Met opgewondenheid deel ons Donovan en Marlize se kunstige verlowing fotosessie by Zeitz MOCAA in die V&A Waterfront in Kaapstad met jou. Die paartjie het die oulikste verlowing fotosessie gehad, omring deur die mooi argitektuur van die kunsgalery.
Wat voorheen ʼn graan silo was is nou een van Suid-Afrika se top kunsgalerye. Met soveel mooi teksture en die groot glasruite, maak die fotosessie ekstra interessant. Die paartjie vertel dat hul die fotosessie gedoen het om meer gemaklik te wees voor die kamera. Dit is ʼn baie belangrike punt.
Bespreek ʼn verlowing fotosessie by jou trou fotograaf, of fotograaf wat jy dink jy wil gebruik vir jou troue. So kan jy gemaklik word met die fotograaf en ook as paartjie voor die kamera. Dit help om enige vra wat jy het te vra vir die fotograaf en so ʼn stresvrye troudag te hê met prentjie mooi foto’s.
Opsoek na ʼn trou fotograaf vir jou fotosessie? Besoek Mooi Troues se Trougids wat gevul is met fantastiese fotograwe vir jou spesiale dag. Om meer te sien van Donovan en Marlize se kunstige verlowing fotosessie en hul liefdesreis, rol af.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons liefdesverhaal het begin deur lekker gesels oor talle koppies koffie en ons vriendskap het ontwikkel in liefde. Ek glo ons in baie eenders in talle opsigte en deel dieselfde waardes en ons het vroeg in die verhouding besef ons het iets spesiaal saam. Ons was ʼn paartjie vir net so oor die 2 jaar voor ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Die see is vir ons baie spesiaal en ons geniet dit om vir wandelinge te gaan langs die strand, of om op ʼn bankie te sit en gesels. Dit was dus nie ongewoon toe ons vir ʼn draai ry see toe dié Sondag middag nie. Hy het gevra ons moet op die bankie gaan sit soos ons al talle male tevore gedoen het en ek het dus niks vermoed nie. Na ʼn paar minute het hy my gevra om op te skuif en toe ek omdraai was hy op een knie met die ring boksie oop in sy hand.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Marlize:
Donovan is slim, ambisieus en het ʼn verskriklike skerp humorsin. Hy maak my gedurig uit my maag uit lag. Hy is goedhartig, bedagsaam en ek voel veilig by hom wetend dat hy my altyd ondersteun.
Donovan:
Marlize is iemand met ‘n baie groot hart en sal altyd ander voor haar self sit. Sy het al die kenmerkende kwaliteite wat mens in ‘n lewensmaat wil hê. Sy is lojaal, bedagsaam, goedhartig en baie ondersteunend. Daai glimlag van haar maak my hart gelukkig en haar lag is net aansteeklik.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons het in Maart 2021 verloof geraak en die trou datum vir 8 maande later gestel in November 2021. Ek (Marlize) is mal oor die somer en lang, warm dae en wou graag in dié seisoen trou. Ons moes ook die KOVID-19 pandemie in ag neem met die beperkings en dit so probeer beplan om tussen die vlae plaas te gevind het.
Die verloofring:
Die verloofring is roosgoud met ʼn ronde diamante omring deur kleiner diamantjies in a ‘pave’ ontwerp. Dit was spesifiek gekies met die troupand ingedagte om mekaar perfek te komplimenteer.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons fotografie pakket het ʼn verlowing fotosessie ingesluit. Ons het dit juis so verkies om ons die geleentheid te gee om die fotograwe voor die groot dag te kon ontmoet en ook vir ons om gemaklik te raak voor ʼn lens, omdat ons altwee maar kamera sku is. Dit is ook ʼn baie spesiale tyd in ons verhouding en ons wou graag die tydperk vasvang om later jare te kan na terugkyk en koester.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Die fotosessie het plaasgevind by die Zeits Mocaa Museum in die V&A Waterfront in Kaapstad. Dis ʼn destydse graan silo wat omskep is in ʼn museum wat maak vir die mooiste argitektuur. Ons fotosessie was geskeduleer vir ʼn koue, reënerige Sondag en dus was ons beperk na binnenshuis. Ek het uitgereik na die museum en gereël vir toestemming om wel fotos te mag neem met die wat hulle kunsuitstallings het. Die museum het ook ʼn sentimentele betekenis in ons verhouding omdat ons daar was op een van ons eerste afsprake en dit was lekker om te kon terugdink na daardie dag en hoe ver ons verhouding gevorder het.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Die vrese was meestal rondom die pandemie en of ons sou affekteer word deur nog ʼn vlaag. Ons weet van paartjies wat hul troue moes uitstel en ons wou nie in dieselfde bootjie wees nie.
Visie vir droomtroue:
Ons visie vir ons droom troue is om by die see te kan trou in ʼn intieme seremonie met ons naaste familie en vriende teenwoordig om die spesiale dag met ons te kan geniet.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shoots by Design
- Fotosessie Venue: Zeits Museum of Contemporary Art Africa
- Verloofring: Eloize Designer Jewellery & Art