Zack & Megan se Industriële Verlowing Fotosessie

Met opgewondenheid deel ons Zack en Megan se industriële verlowing fotosessie by ʼn fabriek in Wellington wat terug dateer na 1871.  Klara Design & Photography het die paartjie se verlowing fotosessie afgeneem.  Die paartjie vertel dat hulle soveel pret gehad het en dat Klara hulle uit hul maag laat lag het.  Dit is presies wat jy wil hê van ʼn trou fotograaf.  Om julle te laat lag en gemaklik te laat voel.

Die paartjie het hul foto’s van hul verlowing fotosessie gebruik om ʼn aanlyn trou uitnodiging webtuiste te maak.  Megan en Zack sê hulle het meer gerus gevoel om te sien die fotograaf in aksie te sien tydens hul verlowing fotosessie.  Dit is een van die baie redes hoekom ʼn verlowing fotosessie baie belangrik is.

Ons is gaande oor die paartjie se fotosessie. Hulle sagte uitrustings staan só mooi uit in kontras teen die rou baksteen mure van die industriële gebou se rou afwerkings.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Rol af om jou verlowing fotosessie inspirasie te kry vanaf Zack en Megan se industriële verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Zack het mekaar in 2016, ons eerstejaar, op ʼn dansbaan in Stellenbosch ontmoet. Zack het nooit geglo in liefde met die eerste oogopslag nie, maar hy sê altyd dat toe hy my raak sien, het hy onmiddellik geweet hiér kom iets spesiaal.  Hy het my gevra vir ʼn dans en ons het van daar af Stellenbosch lekker saam verken en goeie vriende geword.  Gebaseer op ʼn goeie vriendskap van kos, avontuur, lag en liefde het ons die volgende vyf jaar saam aangegaan.

Die groot vraag:


Zack het dié groot vraag gevra afstroom van waar ons offisieel ʼn paartjie geword het, en ek bedoel dit letterlik.  Ek is uitgevra by die beginpunt van die Eersterivier by Jonkershoek se watervalle.  En ons het verloof geraak op Spier se brug oor die selfde water stroom.  Op 27 Julie 2021, ʼn Dinsdag, het Zack 10h00 besluit om die verlowing te beplan.  Dieselfde aand toe ons op Spier se brug staan in die donker, in die reën, het ek regtig my woorde verloor toe hy op sy regte knieg gaan.  Ek was nóg nooit só veras nie.

Die verloofring:


Ek wou graag ʼn verloofring gehad het wat my altyd aan Zack sou laat dink.  Hy het so af-en-toe gekom en verskillende ringe getoets op my smaak.  Ek het vir hom gewys wat ek mooi vind, maar dit was vir ons belangrik dat die ring ʼn verrassing moes wees.  Zack het alles stilletjies gereël.  Ek was onder die indruk hy gaan kyk vir kamp goed in Worcester.  Hy was eintlik besig om saam met die briljante Anneke van As, van Viljoen Juweliers, die perfekte verloofring te ontwerp.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het lank vir ʼn fotograaf gesoek en toe ons vir Klara vind was ons gelukkig genoeg dat ʼn verlowings sessie ingesluit was.  Ons het die fotos gebruik vir ons trou uitnodiging webwerf wat ons self bymekaar gesit het.  Behalwe die spesiale fotos wat ons verewig op sal terug kyk, was dit so gerusstellende om ons trou fotograaf in aksie te sien.  Klara het ons uit ons mae laat lag en vir ons gemaklike ‘poses’ gegee om te doen.  Ons het geweet ons is in goeie hande.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Tussen die verlowings en trou tyd is daar ʼn wêreld van dinge wat moet gebeur.  Die grootste uitdaging is om die trou reëlings te doen terwyl jy voltyds werk.  Jy moet tyd maak om interessante idees te soek.  Besluit wat is mooi en om talentvolle diensverskaffers te vind wat bekostigbaar, uniek en betroubaar is.  Buiten die verantwoordelik wat op jou is, is dit ʼn baie opwindende tyd waar almal bereid is om te help!  My vriende en familie het hulle ou trou tydskrifte geskenk, Pinterest borde begin en seker gemaak ek mis nie iets nie!

Visie vir droomtroue:


Ek is nie iemand wat my troue van skooltyd af beplan nie.  Ek het my trou visie eers begin ontwikkel nadat ons verloof geraak het.  Dit is vir my lekker om met vars oë te kyk na idees en direk van my opgewondenheid te kan soek vir maniere om dit bymekaar te kan sit.  Die belangrikste deel van ons troue is die mense.  Al ons gaste moet lekker eet, uit hul harte kuier en ons troue nooit vergeet nie.

Die troudekor en gevoel is vir ek en my man en moet ʼn weerspieëling wees van ons verhouding – romanties, sag en mooi.


    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: