
Leander:
Begin vroegtydig met alles, probeer soveel as moontlik help om die lading op jou vrou ligter te maak. Volg ʼn tydskedule van wanneer alles klaar moet wees.
Venue & Dekor:
Ons is baie geseënd dat die eienaar van die venue ʼn nabye vriend van my pa is. Dit het net sin gemaak om daar te trou omdat ons altwee grootgeword het in Bethlehem en meeste van ons gaste van Bethlehem afgekom het.
Daar was ook genoeg slaapplek vir al die gaste op die venue se perseel en dit het gehelp dat almal tot laat saam ons ons dag kon gevier het. Ek was behep met die idee van pampas en die “terracotta baksteen” kleur en ek het geweet dit is baie populêr, daarom wou ek ʼn klein ‘twist’ inbring en dit was die swart wat ons saam ingebring het.
Ek het meubels wat by ons tema pas by elke familielid moontlik geleen en ek het elke klein dingetjie op die tafels gekies. Ons doel met die dekor was dat ons gaste ʼn gevoel van warmte en lekker samesyn kry en ek glo ons het daarin geslaag.
Gunsteling Diensverskaffers:
Definitief Nina Buys Photography die fotograaf en All in one Party Hire Bethlehem wat die dekor gedoen het.
Eerste Dans:
Ons eerste dans se liedjie was Home van Edward Sharpe & The Magnetic Zeros. Leander hou glad nie van vasdans nie, so ons het so eie aan onsself probeer bly met die liedjie keuse, definitief bietjie meer van ʼn alternatiewe opsie. Ons het nie vir danslesse gegaan nie, maar ʼn paar keer in ons sitkamer geoefen om seker te maak ons is reg.
- Venue + Koördineerder: Lavender Hill Country Estate
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nina Buys Photography
- Blomme: Marlise Blignaut
- Bruidegom-pak: Khaliques
- Dekor – Ligte: Elegant Draping
- Dekor – Tafel Versierings: All in one party hire
- Dekor – Kerse: Candle Lite
- Gaste Geskenke: Mr Price Home
- Grimering: Flawless Makeup by Donique
- Hare: Profusion Hair and Beauty
- Huwelik kontrak: Breytenbach Mavuso Inc
- Huurdienste – Meubels: So Where to events
- Huweliksbevestiger: DS Dougy Bubb
- Juweliersware: Lovisa
- Opname van ons storie: @eg_ek
- R&R + Brandewyn ‘on tap’ : Copper Union Company
- Platejoggie: Wentzel Myburg
- Paartjie se verblyf: Lavender Hill Country Estate
- Spyseniering: Liane Catering
- Strooijonkers bykomstighede: Knapsak Leather
- Skoene: Country Road + Tread and Miller
- Skryfbehoeftes: Bruid Self ontwerp
- Strooimeisie-rokke: Megan Strydom
- Trourok: Vagabond Bridal
- Trouring – Bruidegom: Stonz Diamond
- Trouring – Bruid: Kelly Jay Jewellery
- Troukoek: Loving Cakes by Monia
- Videograaf: Otherhalffilms