Malcolm & Keshia se Verlowing Fotosessie in Pretoria se Middestad

Met ʼn groot glimlag deel ons Malcolm & Keshia se verlowing fotosessie met jou.  Die paartjie se verlowing fotosessie in Pretoria se Kerkplein is een wat jy nie moet mis nie.  Keshia en Malcolm het soveel pret gehad tydens die fotosessie.  Omring deur prentjie mooi argitektuur, die stadslewe en die sagte sonsak lig was dit die mees romantiese fotosessie.

Malcolm en Keshia wou graag ʼn verlowing fotosessie doen om meer gemaklik te wees voor die kamera. Dit is een van die hoof dinge hoekom ons altyd motiveer dat paartjies ʼn verlowing fotosessie moet bespreek. Nie net om mooi foto’s te kry vir trou uitnodigings en/of julle huis nie, maar om gemaklik en stresvry jul fotosessie op jul troudag te geniet.  Dit is ʼn geleedheid om jou trou fotograaf beter te leer ken en ook enige iets waarmee jy sukkel te probeer oorkom.

Ons het ook van die simplistiese, maar baie stylvolle uitrustings van die paartjie gehou.  Jy het nie nodig om formeel aangetrek te wees om mooi te lyk nie.  Ons advies is om gemaklik, maar so simplisties moontlik aan te trek.  Probeer wegbly van te veel geskrewe op klere, want dit trek jou aandag af van die paartjie.

Die paartjie het die fotosessie geëindig op ʼn dak, ʼn bottel vonkelwyn en die sagte sonlig wat teen die stad se geboue val in die agtergrond.  As jy onlangs verloof geraak het en jou troue beplan, onthou om Mooi Troues se Trougids te besoek vir al jou trou diensverskaffers.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


In 2018 het ‘n gemeenskaplike vriend Keshia en Malcolm aan mekaar voorgestel en gedink hulle sal lekker saam kuier.  Hy was toe heeltemal reg.  Kort daarna het hulle nog ‘n afspraak gereël en die vonke het gespat.

Hulle was net bietjie meer as drie jaar saam toe Malcolm besluit het om die groot vraag te vra by die pragtige Lion Sands River Lodge op ‘n romantiese safari.  Keshia het ja gesê ten aanskouing van ‘n hele trop olifante.

Net na die verlowing het hulle begin beplan aan hulle sprokiestroue in die suide van Frankryk se Eze Village.

Die groot vraag:


Malcolm het behoorlik gekonkel met die behulpsame bestuur by Lion Sands River Lodge, hulle het gesorg vir ‘n romantiese piekniek met vonkelwyn na die laat middag wildrit.  Keshia was behoorlik verras en het nie vir ‘n oomblik getwyfel voor sy die “Ja” woord gegee het nie.  Malcolm het by Keshia se suster uitgevis oor hoe die verloofring moet lyk wat Keshia nog altyd van gedroom het.  Keshia was in die wolke oor die perfekte verloofring.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Keshia bewonder Malcolm se goedhartigheid en gawe om altyd die beste in ander mense raak te sien.

Malcolm het nog nie opgehou lag vir Keshia se grappies nie, en is versot op haar sin vir humor.

‘n Liefde vir reis en lekker kos is iets wat albei deel.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Malcolm en Keshia was verloof vir 8 maande voor hulle die knoop deurgehaak het in Frankryk 16 April 2022.

Die verloofring:


Die verloofring is deur Malcolm en Keshia se suster Corali gekies.  Keshia het begin dink die tyd stap nader en die man gaan seker ‘n groot vraag wil vra op ‘n stadium, sy het verloofring idees vir haar suster gestuur, wat dit soos verwag met Malcolm gedeel het.  Hoewel Keshia die verloofring idees gedeel het was sy nie seker waar of wanneer Malcolm die groot vraag sou vra nie.  ‘n Meer romantiese verlowing kon hulle nie voor vra nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Die paartjie wou graag ‘n verlowings fotosessie doen om gemaklik te raak voor die kamera.  So is dit dan nie te vreemd op die troudag nie.  Hulle het vinnig vir Unaresa gevra om die verlowings fotosessie af te neem aangesien hulle mal is oor haar werk en hulle haar al lank volg op sosiale media.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Hulle wou graag ‘n “city vibe” hê.  Aangesien dit meer uniek is as gewone natuurtonele.  Hulle het die idee met Ferngreen Photography gedeel en Unaresa het Kerkplein in Pretoria Middestad voorgestel.  Die paartjie was mal oor die idee en het dadelik reëlings begin tref vir dié fotosessie.  Unaresa het die paartjie so gemaklik laat voel en die fotos het absoluut pragtig uitgekom.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Die groot vrese vir die verlowings tydperk was dat die familie nie ten gunste sou wees van ‘n oorsese troue (Elopement) waar net die paartjie sou wees nie.  Hulle het wel almal gerusgestel deur die troue te stroom op Zoom vir vriende en familie.

Visie vir droomtroue:


Om in die suide van Frankryk te trou in die sprokies dorpie Eze Village. Intiem, klein met net die paartjie teenwoordig – Hulle droom het waar geword.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]