Renier & Shanè se Spontane Verlowing Fotosessie

Ons deel graag Renier en Shanè se spontane verlowing fotosessie, een vir die boeke.  Hierdie paartjie se verlowing fotosessie op Garcia’s Pas tussen Riversdal en Ladismith bied tonne inspirasie vir paartjies wat opsoek is na idees vir hulle verlowing fotosessie.  ʼn Ligte geel trokkie en die prentjie mooi natuurtonele, velde en berge skep die perfekte agtergrond vir die paartjie se fotosessie.  Dié paartjie vertel dat hul albei lief is vir die natuur en bosveld.

Hulle het soveel moeite in hul baie oulike verlowing fotosessie gesit.  Blomme is altyd mooi by enige fotosessie of dit nou ʼn paartjie fotosessie, verlowing fotosessie of troue is, dit bring net daai ekstra lewe in die foto’s in.    Okasie, ʼn bekende bloemis in Stellenbosch het vir Shanè ʼn pragtige blommekrans en hand ryker gemaak vir die fotosessie.

Die paartjie het ʼn groot liefde vir die Karoo.  Renier het Shanè gevra om te trou in die Klein Karoo.  Hulle het ook gedink daaraan om ʼn “elopement” te doen na die Karoo, maar het toe besluit op ʼn groter troue in die Stellenbosch Wynlande.  Maak nie saak waar jy wil trou nie, Mooi Troues het ʼn trougids met fantastiese diensverskaffers wat jou troue ʼn onvergeetlike en stresvrye trou beplanning ervaring sal maak.

Shanè en Renier se glimlagte is aansteeklik en jy kan sommer sien hulle het baie pret gehad gedurende die fotosessie.  Lees meer oor die paartjie se liefdesreis en hoe hulle gedurende die KOVID-pandemie ontmoet het deur af te rol.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek (Shanè) het terug gekom vanaf New Zealand net toe KOVID begin het en my nefie het my heeltyd geteister om op Tinder te gaan, maar ek het heeltyd gesê ek is nie daardie tipe meisie nie.  Een Vrydag besluit ek toe om dit net te probeer vir 1 week.  My eerste afspraak was met Renier 10:00 die volgende oggend by die tuine sentrum oor die pad van my huis.  Ek het al my ander afsprake net dan-en-daar gekanselleer en ons het mekaar elke dag gesien na daardie eerste ontmoeting.  Na 8 maande is ons verloof.  Dit was asof ons gemaak is vir mekaar.

Die groot vraag:


Renier het my weggeneem vir die naweek, maar nie gesê waarheen ons gaan nie.  Ons is albei lief vir die Karoo en die bosveld en ons het by ʼn pragtige kliphuis in die Klein Karoo in die veld verloof geraak.  Renier het vir my gesê ek moet omdraai om ʼn eland te sien en toe ek terugdraai was hy op sy knie.  Ons het ook albei daardie naweek KOVID gekry oppad terug huis toe en moes saam isoleer, maar dit was sommer lekker.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Renier is spontaan en het vreeslik baie energie.  Hy sit sy hele hart in alles wat hy doen.  Renier het my geleer hoe om te leef en hy maak elke oomblik onvergeetlik.  Hy bring elke dag vir my koffie in die bed en hy maak die lekkerste aandetes.

Shané maak my ʼn beter mens en laat my van oor tot oor glimlag.  Sy is vreeslik ondersteunend en stel ander bo haarself.  Sy is my beste raadgewer.

Die verloofring:


Renier het plante uit ons rivier op die plaas verkoop wat my pa voorheen laat afsny het en vir my ʼn pragtige verloof ring laat maak met ʼn citrien, my geboorte steen.   Hy het dit self ontwerp en ek kon nie eens vir myself so ʼn mooi ring kies nie.  Dit is ʼn baie unieke ring en ek kry elke dag komplimente daarvoor.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Shané wou graag “elope” in die Karoo, maar die familie wou graag ʼn groter troue hê.  Ons het toe besluit om albei sommer te doen.  Dié fotosessie is gedoen net voor ons mekaar getrou het op die Garcia pas tussen Riversdal en Ladismith.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons probeer ʼn eenvoudige maar betekenisvolle lewe saam leef.  Albei van ons mal oor die natuur en die bosveld.  Ons inspirasie was die lewe wat ons graag saam wil leef.

Visie vir droomtroue:


Ons het ons groot troue op ons wynlandgoed in Stellenbosch.  Dit gaan ʼn groot familie fees wees en al ons familie van reg oor die wêreld gaan mekaar vir die eerste keer na KOVID weer sien.  Ons gaan lang tafels dek op die stoepe en die hele familie gaan deel in die fees.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]