Shane en Belinda se Boheemse troue is presies wat hul in gedagte gehad het vir hul troudag. Dié paartjie se droom was om in ʼn woud te trou en dit is presies wat hulle gedoen het. Hul het getrou by ʼn trou venue en plaas in Pretoria. Omring deur prentjie mooi natuurtonele en ʼn woud het dit perfek by die paartjie se visie vir hul droomtroue gepas. Hul pret verlowing fotosessie was ook voorheen gepubliseer op Mooi Troues en ons lesers kan hier klik om meer te sien van die paartjie.
Shane en Belinda het albei pragtig gelyk in hul trou uitrustings. Belinda se trourok is uniek en die detail op die rok is só mooi. Shane het ʼn gemaklike trou uitrusting aangeheg. Die paartjie se uitrustings het perfek gewerk met wat hul visie was vir hul troudag.
Belinda, met die insette van Shane het self hul hele troue beplan. Hulle dekor het bestaan uit beide uitgedroogde en vars blomme. Skakerings van Goud en Groen elemente vloei reg deur die paartjie se trou dekor. Gebruik van Macramé en die mooiste matte saam met die rou hout tafels het weer ʼn baie Boheemse trou tema geskep. Die perfekte kombinasie vir ʼn mooi woud troue soos die.
Dit is moontlik om ʼn stresvrye troue self te beplan, veral as jy betroubare diensverskaffers het. Mooi Troues se Trougids het professionele diensverskaffers waarvan jy kan kies. Rol af om meer te lees oor die paartjie se Boheemse troue in Pretoria en ook hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het by Mabalingwe Nature Reserve in 2014 ontmoet. Dit was by familie – vrienden se plaas, waar ons albei toevallig by was op dieselfde naweek was. Dit was rerig liefde met die eerste oogopslag. Shane het my die hele naweek rond gevolg, en ek was te skaam om enigsins met hom te gesels.
Hy het toe vir 6 maande in Frankryk gaan werk, waar ek geduldig vir hom gewag het om terug te kom …. maar het elke dag gesels. Toe hy terug gekom het, het ons begin uitgaan.
5 Jaar na dit, het hy my op ons herdenking gevra om sy vrou te wees.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was ʼn jaar en ʼn half verloof, voordat ons getrou het. Ons het die troue alles self beplan.
Trou Begroting:
Ons begroting was R80 000, maar het omtrent R100 000 spandeer op alles. Al die klein goedjies waarvan ons vergeet het, of nie in ons begroting in gewerk het nie, het veroorsaak dat ons oor ons begroting gegaan het.
Ons het 72 gaste by ons troue gehad.
Ek sou se dat die heel belangrikste groot koste by jou troue, is definitief jou fotograaf en videograaf. Die hele dag is ʼn “blurr”, en die fotos en video’s sal veraltyd daar wees om jou groot dag oor te beleef. Probeer ook om soveel dinge moontlik self te maak, want dit sal ook help om geldjies te spaar.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die merkwaardigste oomblik, was toe ek my bruidegom se reaksie gesien het, toe ek na hom toe aan gestap kom. Ook natuurlik dat ek uiteindelik die liefde van my lede, my man kon noem.
Die hele dag was net so perfek gewees, en ons sal vir altyd ons sprokiesverhaal daggie, koester.
Spesiale Tradisies:
Ons het ʼn “plant a tree” seremonie gehad, waar ons ʼn avokadopeer saadjie self in ʼn boompie gehelp groei het, en ons sal die boompie in ons eerste huis oor plant.
Ons het ook ʼn tafel gehad met fotos van al die familie lede wat ons verloor het, en ʼn stilte tyd gehad waar ons kers aan gesteek het vir hulle.
Die Besluitnemingsproses:
Bruid en Bruidegom het al die besluite saam gemaak, want ons het vir alles self betaal. Die bruid het die hele troue beplan, en die bruidegom het al sy idees ook by gevoeg, wat alles net mooi laat verloop het.
Paartjie se styl:
Ons hele troue was ʼn boho sjiek styl, en kleur skema was salie groen en beige.
My trourok het ek by Fynbos Bridal Boutique gekry. Dié rok was presies wat ek nog altyd wou gehad het.
Bruidegom se pak was chinos, kruis bande en ʼn strikdas, wat net baie mooi by ons tema in gepas het.
Bruidegom se ring het ons by Touchwood gekry, en bruid se ring het ons my Arthar Kaplan gekry.
Gunsteling Diensverskaffers:
Definitief die fotograaf – Fern Green Photography
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Vir albei die bruid en bruidegom, moet nie stres as ietsie verkeerd loop nie. Niemand gaan weet van ding en wat skeef loop nie, behalwe vir julle.
Geniet elke liewe oorblik van jul dag, en neem soveel moontlik in, want die dag gaan rerig te vinnig verby. Dus jul dag, so skop die stres uit die deur, en geniet die dag!
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ja, ons het ʼn lekkergoed tafel gehad vir na-gereg. Die lekkergoed was klaar voor die gaste by die Saal in beweeg het.
Ek sou graag ook meer tyd saam die familie wou spandeer het, maar die dag gaan net te vinnig verby.
Venue & Dekor:
Ons wou baie graag in ʼn woud getrou het, en ons onthaal in ʼn woud hê. God’s Gift Events het net al ons boksies getik. Ons moes ongelukkig die onthaal binne toe geskuif het, want dit het op ons daggie gereën.
Vir die trou dekor, wou ons alles baie boho gehad het. Ons het die pampas gras gehad, en die macramé. Die trou venue het die tafel dekor vir ons gedoen, presies soos ons dit wou gehad het.
Wittebrood:
Ons het ʼn wittebrood gehad, maar het niks beplan nie. Het die avontuur aan gepak as ʼn “spur of the moment” wittebrood.
Ons het die hele Tuinroete gery, en die dag voor die tyd besluit wat ons die volgende dag sou doen.
Eerste Dans:
Ons het ʼn eerste dans gehad, en dans Lesse geneem. Ons liedjie was Ed Sheeran – Perfect.
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad vir die hele dag.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Fern Green Photography
- Venue + Dekor + Koördineerder + Spyseniering: Gods Gift Events
- Grimering: Evette Terol Makeup Artistry
- Hare: Blissful Bellas
- Huweliksbevestiger: Danie Hartzer
- Platejoggie + Klank: AMA Promotions
- Skryfbehoeftes: Define Creative
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Fynbos Bridal Boutique
- Trouring: Touchwood + Arthur Kaplan
- Videograaf: Victoria Leao Productions
- Wittebrood plek: Tuinroete