Ons deel met jou, Tiaan en Margot se oulike verlowing fotosessie. Hulle is hoërskool liefdes wat by ʼn skool fees ontmoet het en ʼn hele dekade saam. Margot en Tiaan se gemaklike verlowing fotosessie op die myn hope is pragtig. Die fotosessie het ʼn ontspanne gevoel maar ʼn pret element met ʼn bottel vonkelwyn en ʼn “doughnut” in die hand.
Die paartjie vertel dat hul die fotosessie gehad het vir foto’s vir hul trou uitnodigings, en ook hul huis. Dit is net een van die vele redes hoekom paartjies ʼn verlowing fotosessie hou. Daar is baie ander redes soos om meer gemaklik te raak voor die kamera, of jou fotograaf beter te leer ken. Die oulike fotosessie was af geneem deur Ruberns Fotografie.
Om ʼn goeie verhouding met jou fotograaf op te bou voor die troudag is so belangrik. Dit is die een persoon wat heeldag in jul persoonlike spasie sal wees. Besoek gerus Mooi Troues se Trougids om fantastiese trou fotograwe te vind vir jou verlowing fotosessie of troue.
Rol af om meer te sien van Tiaan en Margot se verlowing fotosessie en te lees van die paartjie se liefdesreis.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het by ʼn skool fees ontmoet in graad 10. Dié jaar sal ons 10 jaar saam wees, ʼn hele dekade van liefde.
Die groot vraag:
Ons het beste gedink om die lang naweek in April te benut en weg te gaan, rede Kovid ons Desember vakansie beperk het. Dit was ons eerste keer by Glenogle Farm in Magoebaskloof. Ons het in The Stables gebly waar die deure van die sitkamer direk op die stalle oopmaak waar Abby, Silva en Rain Forest, drie plaas-perde woon.
Ons besluit om die terrein te leer ken oppad na ʼn asemrowende dam omring met bome. Spring oor ʼn klein stroompie, neem ʼn foto van die uitsig en toe ek omdraai is Tiaan op sy knie om die groot vraag te vra. Een oomblik wat ek nooit sal vergeet nie … net ons twee. Ons het piekniek gehou op die dam wal en later familie en vriende gekontak. Hy kon nie beter gedoen het nie.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
ʼn Jaar en 8 maande.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Trou uitnodigings en foto’s vir ons huis.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
My suster sit oorsee, wat trou reëlings en planne moeilik maak rondom of sy gaan kan kom of nie. Steeds het dit ʼn impak nie om terug in SA te kom nie, maar om weer in die buiteland te kan verkeer.
- Fotograaf: Ruberns Photography
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotosessie Venue: Goldplat
- Verloofring: Madeline’s Temptations