Met baie opgewondenheid deel ons Andries en Kylé se elegante troue in die Kaapse Wynland met jou. Wees gereed vir tonne trou inspirasie! Die paartjie het omtrent ʼn lekker feesviering gehad op hul troudag. Omring deur pragtige bome, versorgde tuine en majestueuse berge in die agtergrond, was dit die perfekte ligging vir die paartjie se visie vir hul droom troudag.
Kylé het beeldskoon gelyk in haar mooi en stylvolle trourok. Ons is gaande oor haar pragtige hand ruiker wat sy gehad het. Andries het self stylvol gelyk in sy swart trou uitrusting.
Ons sal hul troudag beskryf as modern, klassiek en definitief elegant. Met soveel mooi elemente bymekaar is dit die perfekte troue! Elke detail van die paartjie se troue was fyn beplan. Met professionele diensverskaffers is alles moontlik. Beplan jou troue deur Mooi Troues se Trougids te besoek vir professionele betroubare trou diensverskaffers.
Alles was perfek by die paartjie se troue. Van die pragtige helder blom ontwerpe by die seremonie, tot die prentjie mooi groot blom ontwerp uit die glaskas trou venue se dak. Die mooiste kandelare tussen die blom ontwerpe gee ʼn luukse gevoel aan die hele trou venue. Die tafels was bedek met kerse en geen blomme nie, so kon gaste gesellig met mekaar gesels sonder om te probeer gesels om ʼn blompot!.
Gaste was by die trou venue verwelkom by ʼn glasie vonkelwyn waar hul tafel nommer op die glas aangedui was. Só ʼn oulike fyn detail. Tydens sonsak het die glaskas trou venue se liggies alles begin ophelder. Rol af om meer te lees oor Andries en Kylé sy elegante troue in die Kaapse wynland en hul oulike liefdesverhaal.
Paartjie se Liefdesreis:
Universiteit van die Vrystaat liefdesverhaal:
Ons het in die selfde kompleks slegs ʼn paar huise van mekaar weg gebly en nooit van mekaar geweet nie. Tot eendag wat Andries en van sy vriende ʼn sleepwa agter aan ʼn bakkie sleep met ʼn braaier en tafel op by my huis stop en vra of ons wil saam ry-braai. Min weet ons dat ons beide ons lewensmaat en beste vriend op ʼn winters aand in Bloemfontein sal ontmoet as gevolg van twee vergete wyn glase wat ek in sy huis vergeet het. Die volgende oggend klop die oulikste Andries aan die voordeur met my twee wynglase en nog gewas ook, ʼn koffie op my bank en verewig daarna.
Verlowings dag:
18 Oktober 2020, die Sondag oggend na kerk oppad terug plaas toe, sê Andries vir my ons moet dringende ʼn waterlyn gaan reg maak, maar ons moet eers die fout gaan soek. Nie te min weet ek nie wat op my wag nie! Hy vra my om in kameeldoring bos te kyk of die fout dalk daar is. Met die omdraai slag sien ek ʼn romantiese Andries op sy knieg, piekniek, blomme en ons Pug, Doughi, omring deur die doringboom bos natuur skepping. Voordat Andries kon vra het ek van opgewondenheid hom om gespring en net gesê “JA”. Tot vandag toe nog spot ons onder mekaar en sê, hy ou net kyk of die water fout daar was toe hy op een knieg af sak.
Die Verlowing Tydperk:
Ek en Andries was 15 maande verloof. As gevolg van Kovid was ons baie skepties om vinnig ons troue te beplan, omrede ons nie geweet het of troues voort sal gaan nie. In dié tydperk het ons tyd gehad om mooi deur alles te gaan en ons verskaffers met die hand te kies.
Ek het alles beplan van my kant af, alhoewel ek het ʼn trou koördineerder genader om te assisteer met die trou tydlyn en op die dag koördinering.
Trou Begroting:
Met groot dankbaarheid en wonderlike ouers het ons geen begroting gehad nie. Ek en Andries het wel gesê ons wil nie meer as R650 000 bestee aan die troue nie. Ons het onsself goed van die taak gekwyt en daarby gehou. Blaauwklippen Cathdral kan 200 gaste onthaal en ons het op die dag 175 gaste gehad wat saam ons fees gevier het.
Advies:
- ʼn Groot troue klink idillies, maar teen die tyd wat jy almal gegroet het en bedank het, is die aand verby, en om oortyd te betaal mors net geld. Ons het besluit om saam ons gaste by die Canapé area te kuier, almal daar te groet en bedank, en ons kon by die onthaal net feesvier.
- As dit moontlik is, vra die venue om vooraf die drank te kan koop per bottel, en laat die gas slegs vir sy eie mengsel betaal.
- Ons het nie gemaklik gevoel om gaste te vra om alles te betaal nie. Ek dink dis ʼn ou boere tradisie en beginsel, het ons besluit om drank soos Blaauwklippen gin, brandewyn en ook wyn vooraf te koop, en die gaste slegs laat betaal vir die mengsel wat hul graag saam wil hê.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir Kylé:
Die hele troudag is so ongelooflik, elke oomblik het ʼn sekere geur aan gekonnekteer, en mens vergeet dit nooit nie.
Andries en ek het nog altyd gesê vir mekaar, “ʼn Troudag moet gaan oor die gelofte wat mens aan mekaar maak, en oor niks anders as mekaar nie.”
Ek het die ongelooflike voorreg gehad om my trourok deur Lena Lisa te kon maak. Van dag een af het ek vir haar gesê: “Hier is ek, maak iets wat jy nog nooit gemaak het nie!” en sy is net ongelooflik goed, haar talent is … merkwaardig! Ek het my trourok vir die eerste keer gesien Saterdag 12h, my asem was weg geslaan. Ek kon nie anders as om ʼn “happy-dance” te maak nie.
Terwyl Lena Lisa my help om my trourok aan te trek het ek haar gevra om my Ma, Pa en twee broers die eerste mense te wees om my te sien, omrede ek ʼn is laat lam en verskil 10 en 8 jaar van my broers, is ons baie emosioneel oor mekaar. Toe ons 5 mekaar sien was dit ʼn tranedal van blydskap en seën, ons het gehuil soos babas .
Die seremonie:
Ek glo ons almal droom van ware liefde, vir iemand wat regtig lief is vir jou, en Andries het almal rondom hom en myself sy liefde uitgedruk in trane. Dit is wow om jou “amper man’ te sien huil soos jy vir hom kyk met die grootste glimlag en trane van opwinding soos ek na hom toe afstap. Die dominee wat ons getrou het, Ds Pieter en sy vrou Sanet, is huis vriende van ons en ek het vir Sanet vooraf gevra om ʼn lied te sing vir Andries soos ek die padjie afstap.
Sy het die lied – Can’t help falling inlove van KIna Grannis akoestiek met ʼn viool gesing en sy het dit só spesiaal gemaak, net nadat my pa my hand oorgegee het aan Andries, staan ons twee daar en in stilte sy sing die woorde van “So take my hand, take my whole life to, for i cant help falling inlove in love with you”. Ons het onder ʼn ongelooflike mooi wortelboom getrou, en net Die Here se hand van liefde oor ons in die 38*C hitte wat ons nie gevoel het nie.
Wie sê droom is nie ʼn paar mooi en dan nog spesiaal ook nie?
Andries het vir my as trou geskenk ʼn paar Jimmy Choo hak skoene laat pasmaak, ook in die geheim, met ons voor letters AK aan die onderkant van my skoene. Sy hoof strooijonker en ons goeie vriend, Wybren, het dit vir my gebring terwyl my hare gedoen word, met ʼn baie spesiale brief wat hy vir my geskryf het. Dit was só definitief ʼn merkwaardige oomblik wat die opwinding in my laat ontplof het.
Vir Andries:
Om Kylé te sien geklee in skoonheid en ware geluk, jy as man besef nie hoe lief jy vir een persoon is tot en met die dag van jou troue nie. My trane het gevloei oor die innerlike vreugde wat ek beleef het om met my beste vriend te kan trou en om verewig saam te deel.
Spesiale Tradisies:
Ek en Andries het besluit ons gaan geen tradisies hê op ons troudag nie, omrede ons gevoel het dit ontneem tyd van mens wat jy eerder kan benut om saam jou geliefdes te feesvier, en ons is só bly ons het dit gedoen .
My ouma Lyle het wel ons ringe vir ons ingebring omrede ek haar enigste kleindogter is, en dit was die grootste voorreg en só merkwaardig.
Ek en Andries het al die bedankinge vooraf aan elke persoon gelewer en so ook die toesprake self afgehandel.
Privaat piekniek:
ʼn Troudag gaan só vinnig en mens kry bitter min tyd vir jouself en jou nuwe man/vrou. Ons troudag het vir ons gehandel oor dié gelofte en ons, so ons het besluit om ʼn privaat piekniek te hou na ons fotosessie. Die wonderlike sjef – Koba van Two Chefs het vir ons ʼn mandjie gepak met al die smul lekker canapés wat bedien word. Ek en Andries het langs die swembad gaan sit, en mekaar net ingeneem, met mekaar gesels oor die dag en net die liefde tussen ons in stilte gevier.
Die Besluitnemingsproses:
Die dag wat ons verloof geraak het, het ons vir mekaar gesê: ”Ons word een in gees as ons trou en in alles ag ons mekaar hoër as die ander een.”
Ons elkeen het elemente gehad wat vir ons belangrik was en dit was vir mekaar geïn. Geen besluit was geneem sonder mekaar se goedkeuring of opinie nie.
Ons het geen vriende of familie gevra om betrokke te wees nie, ons wou hê almal moet opdaag en sleg feesvier. Ek en Andries het saam oor alles besluit en verskaffers gevra om te help.
Paartjie se styl:
Ons troustyl:
Andries en ek hou definitief van die fyner dinge van die lewe met so effense ”iets anders”. Dit gaan vir ons alles oor elegant, ‘ʼnever-seen-before” en “classy”. Ons het beide die selfde smaak en styl.
Trouring:
Andries het my trouring ontwerp saam met die besonderse span van Carin’s Jewelry, alles in die geheim. Ek kan dit nie beskryf nie, omrede die ring vanself praat van mooiheid.
My trourok:
Ek het dit in die ongelooflike talentvolle hande van Lena Lisa gelos. Van ons eerste afspraak het ek vir haar gesê “Ek soek iets anders”. Ek het al my vertroue in haar geplaas, en dit was die beste besluit wat ek kon maak. Ek het my trourok eers vir die eerste keer gesien Saterdag 8 Januarie. Sy het my trourok vir my op ʼn hanger vertoon en gesê ek mag nie kyk nie totdat ek kan omdraai nie. Met die eerste oogopslag kon ek nie woorde kry en myself weerhou om ʼn “happy-dance” te doen nie. En ek was woordeloos, mooier het ek nog nie gesien nie! Ek was so opgewonde oor die mooiste skepping, ek kon nie ʼn beter beskrywing van myself gegee het nie, ek sal dit nie anders kies as om my trourok eers die dag van ons troue te sien nie.
Lena het elke detail so mooi vas gevang, elke veer het Lena Lisa self met die hand aangewerk in elke kraaltjie in, elke blom met die hand geknip en die aand voor ons troue aangewerk. Ek en Lena Lisa was ewe opgewonde oor die rok en kon nie ons glimlagte weerhou nie.
Andries se pak:
Elegant en sjiek. Ons het ʼn onvergeetlike pad saam met Willem van ZED Menswear gestap. Van die dag wat ons by hom ingestap het, het hy ons almal soos familie laat voel.
Andries se troupak het ons laat ”spesiaal gemaak” van uit Portugal en die materiaal is ingevoer van Napoli in Italië. Elke element van sy pak het ons gekies van ʼn wye verskeidenheid opsies van die patroon voering, tot die Versace® knope en ek het ʼn baie spesiale boodskap in borduur aan die binne kant van sy baadjie ”You will never walk alone”.
Dit was vir my so belangrik dat almal ewe mooi moet lyk en voel, nie net die bruid nie. Ons het net soveel moeite, detail en tyd belê in Andries se troupak, asook my pa se pak.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Advies aan Bruid:
Neem jou man in ag met die beplannings proses. Mans vertrou die vrou met besluite, maar jy groei in liefde net meer as jy hom deel maak en ook ʼn stem gee. Dis is immers sy dag ook, deel dit met hom. Jul gaan net eenkeer die geleentheid hê om dit saam te kan doen.
ʼn Troudag is baie emosioneel, veral vir ʼn pa. Daar is niks mooier, in my opinie, as ʼn man met trane van vreugde oor sy vrou/dogter. Ons Becker gesin is emosioneel geskape en ek het geweet ek en my pa gaan ʼn bootjie benodig om kansel toe te roei soos ons gaan trane gaan vloei. Ek het dit goed gedink om ʼn spesiale brief te skryf vir beide my ouers en broers en die oggend van die troue dit vir hulle te gee, Ek het saam hulle in die kamer gesit, en ons het ons trane saam gehuil. Ons was steeds emosioneel, maar dit was ʼn baie goeie idee.
Onthou om altyd ʼn Biral of twee byderhand te hou, vir die senuwees en trane.
Advies aan Bruidegom:
Ek sal voorstel om al die Donderdag by die venue in te trek as die hele familie ook daar bly. Die Vrydag gaan so dol en mens raak só besig dat jy vergeet om rustig te wees en wel die dag te geniet.
Neem alles in, Waardeer alles en onthou om saam jou bruid te feesvier, dis immers julle trou dag, jy kan weer saam jou vriende kuier.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dis só moeilik om te kies, want elkeen in verskillende areas is so wonderlik gewees, maar sonder twyfel is daar twee mense wat ons dag net besonders gemaak het.
Lena Lisa:
Haar ongelooflike talent en mens wees kan ek nie beskryf nie, van die dag wat ek haar ontmoet het tot ek uit die deur uit geloop oppad kansel toe het , het sy my soos familie laat voel. Vanaf die eerste afspraak het vir haar gesê: “Hier is ek, maak soos jy goed dink, maar dit moet iets wees wat jy nog nooit gedoen het nie!”
Ek het my trourok die eerste keer gesien Saterdag 1h gesien toe ek besig was om aan trek. En ek was spraakloos, mooier het ek nog nie gesien nie! Ek was só opgewonde oor die mooiste skepping. Ek kon myself nie weerhou om ʼn ”happy-dance” te doen nie. Elke veer het Lena Lisa self met die hand aangewerk in elke kraaltjie in, elke blom met die hand geknip en die aand voor ons troue aangewerk. Ek en Lena Lisa was ewe opgewonde oor die rok en kon nie ons glimlagte weerhou nie. Haar talent is … ʼn talent
Liezl Kotze
Die dierbaarste mens vanself, ek het van haar werk al gesien voorheen en weet sy is baie goed, maar toe sy ons trou blomme gedoen het sonder enige voorstelle of idees van my kant af, het sy my en Andries e droom waar laat word deur haar ongelooflike gawe om blomme ʼn storie te laat vertel.
Jovan van ASAP Catering
Jovan en sy span kelners het ons op die hande gedra en hul hantering van ons mense was pure vreugde. Dit was ʼn eer en grootste voorreg om een en elkeen van hierdie besonderse mense deel te kon hê van ons troue.
Venue & Dekor:
Die natuur, tuine, mooi geplaveide padjies en strukture wat abstrak is, was een van ons voorwaardes vir waar ons graag wil trou. Ons het begin kyk na areas in die land, die Kaapse wynlande was ʼn maklike keuse vir ons. Ons het na ʼn paar venues gaan kyk, maar toe ons by Blaauwklippen se hek in gery het, na mekaar kyk met opwinding. Nie te min het ons geweet wat op ons wag om Die Cathedral in lewende lywe te sien nie, sonder om ʼn woord te sê het ons na mekaar gekyk en ons glimlagte het bevestig dat dié die plek is vir ons liefdesfees gaan vuur.
Omvou in die natuur is die Cathedral só mooi vanself, dat mens min nodig het om dit mooier te maak, maar wat onmiddelik na gedagte gekom het was ʼn hangende tuin. As ek kan, sal ek elke dag ʼn tuin op my kop dra so lief is ek vir blomme, maar wat is ʼn hangende tuin sonder ʼn kandelaar.
Die dekor klem was alles op die blomme, Liezl het ʼn fenomenale werk gedoen met die blomme. Ons het spesiale servette by Swier laat maak en kerse slegs op die tafel gehad.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Die dag van ons troue was ons so geseën met geen reën of wind by die ongelooflike mooie Blaauwklippen in Stellenbosch, maar dit was wel 38*C grade! So dit was uitmergelend warm en mens kan verwag dat daar baie verkeerd moet gaan, maar weereens as gevolg van ʼn wonderlike span verskaffers en bekwame hande was al wat verkeerd geloop het, dat ons 4 laag trou koek deur die besonderse Sheena Hendry om geval het. Ons se hart was baie seer, veral as mens weet hoe smul lekker haar werk is .
Verder het alles perfek verloop.
Vermaak:
Simply Strings:
Annemi en haar span het dit soos die Hemel laat klink. Hulle het by ons seremonie en canapé area die vermaak van ʼn string trio verskaf en die gevoel van vreugde en luuksheid laat waar word.
O.N.O Musiek:
Het die onthaal area verskaf van musiek en seker gemaak van ʼn lekker boere partytjie.
Eerste Dans:
Musiek is vir my en Andries baie sentimenteel en veral instrumente. Andries het die lied eens gehoor en vir my gesê iets hieraan laat hom dink. Met die beplannings proses toe ons ʼn besluit moet neem het dié lied opgekom, die woorde het my getref en bevestig dat Andries se liefde vir my in die woorde is: “Darling when your feet are cold , wait up I’m coming home, and all of you I will hold, my love will cloth your bones” en ons het geweet dié is die liefde wat ons mekaar belowe en met die liefde begin ons verewig saam.
Wittebrood:
Andries het alles in die geheim beplan en slegs vir my gesê toe ek hom vra maar hoe moet ek pak: “Dis warm en mens kan daar swem.” Ek het nie verder uitgevra nie en kinderlik opgewonde ons tasse gepak. Hy het ons bederf met ‘ twee bestemming wittebrood.
Ons was eerste vir ʼn week na die ongelooflike mooi, luukse en idilliese Kandima Maldives eiland toe. Dis ʼn stukkie hemel op aarde en ons het in ʼn water villa huisie oor die water gebly, en ja dit is só mooi en lekker soos wat dit lyk.
Daarna was ons vir ʼn week Dubai toe. Ek en Andries kon die inner kind van ons nie weerhou om die Aquaventure waterpark van Atlantis Palm Jumeirah te besoek. Verder het ons deur die mooi stad se kultuur en winkels getoer.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf + Videograaf: LORA photography
- Venue + Paartjie se verblyf:: Blaauwklippen Vineyards Stellenbosch
- Blomme: LKFA – Liezl Kotze Floral Art
- Bruidegom-pak: ZED menswear
- Dekor + Huurdienste: Happinest hire
- Gaste Geskenke: Sheena Henry Creative
- Grimering + Hare: Lisa Brown + Sophie Jean make up co.
- Huwelik kontrak: Mihan Bester – Breytenbacg Mavuso Inc
- Huweliksbevestiger: Ds. Pieter Nel
- Juweliersware: Carins Jewelry Design
- Koördineerder: Kelz & Co. – Lauren Kelz
- Lied in seremonie: Sanet Nel
- Musiek: Simply Strings
- Platejoggie: O.N.O – One Night Only Music
- Spesiaal gemaakte servette: Swier
- Strooijonkers bykomstighede: Eurosuit South Africa
- Skoene: Jimmy Choo London + Florsheim
- Skryfbehoeftes: Susan Brand
- Strooimeisie-rokke: Trenery & Lena Lisa
- Trourok: Lena Lisa Designer
- Trouring: Carins Jewelry Design
- Troukoek: Sheena Henry Creative
- Vermaak: Simply Strings
- Wittebrood plek: Kandima Maldives