Ons deel graag Jason en Azaria se strand verlowing fotosessie met jou op Mooi Troues. Die paartjie het die mooiste verlowing fotosessie op ʼn strand gehad. Omring deur die prentjie mooi agtergrond van die strandmeer en die strand. Jy kon sien Azaria en Jason het hul verlowing fotosessie baie geniet. Azaria het die mooiste minimalistiese, maar baie elegante verloofring, wat so mooi aan haar vinger lyk.
ʼn Verlowing fotosessie hoef nie ʼn stywe storie te wees nie. Geniet elke oomblik daarvan en gebruik die tyd om gemaklik te raak voor die kamera. Dit help julle om soveel meer gemaklik te wees op jul troudag en onnodige stres te vermy. Ons hou baie van die neutrale kleurpalet van die paartjie se kleredrag. Dit gee ʼn gemaklike, maar nogsteeds baie stylvolle gevoel aan die foto’s. Dit is belangrik om gemaklik te wees tydens jou verlowing fotosessie.
Rol gerus af om te kyk na Jason en Azaria se pragtige strand verlowing fotosessie waar jy definitief inspirasie van sal vind. Jy sal ook meer lees oor hul liefdes pad saam en die groot vraag!
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons ouers was jare lank bure en familievriende. Hy was in die weermag in Bloemfontein en ek was ʼn 3de jaar Student aan die Universiteit Stellenbosch, ons het nooit ontmoet nie. Op 14 Oktober 2015 het ek ʼn oproep van ʼn onbekende nommer gekry, net om te besef dit is hy, my buurman. Ons het eers vanaf 13 Januarie 2016 begin uitgaan en is al 6 wonderlike jare saam.
Die groot vraag:
Jason het reeds in 2016 gesê ons sal dieselfde jaar trou. Hy het 30 Oktober 2021 by die Bloemendal-wynlandgoed in die Rosé-tuin my gevra om te trou in die teenwoordigheid van my 2 susters, swaer, my niggies en ons 2-jarige dogter. Ons het al gepraat van trou, maar het nie geweet dat hy dit daardie dag my sou vra nie.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Sy sin vir humor kan enige las wat ons deurmaak verlig. Sy is ʼn baie deernisvolle en bedagsame vrou wat altyd daar is vir my.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons is vir 7 maande verloof, het getrou op 28 Mei 2022. Met hom wat vir 3 maande in Angola weg werk, moes ons vinnig beplan en om die rotasie-skedule werk.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Arline Photography & Video Productions