Met opgewondenheid deel Mooi Troues die moeitelose ikoniese neutrale kleurskema trou inspirasie met jou. Dié gestileerde fotosessie bied tonne inspirasie vir paartjies wat opsoek is na idees vir hul troudag. Hierdie gestileerde fotosessie was gehou by ʼn trou venue in Pretoria-Oos. Ons is gaande oor die trou dekor van die gestileerde fotosessie.
Die rou hout tafel staan só mooi uit teen die trou venue se wit tekstuur mure en neutrale vloer. Al die verskillende dekor elemente op die trou tafel het só mooi saamgetrek. Die gebruik van verskillende teksture en ʼn neutrale kleurpalet met tikseltjies aardse kleure is so mooi en skep ʼn modieuse gevoel. Met ʼn mengsel van verskillende blom ontwerpe in verskillende blompotte, asook uitgedroogde blom elemente en vars blomme gee ʼn Boheemse ondertoon aan die fotosessie. ʼn Tendens wat nou baie gewild is onder paartjies wat besig is om hul troue te beplan.
Twee moderne kunstige troukoeke was uitgestal met groot abstrakte vorme in die agtergrond wat ʼn interessante element tot die trou dekor gevoeg het.
Die model het pragtig gelyk in haar vloeiende en eksentrieke trourok wat perfek ingepas het by die tema van die gestileerde fotosessie. Haar fyn en klassieke trouring het só mooi by die trourok se styl gepas. Your Diamonds het die pragtige trouring vir die fotosessie verskaf. Hulle is ʼn bekende juwelier gebaseer in Pretoria, maar werk met bruide van regoor Suid-Afrika.
Rol af om meer te lees oor die inspirasie agter die gestileerde fotosessie en meer foto’s te sien van die moeitelose ikoniese neutrale kleurskema trou inspirasie fotosessie.
Wie het die fotosessie gereël?
Venue Nouveau
Inspirasie agter die fotosessie:
Die nuwe modern glas aansig van Venue Nouveau wat pas gebou is, het ons as eienaars geïnspireer om ʼn skoon, dromerige fotosessie te reël.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Nadat Venue Nouveau onlangs na ʼn meer moderne voorkoms beweeg het. Met die installering van vloer tot dak vensters, het ons besluit om gebruik te maak van die jong, “in Vogue” verskaffers om die gestileerde sessie vas te vang.
Agter die skerms van die fotosessie:
Een van die modelle kon ongelukkig nie haar ring grootte aan die juwelier uitkry nie, en dus het die ring op die dag van die fotosessie nie 100% gepas nie – daar was wel vinnig ʼn plan gemaak met die juwelier op die perseel, was hy meer as vrywillig om die ring vir ons te sny met ʼn tang. Die ring is mos net so belangrik soos die rok.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Hoe die modern, wit, wasige voorkoms naatloos in die venue gelewe het.
Dekor:
Lily Grace, Venue Nouveau se binnehuis-bloemis, het al die blomme en dekor vir die sessie verskaf, gereël en na lewe gebring. Die wit neste van verskillend materiaal en teksture, in die dak tussen meer as ʼn 100 gloeilampe, was die fokus punt. Die dekor op die tafel was minimaal gehou deur van interessanter blomme in potte gebruik te maak. Alles was saam mooi vasgebind met die gebruik van sagte moeselien servette.
Kleurskema:
“Iets soos die! Die moderne skoon oop venue verandering, het die vars skoon dromerige kleure geïnspireer om die lig wat deur die vensters in stroom te beklemtoon en so elke bruid wat droom oor haar troudag te bied.”
Venue en Ligging:
Die Venue was die hoof inspirasie agter die beplanning van die sessie.
Trourok:
Die rokke was deur verskillend ontwerpers aan ons geleen vir die fotosessie. Nie alledaagse trourokke was gekies vir die sessie, om te verseker dat die kyker op sosiale media, sal stop, wonder en geïnteresseerd sal wees om meer te wil sien.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Hou by jou tema en gevoel met elke keuse deur die trou beplanning, so sal dit verseker dat alles mooi bymekaar en maak dit die droom prentjie in jou kop waar word.
Addisionele Inligting:
Maak gebruik van spesiale element op jou troudag, soos byvoorbeeld ʼn vintage motor van “Wat Swaai Jy”, sal nie net jou gaste laat staar nie, maar die foto’s sal tydloos wees.
- Fotograaf: Zané Slabbert Photography
- Blomme + Dekor: Lilygrace flowers
- Hare + Grimering: Talis artistry
- Juweliersware: Beaudell Jewellery
- Troukoek: Dirty Peach Cake Boutique
- Venue + Koördineerder: Venue Nouveau Wedding Venue
- Skoene + Toga: Fynbos Wedding Shoppe
- Trourok: Mimie Bridal Atelier + Gabbiano
- Modelle: Linda Jean Mouton + Klara Viljoen
- Sonbrille: bril.
- Vintage Motor: Wat Swaai Jy
- Naels: Di’ Salon Montana