Stephe en Marnel het ‘n baie romantiese verlowing gehad. Die paartjie was Laeveld toe vir ‘n wegbreek, waar hulle toe die watervalle in Sabie besoek het op die oggend van 17 Desember 2013. Toe die paartjie by die “Bridal veil” waterfval kom gaan Stephe op sy knie en vrae Marnel om met hom te trou. Die paartjie deel vandag hulle verlowings fotosessie met ons wat op ‘n pragtige plaas landskap geneem is. Hulle het tot ‘n tafel opgemaak en baie pret gehad tussen die bome, groente en oop vlaktes.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het deur gemeenskaplike vriende en vriendinne ontmoet. In die jaar wat ons ontmoet het was ek in my finale jaar by Potchefstroom Akademie waar ek somatologie (skoonheid) studeer het. Ek was nie seker waarheen ek wou gaan en wat presies ek wou doen na al die studeer nie, maar die oomblik toe ek Stephe ontmoet het, het ek geweet ‘n Potchefstroomer gaan ek verseker bly.
Dit was liefde met die eerste oog opslag. Ons het nooit verstaan wat altyd bedoel word met die woorde “jy weet net ” nie. Totdat ons die eerste keer alleen tyd saam spandeer het. Ons het net geweet. Stephe het vroeg in ons verhouding vir my die een dag ‘n briefie gegee en al wat in die briefie gestaan het was “Ps. Jy is my trouvrou.” Dit was vir my so spesiaal ek bêre dit vandag nog in my Bybel.
Ons verstaan mekaar baie goed en praat met mekaar oor alles. Ons het ongelooflike tye saam en lag baie saam. Ons kan partykeer net laf wees.
Die beste resep vir ‘n goeie verhouding is vergewe gou en moet nooit kwaad gaan slaap nie.
Wat is julle droom troue?
Ons droom troue is enige iets wat met ‘n plaas te doen het. Maar tog stylvol. Ons troue gaan by plaasvind Phirimane. Dit is ‘n pragtige plaas venue buite Vredefort. Die venue vervul elke droom van ons droom troue.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Corene Photography