Kombuistee Inspirasie vir toekomstige bruide

By Mooi Troues vra toekomstige bruide gereeld vir ons vir idees vir hul kombuistee.  Dus is ons vreeslik opgewonde om hierdie oulike kombuistee inspirasie te deel.  Die lys van idees is oneindigend.  In hierdie artikel deel ons Jeannè-Marie se baie oulike kombuistee met ons lesers.  Die tema was “Friends”, die bekende 90’s televisie sitkom.  Hul dekor was vrolik en prettig, maar nogsteeds stylvol.  Wit, Swart en Pienk was die drie hoofkleure en het so mooi uitgestaan op die rou hout tafels en baksteen mure van die venue.  Jy kan sien die toekomstige bruid en haar vriendinne het die kombuistee baie geniet.

Onder bespreek ons kortliks ʼn paar punte wat belangrik is wanneer jy ʼn kombuistee reël.

Tema:  Hierdie is die eerste stap van elke kombuistee.  Kies ʼn tema wat jy dink gepas sal wees en waarvan die toekomstige bruid en haar vriendinne sal hou.  Probeer iets doen waarvan almal sal hou.

Plek:  Kies ʼn plek wat sal inpas by die tema van die kombuistee.  Probeer fokus op plekke wat maklik bekombaar is vir almal.  Nie alle plekke sal toe laat dat jy jou eie dekor items inbring nie, so maak seker dat die venue wat julle kies dit wel sal toe laat.

Datum en Tyd:  Voor jy die kombuistee beplan, maak seker die toekomstige bruid is wel beskikbaar op die datums waarna julle kyk.  As die datum reg is kan julle die vriende uitnooi vir die spesifieke datum en tyd.

Gastelys:  Dit is belangrik om te nooi wie jy wil.  Die kombuistee is ook ʼn geleedheid vir vriende wat mekaar nie ken nie, dalk voor die troudag te ontmoet en mekaar te leer ken.  So is almal bietjie meer gemaklik op die troudag.

Rol af om meer te lees oor Jeannè-Marie se kombuistee en ook oulike foto’s te sien.

Inspirasie agter die dekor van die kombuistee?


Ek moeder van die Bruid het die kombuistee gereël. E k is vir die afgelope 7 jaar ʼn partytjie beplanner, so dit was vir my ‘n groot voorreg om hierdie vir my oudste dogter te kon doen en die dag vir haar spesiaal te maak.  Sy het nog altyd baie van die Televisie reeks “FRIENDS” gehou, en dit was die inspirasie agter die dekor.

Gunsteling deel van die kombuistee:


My gunsteling deel van die kombuistee was om te sien hoe almal wat vir Jeannè lief is en omgee, bymekaar gekom het om haar te vier en te bederf.  Sy het baie oulike geskenkies gekry en ons het soos regte Suid-Afrikaners daarvan hou lekker geëet en gekuier.

Kombuistee Tema:


Die tema was “FRIENDS”.  En ek het besluit om ʼn moderne kinkel op die tema te doen.  Ek het elke klein detail beplan en my ontwerpe gedoen deur verskillende skakerings van pienk, asook blomme in te bring om dit vrolik te maak.  Maar ook die swart en wit strepe vir bietjie meer formaliteit.  Ek het ek ook besluit om die teepotte met blomme te doen om die koffie winkel effek te skep.  Die boeke wat oorgetrek is, asook die raam het die “FRIENDS” tema mooi deurgetrek en uitgebring.

Advies vir dames wat ʼn kombuistee beplan:


As ek advies kan gee vir iemand wat so iets beplan sal ek sê speel ‘n paar speletjies.  Dit is ʼn lekker tydverdryf en die gaste geniet dit vreeslik.  Ons ysbreker was die voorskoot speletjie.  Niemand het vooraf geweet daarvan nie.  Die bruidsmeisies het hom vir haar aangetrek buite, en sy het ingekom en elke gas gegroet, na so rukkie het sy hom uitgetrek en die gaste moes toe 20 items raai wat op die voorskoot was.  Almal het lekker gelag en mekaar gehelp, want baie het nie só opgelet nie.  Onthou ook oulike geskenkies vir al die wenners.


[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]